fbpx
logo

CPR

Wat om te doen in nood gevalle

In geval van ‘n ongeluk

Kinders is van nature nuuskierig en is onbewus van gevare, daarom kan hulle maklik in gevaar situasies beland. Dit mag dalk nie altyd ernstig wees nie maar tog is dit belangrik om op hoogte te wees van noodhulp tegnieke wat jou kind se lewe na ʼn ernstige ongeluk kan red. Hulle se kennis is mag!! As jy weet wat om in ʼn bepaalde situasie te doen sal jy nie net vinnig en doeltreffend kan optree nie maar ook kalm kan optree!! Prioriteite : Ongeag van jou kind se besering moet jy die volgende doen as hy bewusteloos is-
    Maak seker dat hy asemhaal en as hy nie asemhaal nie moet jy onmiddellik mond-tot-mond asemhaling toepas voordat jy aan enige ander besering aandag gee. LW as hy asemhaal sal sy hart ook klop.
  1. Jy moet enige ernstige bloeding stop.
  2. Nadat stappe een en twee afgehandel is kan jy ander beserings behandel.
    Ondersoek jou kind:
    As jou kind bewusteloos is en asemhaal moet jy hom deeglik ondersoek van kop tot tone om die aard van die besering vas te stel.
  1. Probeer om sy kop terug gebuig te hou sodat sy lugweë oop bly as dit moontlik is moet iemand sy kop vashou tydens die ondersoek.
  2. Vergelyk altyd die een kant van sy liggaam met die ander kant van sy liggaam of een ledemaat met die ander beweeg hom so min as moontlik
  3. Glip jou hand onder sy kop of rug en maak seker dat daar nie bloeding nie, behandel dan ander beserings wat jy vind.

Veelvuldige Beserings

    Jou kind het moontlik verskeie beserings opgedoen en die een besering kan moontlik inmeng met die ander beserings as dit die geval is behandel die beserings wat jy as ernstig beskou eerste!!
  1. Daarna kan jy na die beste van jou vermoë na die ander omsien!!
    Ontbied hulp:
    As jou kind bewusteloos is, moeilik asemhaal, erg bloei, ʼn fraktuur het of gebrand het moet hy so gou as moontlik na die naaste trauma afdeling toe geneem word!!!
  1. Jy moet so gou as moontlik ʼn ambulans ontbied as jou kind op ʼn draagbaar vervoer moet word bv. vir ʼn gebreekte been of ʼn rugbesering of as jy alleen is en die noodhulp moet ononderbroke toegepas word!!
  2. As dit egter belangriker is om hom so vinnig as moontlik by die hospitaal te kry en daar is ʼn ander volwassene wat kan bestuur, kan dit gouer gaan as jy agter by jou kind sit in die motor en kan voort gaan met die noodhulp terwyl die ander persoon bestuur!!
  3. Indien jy ʼn ambulans moet ontbied moet jy soveel as moontlik inligting verskaf die aard van die besering, jou kind se ouderdom, adres gee bakens om die huis of plek te vind veral as dit moeilik is om die plek te kry!!

In geval van 'n Resussitasie

ʼn Mens moet voordurend suurstof kry om te kan lewe!! Breinskade kan na slegs 3 minute ontstaan! As jou kind bewusteloos is en nie asemhaal nie, kan jy nog sy lewe red deur self sy asemhaling en bloedsirkulasie oor te neem deur middel van KPR!

Resussitasie is die term wat die kombinasie van tegnieke wat beskryf wat gebruik word om ʼn mens se bewussyn te laat herwin en weer te laat asemhaal!

    Die Tegnieke Sluit die volgende in:
    Maak die Lugweg oop!
  1. Haal jou kind asem ( Mond tot mond Asemhaling)
  2. Laat sy Bloed sirkuleer ( Eksterne borskaskompressies)
    Die Lugweg bestaan uit gange tussen jou kind se mond, neus en longe. As hy bewusteloos is kan hy moeilik asemhaal as hy op sy rug .
  • Lug kan moontlik nie by sy longe uitkom nie omdat sy tong teruggeval en sy lugweg blokkeer, die kop dalk vorentoe gebuig is, sodat die lugpyp se opening effens toe geknyp is, daar mag ook dalk vloeistof of braaksel agter in sy keel opgegaar het en nie weg gedreineer kan word nie!
    Wat moet ek doen?
    Laat jou kind op ʼn ferm oppervlak lê, plaas jou een hand op jou kind se voorkop en die ander een onder sy nek. Druk liggies op die voorkop om die kop agteroor te buig. Die posisie is reg wanneer jy reguit in sy neusgate kan afkyk.
  1. Plaas twee vingers van die een hand op jou kind se ken en lig sy kakebeen op, sodat sy ken vorentoe kom. Die tong sal saam met die kakebeen vorentoe kom en so die lugweg oopmaak. Kyk of hy asemhaal.
  2. Babas het baie kort nekkies en sagte lugpypies en as jy die kop te ver agteroor buig, kan jy die lugweg maklik blokkeer.
  3. Stut die kakebeen deur twee vingers van die ander hand op die benerige deel van die ken te hou. Kyk of hy asemhaal.
  4. Maak altyd eerste seker of jou kind asemhaal, as jou kind asemhaal al is dit net effentjies, moet jy hom met rus laat!! Moenie mond -tot -mond asemhaling toepas om hom vinniger asem te laat haal nie draai hom net in die herstel posisie.
  5. As jou kind nie asemhaal nie!! Kyk eerstens of daar nie iets is wat jou kind se lugweg blokkeer nie. draai jou kind se kop kant toe en voel versigtig met jou vinger in sy mond en as daar iets is moet jy dit vinnig uitkrap, maar wees versigtig dat jy dit nie verder in sy keel afdruk nie!
  6. As dit ʼn klein babatjie is moet jy verkieslik nie jou vinger in sy mond steek nie tensy jy die voorwerp duidelik kan sien en jy seker is daar is geen risiko dat die voorwerp in sy keel kan afglip nie, dit is ʼn beter opsie om hom onderstebo te hou en op sy rug te slaan. Kyk weer dat jou kind asemhaal.

