fbpx
logo

A tot Z van Kindersiektes

Artritis

Artritis is ʼn gewrigsontsteking. Simptome is gewoonlik swelsel, pyn, styfheid en teerheid. Dit kan veroorsaak word deur ʼn besering of ʼn infeksie in die gewrig, dan word dit septiese artritis genoem. dit kan in uitsonderlike gevalle deur rumatiek koors veroorsaak word. As jou kind ʼn koors van 40 het en die gewrig is geswel en seer moet dit as nood beskou word. Dit kan septiese artritis wees!! Dit kom algemeen by jong kinders voor na ʼn besering as hy geval het of teen iets gestamp het. As jy sien jou kind loop mank kyk of die gewrig geswel is deur daarop te druk dan kan jy sien of dit teer en seer is.

Wat om te doen: Neem jou kind se koors en as dit hoog is en die gewrig is seer en geswel raadpleeg jou dokter dit mag net septiese artritis wees veral as jou kind mank loop. As jou dokter artritis vermoed, sal hy jou kind na ʼn spesialis verwys, hospitalisasie mag nodig wees, bloedtoetse om diagnose te bevestig. As dit septiese artritis is sal binneaarse antibiotika toegedien word of as daar ʼn moontlikheid van ʼn abses mag wees dit dalk gedreineer word. Hou hitte (warmwatersak) of koue kompressie (plastiek sak met ysblokkies ) teen die gewrig vir pyn verligting as julle tuis is! Voorgeskrewe oefeninge deur ʼn fisioterapeut om die beweeglikheid van die gewrig te verbeter.

Asma

Asma is ʼn allergie-siekte / Chroniese Longsiekte wat die klein lugpypie in die long nl. Brongioli aantas. Die brongioli trek toe en raak met slym verstop wat dan die asemhaling bemoeilik. Asma aanvalle kom gewoonlik nie by kinders onder 2 jaar voor nie!! Oorsake van asma kan ʼn allergiese reaksie wees op stuifmeel of stof dit is gewoonlik in die lug. Asma kom gewoonlik ook in families voor dit gaan ook ongelukkig met ander allergieë gepaard soos ekseem en hooikoors. Meeste kinders ontgroei dit mettertyd.

Tekens en simptome van asma.

*Erge benoudheid, hyg na asem, die kind voel of hy versmoor.

*Raak angstig. Vinnige hartklop! Sweet.

*Aanhoudende gehoes en raak blou om die lippe as gevolg van suurstof te kort.

Wat ek as ouer moet doen.

*Dit kan Lewens gevaarlik wees , in geval van erge asma aanval!! kry jou kind so gou as moontlik tot by ʼn hospitaal ongevalle of by jou huis dokter!!

*As die asma aanval begin laat hom/haar dadelik regop sit teen kussings of in ʼn stoel. Die longe belug beter in ʼn regop posisie.

*Bly kalm, dat jy nie jou kind meer ontstel nie.

*Probeer vas stel waarvoor jou kind allergies is, ? Diere, ? Kos bv. neute, vis, ?Stof of ?stuifmeel , Plante.

*Asma kan meestal met voorkomende middels behandel word. Die dokter kan die allergie probeer bepaal, kan ʼn inhaleerder voorskryf wat die lugpyp verwyd sodat die asemhaling kan vergemaklik.

*Sorg net dat julle altyd die voorgeskrewe medikasie byderhand het!!!!!

Anemie

(bloedarmoede) is as die rooibloedselle minder as normaal is. Te min yster in jou kind se bloed veroorsaak tekort aan hemoglobien. Die chemiese stof wat suurstof in die liggaam vervoer.

Oorsake van anemie by kinders.

*Tekort aan Yster, foliensuur (Vit C), vit E, Vit B12 kan wees as gevolg van chroniese siektes. Kan ook onderdrukking of afwyking van been murg wees die diagnose kan slegs deur bloedtoetse gedoen word.

*Oormaat Bloedverlies as gevolg besering.

