fbpx
logo

Die eerste 6 weke

Verstandelike ontwikkeling.

Jou baba se brein ontwikkel met rasse skrede, nie net groei dit nie net fisiek nie, maar daar word gedurig nuwe verbindings tussen selle in die brein gevorm. By die pasgebore baba begin die netwerk vorm wanneer hulle in iets begin geïnteresseerd raak, soos wanneer sintuie ontwikkel, soos wanneer hul sintuie geprikkel word. Jou baba begin reeds met geboorte “verstaan” op dag 14 herken hy al sy ma, en soos wat hul ouer word begin hulle reageer met kopknikkies en geluidjies wanneer daar met hom gepraat word.

Emosionele ontwikkeling.

Jou baba se grootste behoefte in hierdie tyd is liefde en sekuriteit en aanraking is een van die maklikste maniere om dit vir hom/haar te gee. Hou jou baba baie vas – dit leer hom/haar dat hul veilig en geliefd is, dit sal jou baba nie bederf nie. jou baba is nou reeds ʼn sosiale wesentjie en hy sal met sy hele lyfie saam gesels. Hul hoof kommunikasie op hierdie stadium is huil as hul ʼn behoefte, soos wat hul ouer word, sal jy begin leer om tussen die verskillende huil boodskappe te onderskei. Jou baba kan begin met gesels geluidjies en begin oogkontak maak! Op 6 weke herken hy reeds jou stem.

Liggaamlike ontwikkeling.

Visie:

Jou baba kan van geboorte af tussen 20-25 cm ver sien net ver genoeg om jou gesig mooi te sien terwyl jy hom voed. Sy visie sal mettertyd verbeter en op 6 weke kan hy reeds beweging met sy ogies volg. Kan dan ook groot prente sien in kleur of swart en wit.

Gehoor:

Jou baba kon al in die baarmoeder baie fyn hoor en kan dus vroeg al jou stem herken. Gesels met hom/haar en kyk hoe hul gesigsuitdrukking verander.

Motoriese ontwikkeling.

Jou baba se bewegings word hoofsaaklik deur reflekse beheer, onwillekeurige bewegings soos soekrefleks, gryprefleks en skrik refleks. Namate jou baba ouer word begin sy reflekse verswak totdat dit na ʼn paar maande byna heeltemal verdwyn. Terselfdertyd begin hy/sy stadigaan meer beheer oor sy spiertjies kry en beweeg hy sy arms en beentjies al meer, veral as iets hom interesseer. Jou baba sal nog die eerste ses weke heelwat nek ondersteuning moet kry. Tel hom dus maar versigtig op en bied genoeg ondersteuning. Sodra hy ʼn paar weke oud is, moet jy hom vir kort rukkies op sy magie neerlê sodat sy rug –en nekspiere sterk kan word op sowat 4 weke oud sal hy sy ken vir ʼn paar sekondes kan oplig. Op 6 weke sal sy kop minder rol as hy regop gehou word en kan sy kop vir ʼn rukkie in lyn met sy liggaam hou.

6 Weke tot 3 Maande

Kognitiewe ontwikkeling.

Jou baba begin nou belangsteling toon in sy omgewing. Hul kyk in die rigting van klank en beweging en staar stip na voorwerpe, en hul raak ook toenemend meer bewus van hul eie liggaam. Kyk na hul vingers en roer dit na willekeur. Hul reageer ywerig op ʼn geselsery en maak ook bewegings van opgewondenheid.

Emosionele en sosiale ontwikkeling.

As hy jou sien glimlag kan baba begin terug glimlag. Hy begin geselsgeluidjies maak, en het nou al geleer dat klank ʼn goeie manier is om aandag te kry en sal selfs meer gesels as jy terug praat. Jou baba se verskillende huilboodskappe raak al makliker om te ontsyfer. Hy gebruik nog steeds lyftaal om jou te vertel hoe hy voel of wat aangaan. Hy kan sy kop wegdraai as hy genoeg gehad het.