Onthou as jou kind nie asemhaal nie en die lugweg nie geblokkeer is nie begin onmiddellik met mond-tot-mond asemhaling!

    As jou kind asemhaal sal sy hart ook sal klop!

Mond-tot-mond Asemhaling

Dit is die resussitasie tegniek wat jy onmiddellik toepas as jou kind nie asemhaal nie dit doen jy maak nie saak waar jy is nie.

As jy vir een of ander rede nie jou mond oor jou kind se mond kan sit nie kan jy sy mond toemaak en asem deur sy neus in blaas. As jou baba klein is kan jy jou mond oor sy neus en sy mond plaas.

    Buig jou kind se kop agteroor sodat die lugweg oop is en stut jou kind se kakebeen met een hand, maar wees versigtig dat jy nie jou hand op sy nek sit en die lugpyp toedruk nie, knyp sy neusgate met twee vingers van die ander hand toe.
  1. Neem ʼn diep asemteug maak jou mond wyd oop verseël jou kind se mond met jou eie.
  2. Blaas liggies maar ferm in sy mond in, blaas van jou longe af, nie net van jou mond af nie, totdat jy sy borskas sien beweeg!! Kyk langs sy borskas af en maak seker die borskas moet weer terugval as jy geslaag het!! As jou kind se borskas nie gelig het nie, kyk dat : 1) Sy kop in die regte posisie is 2) Jy die neusgate toeknyp en dat jou mond ʼn lugdigte seel om jou kind se mond vorm. 3) Probeer weer ʼn keer, en as dit nie slaag nie kan jy hom ʼn paar klappe op die rug gee soos wanneer hy verstik het.
  3. Herhaal die prosedure nog so drie keer so vinnig as jy kan; wag dat die borskas tussen asemhaling eers weer sak. Voel dan of jou kind se hartklop
  4. As jou kind se hart klop, moet jy voortgaan met die reddings asemhaling teen ʼn spoed van 1520 per minuut, totdat hy alleen kan asemhaal, sodra hy alleen asemhaal, moet jy hom in die herstel posisie laat lê terwyl jy vir die ambulans wag.
  5. As jou kind se hart nie klop nie, BEGIN DADELIK MET EKSTERNE BORSKAS KOMPRESSIES

Mond-tot-mond asemhaling op klein babas en klein kindertjies.

    Die basiese tegniek bly dieselfde maar jy moet die baba se kleiner lyf ingedagte hou, omdat die ruimte tussen die neus en die mond so klein is, sal dit makliker wees as jy jou mond oor sy mond en neus sit. Jy sal ook net klein bietjie lug in sy longe moet inblaas teen ʼn tempo van tot 20 teue per minuut, daarom moet jy nie baie hard blaas nie.
  • Laat jou baba op sy rug lê. Klop sy voetsole om seker te maak dat hy werklik bewusteloos is, as daar geen reaksie is nie, moet jy sy kop effens agteroor buig deur op sy voorkop te druk en sy ken met jou 2 vingers te stut, moenie sy koppie te ver agteroor buig nie.
  • Skuif een hand onder sy ruggie in en hou sy kop terug, plaas dan jou mond oor sy neus en mond. Haal liggies asem en blaas totdat sy borskas oplig. Herhaal nog drie keer so vinnig as jy kan, en voel dan of die hart klop.
  • Belangrik as die longe nie wil opblaas nie volg weer dieselfde stappe om te kyk of die lugweg oop is, as die lug nie in wil forseer nie hou jou baba weer onderste bo en klap hom so paar keer op die rug.

Eksterne Borskaskompressie

resussitasie tegniek word saam met mond-tot-mond asemhaling gebruik wanneer ʼn kind bewusteloos is en nie asemhaal nie en sy hart nie klop nadat jy met mond-tot-mondtegniek begin het nie. Borskaskompressies is belangrik , want as die hart nie klop nie, sal die suurstof wat jy in jou kind se longe inblaas, nie by die liggaamsweefsel uitkom nie. permanente breinskade kan binne drie minute sonder suurstof ontwikkel.

Hoe om te toets of die hart klop:

  1. Om vas te stel of jou kind se hart klop moet jy aan die karotisarterie voel of daar ʼn polsslag is- dit is die slagare wat die brein van bloed voorsien.
  2. Voel aan die voorkant van jou kind se lugpyp en laat die kussings van drie vingers net onder die kakebeen en in lyn met die oor lob, in die groef tussen die lugpyp en die nekspier, ingly. Moenie met jou vingerpunte voel nie, want jy sal jou eie polsslag daar voel.
  3. Voel sowat vyf sekondes lank, as jy niks voel nie, het die hart opgehou klop!!!

WAT MOET EK DOEN?

