fbpx
logo

Kraam Prosesse / Prosedures

Die Verskillende Metodes Van Kraam

Normale Kraam / Bevalling/ Verlossing

Dit is waar die baba gebore word deur die geboorte kanaal en verlos word deur die vagina met behulp van ʼn episiotomie of ʼn skeur in die perineum.

Voordele

  • Die Moeder is die sleutel figuur in die proses en sy is deel van die besluitneming gedurende die bevalling.
  • Dit is vir die moeder moontlik om aktief te wees deur die kraam proses.
  • Vinnige herstel na die geboorte.
  • Verlossing kan gedoen word deur ʼn Dr of ʼn Vroedvrou.
  • Moeder voel in bemagtig omdat sy deur die kraam proses is.
  • Om deur die normale kraam proses te gaan gee baie selfbevrediging vir dit wat sy bereik het deur normaal en natuurlik te kon kraam.
  • Die proses verloop met normale pyn sedasie bv. Petidien en ateraks wat binnespiers gespuit word in kombinasie is dit pyn en kalmeer middel wat die moeder lomerig kan maak, die tyd van toediening is egter belangrik dat dit +- 4 ure voor kraam toegedien word en intussen kan ateraks herhaal word maar nie die petidien nie omdat die baba asemhaling- en bewussynsprobleme mag ondervind en te slaperig mag wees as gevolg van die petidien.
  • Beste vir die Moeder en Baba.

Nadele

  • Nie seker oor dag en datum nie.
  • Moontlik in enkele gevalle blaas of rektale probleme later.
  • In geval van Fetale nood / as daar in die proses probleme met die baba is , moet daar ʼn nood keisersnit gedoen word.
  • Tydens die tweede fase van kraam is die pyne / kontraksies baie intens en om die baba uit te druk is fisies en emosioneel harde werk.
  • Deur die kraam proses werk, daar word wel gebruik gemaak van pynstillers wat veilig is vir die baba maar om die moeder te ondersteun.
  • Dit kan Straf wees vir die man om dit te beleef hoe sy vrou in pyn is, maar glo my die liefde en waardering van die ervaring het ʼn leeftyd van herinnering.

Epiduraal

Voordele

  • Bied volkome, salige pynverligting wat soms kraam kan aanhelp- veral as jy in erge pyn was en nie genoeg kon ontspan nie. En baie min daarvan dring die Plasenta binne.
  • Jy is die heeltyd by jou volle bewussyn, jy kan selfs bietjie rus te midde van die bevalling.
  • Met ʼn goeie tydsberekening kan die moeder nog in staat wees om die baba self uit te druk.
  • Die Epiduraal kan vinnig omskakel word in vol epiduraal as ʼn Keisersnit gedoen moet word.
  • Epiduraal kan geneig wees om die bloeddruk te verlaag wat voordelig kan wees vir die moeder met verhoogde bloeddruk.
  • Indien die Kraam proses verleng is bring dit Pyn verligting.
  • Onderdruk nie die baba se asemhaling sentrum nie.
  • Bring pynverligting in ʼn oor gesimuleerde uterus.
  • Kan ook help om ekstra stres op die moeder te verlig in geval van Hartsiektes, Diabetes.

Nadele

  • Kan die moontlikheid van ʼn keiser snit verhoog as die baba fetale nood kry na die toediening van die epiduraal.
  • Kan net in ʼn Hospitaal toegedien word.
  • Jy is nie beweeglik nie omdat dit die onderlyf verlam.
  • Kan onsuksesvol wees.
  • Kan pelvisvloer/spier verslap kan kraam proses verleng.
  • Verhoog dan die risiko’s omdat moeder nie behoorlik kan druk nie vir die gebruik van tange of gebruik van suig apparaat nl. Suig apparaat ( vantuox .)
  • Groter kanse vir episiotomie. Met ander woorde knip van die perineum om die baba te verlos as die moeder nie behoorlik kan druk tydens kraam proses nie.
  • Jeuk gevoel kan voorkom as gevolg van sekere medikasie.
  • Rugpyn kan na die tyd voorkom, asook hoofpyne, naarheid, bewerasie. ( Newe-effekte)
  • Val in bloeddruk kan fetale nood veroorsaak. Moeder en baba se hartsgoed word deurentyd gemonitor.
  • Binneaarse oorgieting (drup) sal voor die tyd op gesit word asook ʼn kateter sal voor die tyd ingesit word.
  • Sommige moeders voel dat hulle nie kon saamwerk met die kraam proses nie en dat hul van die Kraam ervaring beroof is.