Liggaamlike ontwikkeling. Visie:

Jou baba se visie verbeter nou vinnig en kan bewegende voorwerpe al makliker volg. Hul kan ook nou naby voorwerpe beter sien en sal begin kyk in die rigting van klank en waar dit vandaan kom. In die tyd begin hul hande ontdek en kan ure daaraan bestee om daarna te staar.

Gehoor:

Jou baba hou daarvan om na musiek te luister. Musiek kan jou baba laat bedaar en ook veroorsaak dat hulle hul arms en bene begin beweeg. Jou baba hou daarvan om jou stem te hoor so vertel jou baba wat om julle aangaan.

Motoriese ontwikkeling.

Jou baba se handjies is nou oper en hy/sy kan dalk sy hand om ʼn voorwerp toemaak as dit in hul handpalm gesit word. As jy verskillende materiale teen hul vingers vryf sal hy sy vinger teen die materiaal beweeg. Jou baba kan dit ook geniet om sy vingers in sy mond te druk. Jou baba se nekspiertjies is nou al so sterk dat hy dalk sy kop op sy eie regop kan hou in ʼn sittende of staande posisie, maar hy het steeds ondersteuning nodig. Wanneer jy hom op sy maag neerlê, sal hy ook vir ʼn rukkie sy kop regop kan hou- maar nie vir lank nie. Jou baba leer om sy spiere in sy arms en bene te beheer deur speelgoed of mense te skop of daarna te gryp.

3 tot 6 Maande

Kognitiewe ontwikkeling:

Jou baba is nou ʼn regte nuuskierige agie!! Hul stel belang in alles wat nuut is maar hou ook daarvan om met bekende goed weer en weer te sien. Hul verstaan roetine en herken bekende dinge soos hul bottel. Hul het ook al dalk ʼn sin vir humor!! Jou baba raak ook toenemend lief vir speel, en ook in die bad, en kan nou langer aanmekaar op dieselfde speelding konsentreer. Hul begin arms en bene beweeg om aandag te trek en maak selfs geluide. Hul kan ook voor- en afkeure vir kos begin wys.

Emosionele en sosiale ontwikkeling.

Jou baba begin gesigsuitdrukkings namaak. Hul kan ook verskillende soorte klanke maak. Hul begin nou “gil” en speel met hoe en lae klanke. Julle kan al heerlik “gesels”. Jou baba sal meer aktief probeer om jou aandag te trek. Hy reageer dalk verskillend op n bekende en ʼn vreemdeling se stemme. Hy sal vir homself in die spieël begin glimlag. Hy kan na mense kyk en vir hulle glimlag as hulle met hom praat of speel. Hy ken jou en die ander lede van die gesin. Hy hou nie daarvan om te lank alleen met n speelding te wees nie. Jou baba kan skaam raak en sy gesig of lyfie wegdraai, en teen 5 maande oud kan hulle onderskei tussen ʼn kwaai en ʼn vriendelike stem!!

Liggaamlike ontwikkeling

Visie:

Jou baba kan nou al fokus op voorwerpe wat meer as ʼn meter weg is. Hul kan voorwerpe volg wat dwars, bo en onder hul verbygaan. Dieptepersepsie begin nou ontwikkel. Hul kan begin onderskei tussen voorwerpe wat naby en ver van hul is. jou baba hou daarvan om na hul eie voete en hande te kyk. Hul kan heen en weer na twee verskillende dinge kyk.