  1. As jou kind hart opgehou klop het, moet jy hom op ʼn harde oppervlak laat lê en langs hom kniel sodat jy na sy borskas gedraai is, voel waar sy borsbeen is ( die been wat in die middel van sy borskas afloop).
  2. Voel in die groef tussen die sleutelbene waar die borsbeen begin, en kry dan die middel van die borsbeen deur met albei hande te meet soos aangedui.
  3. Plaas die hak van een hand oor die laer gedeelte van jou kind borsbeen, maar moenie met jou vingers op sy ribbebene druk nie. Neem ʼn posisie in sodat jou skouers reg bokant jou kind se borsbeen is. druk 2,5 tot 3,5 cm af, en laat los. LW:: op kinders word die borskas kompressies met net een hand uit gevoer
  4. Doen per minuut vyf kompressies teen ʼn tempo van 80- 100 kompressies ( tel een-en-twee-en druk terwyl jy druk) hou dan op na elke vyf kompressies en gee jou kind dan weer een mondtot -mond asemhaling.
  5. Hou sowat een minuut lank aan om vyf kompressies gevolg deur een mond-tot-mond asemhaling te gee, hou dan op en voel aan die karotisarterie of daar ʼn polsslag is.
  6. As die hart steeds nie klop nie, moet jy volhou met vyf kompressies gevolg deur een mond-totmond asemhaling, maar hou elke drie minute op om te voel of daar ʼn polsslag is.
  7. Sodra jy ʼn polsslag voel moet jy ophou met Kompressies (DRUK OP DIE BORSKAS). Hou aan met mond-tot-mond asemhaling tot die ambulans kom of tot die asemhaling weer begin !!

Belangrik om hierdie instruksies baie noukeurig te volg omdat jy jou kind kan stukkend druk as jy te hard druk!! (LW. MET KINDERS gebruik jy altyd NET EEN HAND omdat twee hande teveel krag op die borskas sit en die dan jou kind se borsbeen en ribbes mag breek!!)

Borskas kompressie vir babas en klein kindertjies.

  1. Die volgorde waarin borskaskompressie vir babas en kleinkindertjies onder twee jaar oud gedoen word bly dieselfde as vir groter kinders, maar die posisie van die hand is effens anders en jy moet minder drukking toepas.
  2. Laat jou baba op ʼn harde oppervlak soos ʼn tafel lê, stut sy kop en rug deur een hand onder sy rug te sit en die bokant van sy arm vas te vat.
  3. Trek in jou verbeelding ʼn reguit lyn oor jou kind se borskas tussen sy tepels deur en plaas twee vingers van die ander hand in die middel van die lyn. Druk 1,5 tot 2,5 cm af en laat dan los.
  4. As jou baba te groot is om die borsbeen maklik met jou vingers af te druk, moet jy jou ander hand onder sy rug uit neem. Gebruik die hak van jou hand om die borsbeen te druk.
  5. Gee vyf (5) kompressies vir elke (1)mond-tot-mond asemhaling, soos vir groter kinders, en kyk na ʼn minuut en daarna na elke drie (3) minute of daar ʼn polsslag is!

Bewusteloosheid

gevaar van Bewusteloosheid lê daarin dat die normale reflekse soos hoes, wat keer dat ʼn kind verstik as hy slaap nie hier behoorlik werk nie. Daardie reflekse is hier nie teenwoordig nie.

Bewusteloosheid kan veroorsaak word deur:

  1. Hoofbesering
  2. Skok
  3. Verstikking
  4. Stuiptrekking
  5. Diabetes
  6. Epilepsie.

Al herwin jou kind sy bewussyn of al het bewusteloosheid net ʼn kort rukkie geduur, moet hy nog deur ʼn Dr ondersoek word selfs al lyk hy perdfris na die tyd. As die bewusteloosheid deur ʼn hoofbesering veroorsaak is, sal daar ʼn X-straalfoto van sy skedel geneem moet word om vas te stel of daar nie ʼn fraktuur is nie.

  • Vlakke van bewussynsverlies:

Jou kind kan deur verskeie stadiums van bewussynsverlies gaan voordat hy geheel en al bewusteloos is. Hy sal eers net baie verward wees, dan sal hy versink in ʼn bedwelming waartydens hy sal lyk as of hy dronk is, gevolg deur ʼn koma, wanneer hy geheel bewusteloos sal wees. Die omgekeerde gebeur wanneer hy sy bewussyn begin herwin. Dit is om hierdie rede noodsaaklik dat jy die hele tyd by jou kind bly en indien moontlik, ʼn ander volwassene stuur om ʼn ambulans te ontbied. Hou jou kind fyn dop en teken die verandering in sy bewussyn aan. Hierdie inligting kan die dr help besluit watter behandeling om toe te pas!!

Wat moet ek doen:

  1. Skud jou kind liggies aan die skouer of knyp sy oorbel. Praat met hom, vra of hy goed voel gee hom sowat 10 sekondes om te antwoord.
  2. As jou kind nie antwoord nie, buig sy kop agteroor en kyk of hy asemhaal??
  3. As hy wel asemhaal maar snork- of gorrelgeluide maak, kan daar iets in jou kind se lugweg wees wat sy lugweg blokkeer. Verwyder enige obstruksie.
  4. As jou kind asemhaal, moet jy sy kop agteroor gebuig hou en hom van kop tot tone ondersoek, behandel beserings soos gebreekte bene. As daar vloeistof uit sy oor loop moet jy hom so laat lê dat die aangetaste oor onder is en dat vloeistof kan dreineer. Plaas ʼn wattedepper onder die oor.
  5. As jou kind steeds nie asemhaal nie, moet jy mond-tot-mond asemhaling begin toepas en indien nodig, borskaskompressies!!

Belangrik

ʼn Kind wat bewusteloos was of wat ʼn hoofbesering het, moet deur ʼn dr ondersoek word. moenie aan ʼn kind wat bewusteloos was enige iets gee om te eet of te drink nie, nie voordat hy deur ʼn dr ondersoek is nie.