*Yster tekort anemie dit is die gebrek aan yster wat essensieel is as suurstof draende element van rooibloedselle. (Hemoglobien) hierdie anemie kom meestal voor by kinders tussen 9 maande en 2 jaar.

Tekens en simptome van anemie:

*Bleekheid, prikkelbaarheid en verlies van eetlus. Bleek vel, lippe, ooglede en naelbed.

*Later in die kleuter fase is te veel melk en te min vaste kos.

*Kinders met ʼn Yster tekort anemie is ook meer geneig om infeksies van die asemhalings sentrum op te doen.

Wat om te doen:

*Maak seker jou kind se dieet bevat genoeg yster, Bv. Rooivleis , eierwit, groenblaar groentes geel groente en vrugte aartappelskil, tamaties.

*Koeimelk het min yster en kan veroorsaak dat party babas yster deur hul dermkanaal kan verloor.

*Babas onder ʼn jaar oud moet verkieslik borsmelk of melk formulemelk drink.

*Moenie self die toestand probeer diagnoseer nie en probeer behandel nie. Gaan spreek jou dokter, wat die oorsaak kan bepaal ( geneties of dieetgekoppel) en korrekte behandeling kan voorskryf.

NB: Het jy geweet dat Yster tekort anemie kan kleuters en voorskoolse kinders tot ontwikkelings agterstande en gedragsprobleme kan lei.

AGSH (ADHD)

Wat is dit ?

Aandaggebreksindroom ( met of sonder hiperaktiwiteit) is ʼn gedragsprobleem wat moeilik gediagnoseer word. Kinders sukkel om te fokus en te konserteer en hulle aandag word maklik afgelei. Hulle vind dit moeilik om stil te sit en instruksies te volg. Dit kan tot leer- en ook sosiale probleme lei.

Wat om te doen:

*Baie belangrik om ʼn duidelike diagnose te kry.

*Gaan na iemand wat op die gebied spesialiseer. Kinders kan somtyds woelig wees en konsentreer vir kort rukkies, maar as jou kind ADHD het sukkel hy om goed te funksioneer en hou dit dikwels vir lank aan.

*Medikasie kan voorgeskryf word om impulsiewe gedrag te beheer en fokus te verbeter. Jy sal met ʼn kenner moet saamwerk om dissipline toe te pas en jou kind se gedrag te lei.

*Soms help ʼn dieet aanpassing en genoeg oefening is noodsaaklik. Calmolin of ʼn alternatiewe voedings aanvuller wat spesifiek ontwerp is vir kinders met aandaggebrek. Studies het getoon dat die aanvullings met essensiële vetsure (GLA en LA) , sink, Vit B6, Vit C, magnesium en ander vitamines en minerale die sleutelkomponent kan wees in die beheer van hiperaktiwiteit en aandaggebrek.

Angstigheid

Kinders voel ook soms angstig, net so maklik soos volwassenes, dit kan ook as gevolg van stres siekte of ʼn besering opduik, dit kan ook veroorsaak word deur ʼn kind se onvermoë om emosies te verwerk- vrese, klouerigheid of ʼn onwilligheid om jou te laat gaan. Huilerigheid, ʼn gekerm, onbeheerste huil wat grens aan histerie en aggressiewe gedrag kan ook tekens wees.

Wat om te doen:

*Bring kalm, ontspannend tye saam met jou kind deur en troos hom / haar.

*Praat met hulle oor hul vrese gee hul die geleentheid om ʼn keuse te maak.

*Wees bewus van dinge en situasies wat haar angstig maak en probeer dit vermy.

*Spreek woedebuie aan en moenie dat hulle met onaanvaarbare gedrag wegkom nie.

*Natura Rescue het welprodukte wat veilig is om vir kinders te gee dit is ʼn kombinasie van blomme-essens en homeopatiese medisyne wat in druppels of tablet vorm beskikbaar is en is geskik vir die hele gesin wat ʼn kalmerende effek het. Help ook met skok asook slaapversteurings.

error: Content is protected !!