Motoriese ontwikkeling

Wat sy fynmotoriese ontwikkeling betref sal jou baba nou na goed kan uitreik en dit kan gryp. Hul kan met albei handjies saam speel en geniet dit om na hul tone te reik. Hulle druk alles in hul mond om dit te verken. Hul begin meer beheer oor hul hande en voete kry en beweeg hulle saam. Hul bewegings raak al hoe meer verfynd en teen 6 maande kan hul al voorwerpe van een hand na die ander oorplaas. Hul kan tot hulself vingerkos voer!! Wat grootmotoriese ontwikkeling betref, leer jou baba nou om sy koppie heeltemal self regop te hou. As jy hom op sy maag neerlê sal hy leer om hom met sy hande op te druk om rond te kyk. Hy kan ook nou begin rol ( dit gebeur gewoonlik teen 5 maande oud). As jy hom met kussings ondersteun, sal jou kleinding nou ook geniet om regop te sit, maar sal dalk ook sonder enige ondersteuning kan sit. Jou baba sal teen die sesde maand al sy gewig op reguit knieë en heupe dra wanneer jy hom regop hou.

Hoe om jou baba te stimuleer.

ʼn Pasgebore babatjie het nie verskriklik baie simulasie nodig nie omdat hul maklik oorgestimuleer kan word. Die belangrikste is baie aanraking, liefde, sekuriteit en dat jy op hul behoeftes reageer en voorsien. Tel jou baba op as hy/sy huil, voed hom/haar as hul honger het en gesels voordurend met hulle, ʼn baba massering is ook ʼn goeie plan. S00s wat ou baba ouer word kan jy hom/haar meer stimuleer soos bv. lyfspeletjies, gesels vertel wat jy doen en sing liedjies. ʼn baba gym met mooi helder kleure en verskillende vorms en teksture kan genoeg wees vir stimulasie.

Wanneer om bekommerd te raak?

 

    Gaan praat met jou pediater as:
  • Jou baba teen 14 weke sy kop nie kan regop hou vir sowat ʼn minuut lank nie as hy op sy magie lê.
  • Jou baba teen 13 weke nie sy kop kan reg op hou terwyl hy in ʼn sittende posisie is nie.
  • En as jou baba se hande op 13 weke steeds in die vuis refleks posisie is en hy nog nie geglimlag het nie op 13 weke nie!!
  • En as jou baba op 26 weke/ 6 maande nie na ʼn speelding kan gryp nie.
  • En jou baba op 7 maande nie ʼn speelding van die een hand na die ander hand kan skuif nie.
  • Jou kind op 5 maande nog nie sy stem buiging kan afwissel nie
  • As jou kind op 6maande nie reageer op die ruisgeluid van ʼn stuk papier deur nie sy kop te draai nie.

 

6 tot 12 Maande

Die tydperk tussen 6 en 12 maande is jou kind se laaste baba maande- geniet dit dus terdeë!!!! Dis ook een van die vinnigste ontwikkelingsfases. In hierdie fase begin hul sit, eerste tandjies verskyn, en hulle begin selfs kruip en dalk selfs loop. Dit alles in net ʼn paar maande. En dalk is jy nog gelukkig om die eerste pragtige woordjies uit daardie bekkie te hoor. Hier is dan ʼn aanduiding van jou kind se mylpale tussen 6 en 12 maande. Onthou dat dit is egter net geraamde gemiddeldes is en dat elke kind ʼn individu is wat volgens hul eie patroon ontwikkel. Dis slegs as hul baie laat is met sekere mylpaal dat jy hulp hoef te soek.

  • Verstandelike ontwikkeling


In Hierdie fase is jou baba/kind nie meer so gesteld op sy/haar eie lyf nie maar betrek voorwerpe van buite. Hul kom agter dat die een ding lei tot die ander, soos dat iets gebeur as hul speelgoed toevallig val. Dit gee hul groot plesier , dat hulle dit oor en oor doen!! Dink maar hoeveel keer hul speelgoed uitgooi en jy moet dit optel. Hierdeur leer hulle die sin vir oorsaak en gevolg. Dit doen hulle tot op +- 8 maande. Van 8 Maande af begin hul meer eksperimenteer. Hul word skielik bewus daarvan dat voorwerpe bly voortbestaan, al kan hulle dit nie sien nie. As julle nou waars- hy- daars- hy speel, weet hy jou gesig is nie vir altyd weg nie en sal weer te voorskyn kom. Sy sal ook ʼn kussing of boks uit die pad stoot om by ʼn voorwerp uit te kom wat daaragter of daaronder “verdwyn” het. Teen 8 maande word hul regte nabootsertjie wat jou gesiguitdrukkings en aksies wil na-aap.