Induksie

Induksie van kraam beteken die uterus word gestimuleer deur toediening van medikasie om kontraksies te begin.

Voordele

  • Om verlengde kraam te beëindig waar die moeder oor haar verwagte tyd gaan en nie spontaan in kraam gaan nie.
  • Om fetale nood te voorkom in waar die moeder ʼn mediese toestand het bv. Verhoogte bloeddruk of diabetes waar die swangerskap vroegtydig beëindig moet word om te voorkom dat die baba te groot word.
  • Om infeksie te voorkom waar die vliese ruptuur het en moeder nie spontaan in kraam gaan nie.

Nadele

  • Kontraksies is meer intensief.
  • Verlengde gebruik mag meer bloeding veroorsaak na die bevalling.

Keisersnit

ʼn Keisersnee is die chirurgies snit in jou buik en baarmoeder/uteruswand waardeur die baba uitgehaal word. Dit word gewoonlik rondom 38 weke gedoen maar die Dr verkies om te wag totdat die kraam proses begin voor die snit gedoen word om te verseker die baba is gereed en gesond om gebore te word. Bloedtoetse kan dit bepaal.

Wanneer is 'n keisersnee aangewese?

  • As kraam nie na wense vorder nie.
  • As jou bekken vermoedelik te klein is vir normale geboorte.
  • As jou baarmoeder ʼn abnormale vorm het.
  • As jy hoe bloeddruk het met komplikasies.
  • As jy reeds ʼn vorige Keisersnit gehad het en is bekommerd dat jou baarmoeder kan skeur.
  • Toestande soos pre-eklampsie, diabetes, hart- of nierkwale, herpes op die serviks, chroniese bloeddruk kan veroorsaak dat die baba vroegtydig uit gehaal moet word .
  • Wanneer die baba nie reg lê nie bv. ʼn Stuit/brugposisie.
  • As die Plasenta voor die baarmoedermond lê – nl.Plasenta- previa hang af van die graad van die previa . Plasenta Previa beteken ʼn deel van die Plasenta lê voor die serviks os wat beteken dit versper die opening waardeer die baba gebore moet word!! Jy kry van graad een tot vier wat beteken dat as dit ʼn graad vier is lê die plasenta heeltemal oor die opening en dit kan lewens gevaarlik wees omdat hierdie moeder nie eers in kraam mag gaan nie!! Die baba verlos altyd eerste en die plasenta laaste omdat die naelstring voorsien suurstof aan die baba regdeur die kraam proses maar die plasenta mag nie eerste verlos nie anders is daar gevaar van massiewe bloeding en ons kan die baba verloor!!!
  • As die naelstring uitval. (Naelstring Prolaps)
  • As die baba Fetale nood het.

Voordele

  • Jy weet presies wanneer die baba kom dag en datum. Jy kan al jou reëlings tref en daarvolgens beplan. By gesê as dit nie n noodsnit is nie.
  • As jy epiduraal gehad het kan jy jou baba dadelik vashou en selfs borsvoed.
  • In die meeste gevalle kan die eggenote by wees en selfs foto’s neem.

Nadele

  • Dit is ʼn Groot operasie en wat daarmee gepaard gaan bv. Bloeding en baarmoeder- blaas en wondinfeksie.
  • Die versorging van die baba kan die eerste paar dae ongemaklik wees.
  • Jy het die eerste dag of twee hulp nodig met borsvoeding omdat jy nie gemaklik regop sit nie.
  • As jy narkose gehad het sien jy eers jou baba as jy wakker is.
  • Keisersnitte is beperk die uterus kan ongelukkig nie meer as drie maksimum vier swangerskappe dra nie omdat die uterus kan skeur.
  • Jy mag vir sowat 6 weke na die operasie nie motor bestuur nie.

Keuses Van Verdowing Tydens Keisersnit

  1. Spinale verdowing - Dit is ʼn streekverdowing: jy is dus wakker wanneer jou baba gebore word. Die verdowing tree gou in binne 5 tot 10 minute en gevoel in jou binne tree binne 2 tot 3 ure na die operasie.
  2. Epidurale verdowing - dit is ook ʼn streek verdowing: jy is dus ook wakker as jou baba gebore word . Verdowing neem sowat ʼn halfuur en dit duur vier tot vyf uur voordat lewe na jou bene terugkeer.
  3. Algehele Verdowing – Narkose word meestal tot absolute nood beperk, wanneer daar nie tyd is om te wag vir streek verdowing om in werking te tree nie. Of as die moeder verkies om nie wakker te wees tydens chirurgie nie.
error: Content is protected !!