Hoe om ʼn bewustelose baba te hanteer: ʼn bewustelose baba word dieselfde manier hanteer as ʼn ouer kind, behalwe dat jy hom onder sy voetjies moet klop om te bepaal of hy werklik bewusteloos is. As daar geen reaksie is nie, is hy werklik bewusteloos. Jy moet onthou om nie die baba se kop te ver agteroor te buig as ʼn ouer kind s’n as jy die lugweg wil oopmaak nie. Blaas net liggies in sy mond in as jy mond-tot-mond asemhaling toepas en druk net liggies met jou vinger as jy eksterne borskas kompressies toepas.

  • Oorsake van bewusteloosheid.

1)Hoofbeserings:

  1. a) As jou kind op sy kop geval het!! Observeer vir simptome van Harsingskudding of skedel breuk en of daar ʼn oop wond is!? neem jou kind na die naaste Hospitaal se noodgevalle- afdeling.

b ) As jou kind kla van aanhoudende kopseer maar anders niks makeer nie en ongeag van behandeling nie beter word nie. c ) As daar ʼn uitskeiding uit die neus of ore kom na ʼn val, moet dit nie probeer stop nie neem jou kind so gou as moontlik na die naaste noodgevalle afdeling en rapporteer ook aan die dr as jou kind se optrede nie normaal is nie.

2)Skok:

  1. Mediese skok kan ʼn potensieel noodlottige toestand wees wat ontstaan as die bloeddruk erg verlaag is as gevolg van liggaams-vloeistowwe wat verlore gaan bv. hewige Bloedverlies geen een van die organe kan funksioneer as hulle nie genoeg bloed kry nie!!
  2. Skok kan ook veroorsaak word deur ernstige brandwonde, elektriese skok of dehidrasie, as gevolg van braking of diarree.
  3. Skok kan ook veroorsaak word deur ʼn insekbyt soos ʼn bysteek of sommige geneesmiddels, en dit word ʼn anafilaktiese skok genoem. Die behandeling bly dieselfde. As jou kind erg gebloei of erg verbrand het kan hulle skok ontwikkel!! Kry hom so gou as moontlik by ʼn Hospitaal.

Simptome wat mag voorkom as jou kind aan skok lei.

  • Bleek, blougrys vel ( dit is veral duidelik aan die binnekant van die lippe en onder die vingernaels)
  • Vinnig, swak polsslag.
  • Vlak, vinnige asemhaling.
  • Koue, klam vel.
  • Sweet.
  • Duiseligheid.
  • Dowwe visie.
  • Rusteloosheid.
  • Dors.
  • Bewusteloosheid.

Wat moet ek doen

  1. Stel jou kind gerus. Behandel enige bloeding en beweeg hom so min as moontlik.
  2. Laat jou kind op ʼn plat oppervlak op ʼn kombers lê, lig sy bene dat dit hoer as sy borskas is en stut dit met kussings. Maak enige stywe klere veral om sy nek, borskas en middellyf los en draai sy kop na die kant toe.
  3. Moet nooit ʼn warmwatersak of ʼn elektriese kombers gebruik om hom warm te maak nie, omdat dit die bloed na die oppervlak van die liggaam laat kom en dit sodoende van die organe wegneem.
  4. As jou kind bewusteloos is plaas hom dadelik in die herstel posisie hou sy bewussynvlak dop en bepaal sy asemhaling tempo elke paar minute, totdat die ambulans opdaag.

Interne bloeding.

Dit kan gebeur bv. as ʼn interne orgaan in ʼn ongeluk beskadig word of ʼn groot been soos ʼn bekkenbeen of ʼn femur gebreek word, as jou kind van die simptome van skok ontwikkel sonder dat jy enige besering kan sien, as hy kla dat hy erge pyn in die borskas het of na ʼn ongeluk abnormaal stil is, moet jy dieselfde behandeling as hierbo toepas. Kry hom so gou as moontlik by die Hospitaal.

Verstikking / Choke

Simptome:
  • Gehoes
  • Gryp aan die keel.
  • Blou in die gesig – die bloedvate in die nek en in die gesig kan uitstaan.

Wat moet ek doen:

  • As jou kind hoes , moet jy hom aanmoedig om hard te hoes. Moenie inmeng nie.
  • As hy nie hoes nie, moet jy dat hy gou oor jou skoot lê met sy kop na onder!
  • Hou hom vas dat sy kop laer is as sy borskas en gee hom vier (4) harde rapse tussen sy skouer op die boonste deel van die rug!
  • Hou aan met hierdie ferm rapse totdat die voorwerp loskom! Haak dan dit baie versigtig uit sy mond! Maar wees versigtig dat dit nie verder in die keel afgaan nie! of as jou kind groot genoeg is om dit uit te spoeg!
  • As dit moontlik ʼn lekkertjie is kan ʼn mens altyd dat jou kind ʼn slukkie water vat wat kan help dat dit kan loskom en gesluk kan word!

Hoe om ʼn baba te hanteer wat verstik!!

  • Tel jou baba dadelik op en laat hom kop onderste bo oor jou voorarm lê , terwyl jy sy kop en nek met jou hand stut.
  • Hou die koppie laer as die borskas en gee hom vier (4) ferm vinnige rapse tussen sy skouer op die boonste deel van die rug! Hou aan totdat die voorwerp loskom!
  • Weereens wees versigtig as jy dit verwyder dat dit nie verder in die keel afgaan nie maar dat dit versigtig verwyder word. LW moet nooit in ʼn baba se mond rond krap as jy nie die voorwerp kan sien nie!