Nog mylpale in hierdie ouderdoms groep: *6 maande: maak geluide om jou aandag te trek. *7 maande: voer hul “gesprekke” met jou, wil graag onafhanklik wees deur haarself te probeer voer en herken nou haar naam wanneer jy dit roep af *8 maande: hul begin die betekenis van woorde soos “nee” of “tata” verstaan, hul konsentreer intens op speelgoed en hou van speletjies soos om die bal vir jou te gooi en dit weer te “vang”. *9 maande: hulle hou baie van ruimpies en kan bewegings voorsien. *10 maande: hul begin voorwerpe en mense se name herken. Hul draai na boetie toe as boetie roep, en kan al eenvoudige speletjies soos handjies klap speel, hul kan tata waai en sy weet sy moet haar voetjie uitsteek as jy haar skoene nader bring. 11 maande: hul hou baie van boeke en herken ʼn paar voorwerpe op die bladsye, hul verstaan begrippe soos “hier” en “daar” en sal met hul vingertjies “daar” wys. 12 maande: Hul hou nog meer van boeke en stories, en kan dalk ʼn paar woorde soos “mamma” en Pappa” en hul eie naam se, probeer ook om ander woorde te se en skud net hul kop vir nee!!

Emosionele ontwikkeling

Jou baba/kind word toenemend bewus aan die eie ek. Hul ontdek gou dat jy reageer wanneer hul huil. Verder ontdek hul ook ander emosies: *Tussen 5 en 7 maande begin jou kind vrees ontwikkel. Hul kan ook opgewonde raak as hul sien dit raak badtyd of dat julle met ʼn stootwaentjie gaan stap. Maar van 6 maande af ontwikkel hul ʼn regte glimlag en sal selektief vir mense glimlag en van ander wegskram of hul ignoreer. * Tussen 7 en 9 maande begin blydskap en woede sterker na vore tree. Hul kan ook begin skaam voel en gaan deur ʼn stadium van vreemdeling- en skeidings angs. *Van 9 tot 12 maande kan die vreemdeling skeidings angs toeneem. Hul is dalk baie klouerig en kan slaapprobleme ondervind. Jou kleinding sal nie graag alleen gelaat wil word nie- hul gehegtheid aan sekere mense raak sterker. Onthou, hoe sterker die gehegtheid en hoe meer jy positief daarop reageer, hoe makliker is dit later om vir ma of pa te verlaat!

Sosiale ontwikkeling.

Jou babamensie is nou in ʼn baie oulike stadium! Omdat hul al hoe meer bewus raak van hul emosies, is hulle ook in staat om meer te toon. Hul sal dus baie meer sosiaal raak: * 6 maande strek hul al doel bewus hul armpies na jou toe uit om opgetel te word. Hulle wil ook dikwels net by jou sit en jou streel of net jou hang vashou. *Tussen 7 en 9 maande raak jou baba nuuskierig oor ander babas en kinders en kyk hul gefassineerd na hulle en reik selfs uit om aan hulle te raak. Hulle is dol daaroor om met jou te speel. *Tussen 9 en 12 maande hulle hou daarvan om soentjies uit te deel. Hul word baie kwaad as iemand hul speelgoed wegvat. Hul vrees vir vreemdelinge kan ʼn hoogte punt hoogtepunt bereik. hul ontwikkel die oulikste sin vir humor en kraai van plesier oor die kleinste dingetjies.