Verdrinking

Wat moet ek doen?
  1. As jou kind by sy bewussyn is , moet jy hom so gou as moontlik uit die water haal en hom met droë klere bedek en terwyl jy hom onderdak probeer kry. Trek so gou as moontlik vir hom warm klere aan om hipotermie (koue veroorsaak lae liggaam- temperatuur) te voorkom.
  2. As jou kind bewusteloos is, moet jy dadelik kyk of hy asemhaal? As hy nie asemhaal nie moet jy onmiddellik begin om mond-tot-mond asemhaling toe te pas!! En moenie ophou nie, al was hy lank onderwater! Gaan voort met mond-tot-mond asemhaling totdat daar hulp opdaag!

As jou kind wel asemhaal maar bewusteloos is sit hom in ʼn herstel posisie!! Maak hom toe met enige iets wat hitte kan gee! Bv. ʼn baadjie, ʼn droë handdoek of as beskikbaar is, ʼn kombers!! Moet vereers nie die nat klere uittrek nie! hou jou kind al die tyd onder goeie observasie indien hy sou ophou met asemhaal dat jy onmiddellik kan begin met mond-tot-mond asemhaling.

  1. Baie belangrik as jou kind bewusteloos is moet hom nooit alleen laat nie!
  2. Indien daar wel ʼn ander volwassene teenwoordig is kan julle so gou as moontlik self jou kind na die naaste Trauma afdeling neem! Maar iemand moet agter in die voertuig by die kind sit en aangaan met mondtotmond asemhaling!

Hipotermie by babas

Baie kleinbabatjies kan relatief gou hitte verloor as hulle in ʼn vertrek slaap wat nie warm genoeg is nie, of as hulle sonder voldoende kleding buite in die koue is.

Moontlike simptome

  • Koue vel- moenie mislei word deur die gesonde helde pienk kleur van jou baba se vel nie.
  • Lomerigheid en slaperigheid – dit is gevaartekens.

Wat kan ek doen?

Hou jou baba so naby as moontlik aan jou lyf om sy liggaam hitte geleidelik te versnel en dan so gou as moontlik by ʼn dr uit te kom.

ʼn Mens moet voortdurend suurstof kry om te kan lewe!! Breinskade kan na slegs 3 minute sonder suurstof ontstaan. As jou kind bewusteloos is en nie asemhaal nie kan jy nog sy lewe red deur self die asemhaling en bloedsirkulasie oor te neem deur middel van KPR.

Brandwonde

Brandwonde het onmiddellik en dringend behandeling nodig omdat daar liggaams vogverlies is en die risiko van skok en infeksie bestaan!! Brandwonde kan in drie groepe in gedeel word :
  1. Eerstegraadse brandwonde, dit raak net die buitenste laag van die vel. Dit veroorsaak pyn en swelling en kan met veiligheid tuis verpleeg word, raadpleeg jou Dr as jy twyfel.
  2. Tweedegraadse brandwonde, dek die buitenste en onderliggende dele van die vel veroorsaak pyn, rooiheid, swelling en blase. Kan veroorsaak word deur warm water (nie kookwater nie), ander chemikalieë of ligte vlamme of warm olie! Kan vog verlies hê as gevolg van blase, ook sepsis veroorsaak herstel proses so 3 tot 4 weke.
  3. Derdegraadse brandwonde gaan na die dieper lae van die weefsel en veroorsaak wit of swart verbrande vel ( weefsel nekrose ) wat ʼn dooie gevoel in die vel kan veroorsaak , Komplikasie soos sepsis, vog verlies, en infeksie kan volg.

Wat moet ek doen?

  1. Neem jou kind onmiddellik weg van die bron van die gevaar.
  2. Stel jou kind gerus! Brand wonde kan pynlik wees en jou kind kan bang en geskok wees.
  3. Koel die beseerde deel dadelik af, hou die beseerde deel onder koue lopende water vir solank as wat jou kind kan uithou!! +- 10-20 minute.
  4. Sny klere wat kokende vloeistof of chemikalieë aan het versigtig weg.
  5. Bedek beseerde deel met gaas verband of enige geskikte verband wat beskikbaar is ( Niks wat wollerig is nie.)
  6. Behandel intussen jou kind vir skok.

Baie belangrik:

Moet nooit enige salf of smeermiddel aan ʼn brand wond smeer nie.

Nooit ʼn blaas wat deur ʼn brand veroorsaak is stukkend maak nie.

Moenie pleisters op ʼn brandwond plak nie.

Geen watte of enge wollerigheid aan ʼn brandwond nie dit kan vaskleef.

Wees versigtig om ʼn baba of kleuter nie te lank onder koue water te hou nie dit kan hipotermie veroorsaak.

Hoe om chemiese brandwonde te hanteer

  1. Hou die aangetaste deel so gou as moontlik onder lopende koue water vir +- 10-20 minute om die chemikalieë af te was. Hou jou kind so vas dat die water kan afloop sonder om aan die ander dele van sy vel te raak.
  2. Verwyder die klere versigtig wat besmet is om verdere brandwonde te voorkom.
  3. Behandel dan die brandwonde soos beskryf is.

Stel eerstens vas hoe ernstig die brandwonde is! Hoe groot deel van jou kind se liggaam se oppervlakte is verbrand!? As meer as ʼn tiende van jou kind se liggaam verbrand is kan skok intree min of meer die grootte van sy buik selfs al is dit net ʼn oppervlakkig gebrand sal skok intree!

Elektriese brandwonde

Kontak met elektrisiteit in die huis kan brandwonde veroorsaak en die skok kan bewusteloosheid veroorsaak of selfs jou kind se asemhaling en hartklop laat ophou. Skakel onmiddellik die kragbron af om die kontak te verbreek. En moet glad nie aan jou kind raak voordat die kragbron afgeskakel is nie anders kan jy self ook skok opdoen. Maak gebruik van ʼn besemstok of ʼn plastiekbuis om jou kind se ledemate mee te skuif, en maak seker jou hande is droog en dat jy nie op iets nat of op metaal wat ʼn geleier van krag is staan nie!

Brand wonde wat deur elektrisiteit veroorsaak word mag klein lyk maar hulle is gewoonlik diep. Daar is gewoonlik ʼn brandwond waar die elektrisiteit die liggaam binnegegaan het maar ook waar dit die liggaam verlaat het. Daar is ʼn groot risiko van infeksie, daarom is dit noodsaaklik dat alle elektrisiteit deur ʼn dokter behandel moet word.

Wat moet ek doen?

  1. Verbreek elektriese kontak as dit nie moontlik is om dit af te skakel nie, moet jy iets soek wat nie elektrisiteit gelei nie bv. ʼn besem of ʼn plastiese buis om jou kind se lede maat daarmee weg te stoot.
  2. Maak seker jou hande is droog of wat jy ook al gebruik anders stel jy jou eie lewe ook in gevaar.
  3. Sodra kontak verbreek is moet jy jou kind onmiddellik deeglik ondersoek em maak seker of daar net een brand merk is.
  4. Verkoel brandwond deur dit onder koue lopende water te hou.
  5. Bedek wonde met verbande of wat jy ook al beskikbaar het en neem jou kind dadelik na die naaste ongevalle afdeling.
  6. Behandel jou kind vir skok terwyl jy vir die ambulans te wag of terwyl jy op pad is hospitaal toe.
  7. As jou kind bewusteloos is maar steeds asemhaal plaas hom onmiddellik in die herstel posisie om seker te maak sy lugweg bly oop.
  8. Behandel ook solank brandwonde of ander beserings.

Vergiftiging

Moontlike simptome.
  • Braking en diarree.
  • Brandplekke om die mond as hulle bytsoda in gekry het!
  • Stuiptrekkings sonder klaarblyklike rede.
  • ʼn Lee of oop houer waarin jy weet of daar gif of medisyne in was wat naby jou kind lê.
  • ʼn Giftige plant of bessies in sy hand of naby hom lê as hy bewusteloos is.

Wat moet ek doen ?

  • Vra jou kind dadelik om te wys of se wat hy geëet het, voordat hy sy bewussyn verloor.
  • Hou bietjie van die stof wat jy dink hy gesluk het, bv. ʼn paar blare of bessies of leë bottel of blikkie. As hy pille gesluk het moet jy die houer hou, selfs al is dit leeg, want dit sal help bepaal was se behandeling toe gepas moet word.
  • As jou kind ʼn soort bytmiddel soos bleik, bytsoda (seepsoda) of insekdoder inkry moet jy nooit dat hy probeer braak nie, enige iets wat die ingewande brand, brand weer as dit uitkom. Gee jou kind slukkies koue water of melk wat verligting kan bring aan die brand en kry hom so gou as moontlik by ʼn hospitaal.
  • As jy nie 100% seker is dat jou kind bytsoda ingekry het nie kan jy hom laat braak, deur met jou vinger of die agter kant van ʼn lepel agter in sy keel te kielie.
  • Moet nooit dat jou kind braak as hy bewusteloos is of baie verward is of konvulsies kry nie.

As jou kind bewusteloos is!

  • Kry jou kind so gou as moontlik by die naaste hospitaal se nood gevalle. Pas noodhulp deurentyd toe. Plaas jou kind in die herstel posisie ( bv. effens vorentoe op sy sy met sy een been gebuig boonste arm vorentoe om hom te stut terwyl die ander arm reguit los agter sy rug langs strek om te keer dat hy nie om rol op sy ryg nie.)
  • Hou sy asemhaling dop asook jou kind se bewussynsvlak.
  • As dit nodig sou wees vir mond tot mond asemhaling moet jy versigtig wees dat jy nie van die gif in jou mond kry nie, as dit nodig is druk jou kind se lippe teen mekaar en blaas deur sy neus.

Hipotermie

Hipotermie is ʼn ernstige toestand wat kan ontwikkel as jou kindse liggaams temperatuur laer as 35 C daal. Dit kan noodlottig wees omdat die lewensorgane soos die hart, lewer, longe en ingewand kan vertraag word deur lae liggaams temperatuur of kan ophou funksioneer. Omdat dit nie maklik is om waar te neem nie is dit die moeite werd om ʼn termometer aan te skaf sodat jy liggaamstemperatuur kan meet!! Onthou dat ʼn kind hul liggaams temperatuur maklik kan verloor deur nat klere netso ook as hul in kouewater is!!

Simptome

  • Hewige bibberasie.
  • Baie koue vel, veral die dele wat altyd warm is.
  • Vel kan bleek en selfs blou lyk.
  • Lomerigheid en min energie.
  • Stadige spraak , en verwardheid.
  • Temp. laer as 35c.