Liggaamlike ontwikkeling.

In hierdie tyd 0ntwikkel ʼn hele reeks dinge: Teen ʼn jaar oud gee hulle reeds voorkeur en afkeur aan sekere kos soorte. Op ʼn jaar oud het hulle binokulêre visie, wat beteken hulle kan omtrent net so goed soos jy sien. Hul spiertjies raak al sterker en die eerste tandjies verskyn ook in hierdie tyd, teen hul eerste verjaardag kan hul al spog met tussen 4 en 8 tandjies. Die gemiddelde baba verdriedubbel hul geboorte massa in die eerste jaar en hulle is +- 75 cm lank. Hul bene en spiere groei vinnig en kraakbeen verander op plekke in harde been. Die fontanelle bo-op hul kop behoort ook heeltemal te verdwyn. Aan die einde van hul eerste jaar is hul brein sowat ʼn derde van ʼn volwasse brein se grootte.

Motoriese ontwikkeling.

Wat jy kan verwag van hul grootmotoriese ontwikkeling: * Tussen 6en 7 maande begin die meeste babas op hul eie te sit. * Tussen 8 en 9 maande kan die gemiddelde baba teen die meubels begin regop staan. * Tussen 8 en 10 maande begin die meeste babas om te kruip. *Op sowat 11 maande kan jou baba begin loop as jy hul aan hul handjie lei. * Op sowat 12 maande kan hul self teen die meubels opstaan. * Tussen 11 en 13 maande begin ʼn baba lomperig trappe met hulp uit te klim. * Tussen 11 en 15 maande begin die meeste babas loop.

Fynmotoriese vaardighede is die volgende belangrik: * Teen 6 maande hou jou baba daarvan om sagte voorwerpe soos teddiebeer met die hand vaste hou, sal ook voorwerpe in elke hand kan vashou. * Teen 7 tot 12 maande begin hul om hul eie bottel vaste hou . * Van 7 tot 8 maande kan hul vinger kossies begin vashou en eet. * So teen 10 maande kan hul voorwerpe tussen hul duim en voorvinger optel en later sal hulle elke klein dingetjie wil optel! Hulle kan nog nie ʼn voorwerp willekeurig laat los nie, tensy hul iets anders probeer optel. Hul wil self eet maar sal nog baie mors!!

Wat kan ek doen om te help?

Omdat jy die middelpunt van hul bestaan is sal jou baba vir jou wag om hul te vermaak. Hier is n paar goed wat jy kan doen om hul te stimuleer:

 

    • Speel gereeld vinger en toon speletjies.Lees eenvoudige prente boeke en wys die prente op die bladsy uit!
    • Gesels baie met hulle, sommer oor alledaagse dinge. Benoem sekere items of voorwerpe gereeld.
    • Maak jou huis veilig sodat jou baba veilig die huis kan ontdek vir wanneer hulle begin kruip en loop.
    • Laat jou baba op jou bene perdjie ry.
    • Speel fisieke speletjie soos saggies stoei en kielie.
    • Se gereeld rympies op, veral rympies met verrassende eindes of ongewone woorde.
    • Moenie dat hul lang tye in sitstoeltjies of loopringe deurbring nie.
    • Gaan stap gereeld met hulle en wys hulle wat om hulle aangaan.
    • Speel musiek en dans met hulle.
    • Laat jou kleuter gereeld op jou skoot staan voordat hulle loop.
    • Gee vir hulle goed om in hul hande vaste hou.

 

 


Het my baba ʼn agterstand?