Wat om te doen

  • As jou kind nat en buite is hom dadelik met iets droog bedek en neem hom na die naaste skuiling om hom warm en droog aan te trek !!
  • Trek sy nat klere uit sodra hy in ʼn warm vertrek is en trek dan die droë klere aan. Draai hom warm toe naby iemand anders se lyf waar hy hitte kan kry en neem hom so gou as moontlik dr toe.
  • ʼn Ouer kind kan in ʼn bad water gesit word, toets die water net sterk lou warm maar nie te warm dat dit hom brand nie.
  • As jou kind by sy bewussyn is kan jy vir hom warm soet drankies gee om te drink LW nie te warm nie.
  • Neem jou kind se temperatuur elke half uur totdat jou kind se temperatuur normaal is, herhaal verwarms tegnieke tot jy seker is jou kind is buite gevaar is.
  • As jou kind se temperatuur nie wil herstel nie moet jy hom so gou as moontlik na die naaste noodgevalle neem.

Baie belangrik jy moet jou kind geleidelik warm maak. Moet nooit ʼn warmwatersak of ʼn elektriese kombers gebruik nie want dit sal die bloed wegneem na die vel oppervlak weg van die organe sodat meer hitte verlore gaan en dit kan skok veroorsaak.

Veiligheid vir jou kind tuis

  • Selfone en swembaddens! ʼn Swembad weet ons is ʼn groot gevaar maar soveel meer as die ouer op ʼn selfoon praat en jou aandag word afgelei van jou kleuter, in Amerika tans is ʼn ma aangekla vir die dood van haar kleuter omdat sy op ʼn selfoon gepraat het en haar aandag was nie by haar kleuter wat besig was om te verdrink nie!
  • Klein batterytjies!Deesdae werk omtrent alle kleuter speelgoed met hierdie klein ronde plat batterytjies wat omtrent ʼn 10c stuk grootte het! Dit kan uitval of somtyds rond lê in die huis glo my ʼn baba wat kruip of peuter wat dit in die hande kry gaan reguit mondjie toe!! Dit is lewens gevaarlik as hulle dit insluk kan in die onderste gedeelte van die sluk vassteek en daar bly lê daardie suur van die battery vreet die organe van binne af wat al die geval was in so ʼn mate dat dit selfs die aorta geperforeer het, daardie kleuter het begin bloed braak en kon nie gered word nie die bloeding was net te skielik te akuut en hoewel die kleuter in ʼn trauma afdeling was op daardie stadium kon geen resus daardie kleuter se lewe red nie!
  • Kersies op verjaardag koeke verwyder dit sodra die kersie blaas geleentheid afgehandel is as daar ʼn foelie basis onder aan die kersie is kan ʼn kleuter dit ook insluk met dieselfde noodlottige gevolge daardie foelie punt kan ook skerp wees en as jou kleuter dit insluk kan dit ook arterie perforeer. Dit is Lewens gevaarlik!
  • Loopringe wees baie versigtig dit kom met groot risiko’s – dit het wiele so jou peuter /kleuter kan hulself trek teen die meubels en beweeg sodoende kan hul by trappe afval, kan vooroor tip, kan teen warm goed in beweeg bv. stoof, kan deur ander kleuters gestamp word, kan hul vingers iewers in vasknyp.
  • In en om die huis:

    • Moenie plastieksakke in die huis laat rond lê nie, jou baba kan dit oor hul kop trek en versmoor. Of hulle kan daaraan kou en daaraan verstik!!
    • Alle elektriese koorde van enige toestel in jou huis moet buite bereik van jou baba/peuter/kleuter wees. Bv. televisie, selfoon laaiers, lampe en kombuis toestelle bv ketel, strykyster ens….. Lewendige kragdrade is lewens gevaarlik!
    • Wees baie versigtig met babas of kleuters in die kombuis die ergste mate van brandwonde wat kleuters kan opdoen as daar kokende warm kos of tee of sop uit ʼn mikrogolf gehaal word en dit mors of val op jou baba/kleuter hulle veroorsaak dikwels dat mens jou balans verloor!! ʼn Ouma het op ʼn keer tee warm gemaak in ʼn keramiek teepot in die mikrogolf en die teepot het ontplof toe sy dit uithaal en die kleuter het langs haar gestaan!! Erge brandwonde in die gesiggie en op die bolyf kan so opgedoen word!!
    • Hou alle vullisblikke toegeknip en buite jou baba se bereik.
    • Beskerm kragpunte dat jou kind nie hul vingers daarin kan druk nie. Jy kry fop proppe te koop wat net vir beskerming daarin gedruk kan word.
    • Maak seker dat alle trappe en balkonne veiligheids relings op het en dat dit van so veilig is dat jou baba se kop nie daardeur kan druk nie!!
    • Hou jou potplante buite bereik van jou kleuter, sommige potplante kan giftig wees!!! en ook kan hulle dit omgooi of hulself in die proses beseer!!
    • Pasop vir tafeldoeke wat laag hang kan deur jou kleuter vasgegryp word en alles van die tafel mag aftrek en hulself beseer.
    • Enige oefen apparaat is gevaarlik vir enige kleuter, bv. fietse speke, ratte, gewigte mag hul vinger vasknyp of hulle kan dit op hulself omtrek en beseer.
    • Ook enige water bv. ʼn visdam of ʼn emmer met was water hulle verdrink maklik in ʼn klein hoeveelheid water!!
    • Moet ook nooit aanvaar jou kleuters is veilig by iemand as jy nie 100% seker is nie!! Die ergste mate van verdrinking gebeur met kleuters by onbewaakte swembaddens en die ouer is dood gerus die kleuter is by die ma of pa of by die grootouers!!??
    • Wees ook baie versigtig met ʼn swaai buite ook redelik onlangs ʼn kleuter in die hospitaal gewees met ʼn slegte skedelbasis fraktuur omdat die groter boetie/ sussie geswaai het en die kleuter teen die koppie getref het!!
    • Honde! Asb. wees versigtig by ander mense se honde al se daardie mense toemaar hul honde is gewoond aan kinders! LW die honde is gewoond aan hulle eie kinders en honde het ʼn beskermings instink teen hul eie huismense het al ʼn vyf jaar oud dogtertjie opgeneem wat boerboele uit mekaar geskeur het en sy het net na die swaai geloop waar die mense se kleuter was!! Maar die honde wou net daardie kleuter beskerm!

    In die kombuis:

    • Sorg dat laaie en kasdeure knippe aan het sodat jou kleuter dit nie maklik kan oop maak of trek nie.
    • Sorg ook dat dit kleuter buite bereik van die stoof bly sodra daar kos gemaak word ergste mate van brandwonde vind in die kombuis plaas!
    • Potte op die stoof se handvatsels moet na agter wys sodat jou kleuter dit nie perongeluk kan vat en aftrek nie.
    • Stoofknoppe moet beveilig word dat jou kleuter dit nie kan bykom nie.
    • Sorg dat die kombuis kas met skoonmaakmiddels behoorlik kan styf toemaak en was alle leë bottels van skoonmaak produkte, kleuter drink enige iets al is daar net ʼn druppel oor in die bottle!
    • Gifstowwe sowel as paraffien en enige sterk chemikalieë behoort glad nie in die kombuis gebêre te word nie!

    In die badkamer en slaapkamer:

    • Hou medisyne op ʼn veilige plek waar jou baba dit nie kan bykom nie, dit kan baie noodlottig wees as jou baba jou slaap pille of ouma se bloeddruk pille in die hande kry of selfs die baba se koorswerende medisyne strope is vir kleuters somtyds lekker bv. Ponstan /Panado stroop dan drink hulle ʼn groot hoeveelheid daarvan en moet dan opgeneem word in die hospitaal vir parasetamol oordosering.
    • Verwyder seep, sjampoe, skeermesse van die bad se rand af.
    • Sit ʼn rubber tuit oor krane sodat hulle nie kan brand met warm krane nie en of hul kop daarteen stamp nie!
    • Moet nooit jou baba/peuter/kleuter alleen in die bad los nie! Onthou ʼn baba kan verdrink in ʼn klein bietjie water!
    • Maak seker die toiletdeksel seel behoorlik dat hulle nie daarin kan speel nie!
    • Maak seker dat die badkamer deur nie kan sluit met jou kleuter daarin nie en of dit moet van buite oopgesluit kan word!
    • Slaap kamer moet nooit jou kleuter onbewaak op die bed of baba kassie los nie!!Hulle rol in ʼn oogwink agter jou af en kan dan ʼn skedelbassis fraktuur op as hulle op ʼn vloer of teel vloer val! Wat beteken hospitalisasie, x strale , neurologiese observasie vir moontlike brein bloeding.
    • Pas ook op vir los matte in die slaapkamer waaroor jy kan struikel met jou baba in jou hande!! Kan ook noodlottig wees as jy val!

    In die babakamer:

    • Moenie ʼn kussing gebruik vir ʼn baba jonger as ʼn jaar oud nie.
    • Wees versigtig met speelgoed in die baba se wiegie of kot hulle kan daarin verstrengel raak daarin en versmoor.
    • Moenie gasverwarmers of enige ander verwarmer in die kamer gebruik wat gasse vrystel of brand gevaar in hou nie! Ook glad nie naby die bedjie waar jou kleuter dit kan bykom nie!
    • Moet nooit jou baba alleen op die baba kassie los as jy hul doek ruil nie! Hulle rol baie maklik af en hul beenstruktuur is baie sag hulle kan maklik beenbreuke/ frakture opdoen!
    • Weereens wees versigtig met speelgoed wat elektronies werk se batterye wat maklik kan uitval dat jou kleuter dit nie insluk nie! Dit is lewens gevaarlik!

    Pa se motorhuis:

    • Kleuters ken nie gevare nie! Het al ʼn kleuter gehad wat rottegif geëet het, die kleur is rooi en die kleuter het dit as lekkergoed aangesien!
    • Paraffien in ʼn Coke of koeldrank bottel! Hulle sien dit aan as koeldrank en drink dit!! Dit is lewens gevaarlik hulle doen ʼn aspirasie pneumonie op wat beteken daardie chemikalieë tas die longe direk aan!
    • Tuin gereedskap, asook motor gereedskap moet buite bereik van kleuters wees!
    • Die aller belangrikste is dat jy altyd moet seker wees waar is jou baba /peuter of kleuter voordat jy jou motor agteruit trek! Kleuters is vinnig en moet nooit nooit aanneem jou baba is veilig as jy nie 100% seker is nie!

    Motor veiligheid:

    • Daar is nou wette gemaak om kinders te beskerm! Hulle moet te alle tye vas gegordel wees in die motor of in ʼn motorstoeltjie in ʼn bewegende voertuig!
    • Hulle mag glad nie alleen in ʼn voertuig staan of rond klim nie!
    • Jou kleuter mag ook nooit alleen in ʼn motor gelos word sonder toesig nie! Al klim jy net vir ʼn minuut uit by ʼn supermark! Onder geen omstandighede nie!
    • Die motor deure moet gesluit wees as die motor beweeg of die kinderslotte moet spontaan sluit as die motor ry! ʼn Ma het redelik onlangs op kort afstand gery en die agter deur het oop gegaan en haar kind het uitgeval uit die motor teen die randsteen die kind is opgeneem in die hospitaal met ernstige gesigbeserings!
    • Rook totaal verbode in ʼn motor waar kleuters / kinders in is!
    error: Content is protected !!