  • Hier is ʼn paar riglyne waarvolgens jy kan bepaal of jou kind ʼn agterstand het. Moenie paniekerig raak as jy dit vermoed nie – neem haar eerder dadelik na ʼn pediater toe sodat hy deeglike toetse kan doen:

 

As sy teen 6 maande glad nie geluidjies maak nie.
  • As sy teen 6 maande nie reageer op geluide soos voetstappe of jou spraak nie.
  • As jou kind teen 12 maande nie reageer op geluide soos die telefoon nie.
  • As sy teen 12 maande nog glad nie n poging aangewend het om klanke na te boots soos “ma-ma” of “da-da” nie – dit hoef nie “regte” woorde te wees nie.
  • As sy nie stadig bewegende voorwerp op 6 maande met haat ogies kan volg nie.
  • As sy teen 6 maande oud nog glad nie na voorwerpe uitreik nie.
  • As sy teen 6 maande nog nie begin omrol nie.
  • As sy teen 10 maande nog glad nie kan sit nie.
  • As sy teen ʼn jaar nog nie begin kruip het nie.
  • As sy weersin het daarin het om vasgehou en gedruk te word of baie gril vir sekere teksture.
  • As sy haar kop wegdraai wanneer iemand met haar gesels.
  • As sy teen 8 maande nog geen poging aangewend het om te glimlag nie.
  • As sy teen 10 12 maande glad nie growwe kos kan verdra nie.
  • As sy teen 12 maande glad nie probeer om voorwerpe tussen haar duim en voorvinger op te tel nie
  •  

     

     

    Wat kan ek doen om te help?

    Wat kan ek doen om te help?

    Speel gereeld vinger en toon speletjies.
  • Lees eenvoudige prente boeke en wys die prente op die bladsy uit!
  • Gesels baie met hulle, sommer oor alledaagse dinge. Benoem sekere items of voorwerpe gereeld.
  • Maak jou huis veilig sodat jou baba veilig die huis kan ontdek vir wanneer hulle begin kruip en loop.
  • Laat jou baba op jou bene perdjie ry.
  • Speel fisieke speletjie soos saggies stoei en kielie.
  • Se gereeld rympies op, veral rympies met verrassende eindes of ongewone woorde.
  • Moenie dat hul lang tye in sitstoeltjies of loopringe deurbring nie.
  • Gaan stap gereeld met hulle en wys hulle wat om hulle aangaan.
  • Speel musiek en dans met hulle.
  • Laat jou kleuter gereeld op jou skoot staan voordat hulle loop.
  • Gee vir hulle goed om in hul hande vaste hou.
  • Het my baba 'n agterstand?

    Hier is ʼn paar riglyne waarvolgens jy kan bepaal of jou kind ʼn agterstand het.

    Moenie paniekerig raak as jy dit vermoed nie – neem haar eerder dadelik na ʼn pediater toe sodat hy deeglike toetse kan doen:

    • As sy teen 6 maande glad nie geluidjies maak nie.
    • As sy teen 6 maande nie reageer op geluide soos voetstappe of jou spraak nie.
    • As jou kind teen 12 maande nie reageer op geluide soos die telefoon nie.
    • As sy teen 12 maande nog glad nie n poging aangewend het om klanke na te boots soos “ma-ma” of “da-da” nie – dit hoef nie “regte” woorde te wees nie.
    • As sy nie stadig bewegende voorwerp op 6 maande met haat ogies kan volg nie.
    • As sy teen 6 maande oud nog glad nie na voorwerpe uitreik nie.
    • As sy teen 6 maande nog nie begin omrol nie.
    • As sy teen 10 maande nog glad nie kan sit nie.
    • As sy teen ʼn jaar nog nie begin kruip het nie.
    • As sy weersin het daarin het om vasgehou en gedruk te word of baie gril vir sekere teksture.
    • As sy haar kop wegdraai wanneer iemand met haar gesels.
    • As sy teen 8 maande nog geen poging aangewend het om te glimlag nie.
    • As sy teen 10 12 maande glad nie growwe kos kan verdra nie.
    • As sy teen 12 maande glad nie probeer om voorwerpe tussen haar duim en voorvinger op te tel nie.
    error: Content is protected !!