fbpx
logo

Die Pasgebore Baba

Die diagnose en evalueering van die baba na geboorte

Die Apgar-telling en skaal 

Teken

0 Punte

1 Punt

2 Punte

Harttempo

Afwesig

Minder as 100/min

Meer as 100/min

Asemhaling-Pogings

Geen

Stadig en Onreëlmatig

Goed en Reëlmatig

Spiertonus

Slap

Matige fleksie van die liggaam

Aktiewe bewegings

Refleks-prikkelbaarheid

Geen

Maak gebaar

Hoes of nies

Kleur van liggaam

Bleek of blou

Liggam pienk, ledemate blou

Heeltemal pienk

Interpretasie van die Apgartelling Telling van 7 tot 10 dui aan dat die baba in ʼn goeie toestand is. Telling van 4 tot 6 dui matige respiratoriese onderdrukking aan. Telling van 3 of minder dui ernstige geboorte asemhalings probleme aan.

LW. as ʼn baba se ledemate met geboorte blou is dui dit nie op asemhalings probleme nie maar wel op bloedsirkulasie wat gou herstel na geboorte sodra die baba aktief is!! Die Apgar- telling kan ook in die begin laag wees as gevolg van die pyn sedasie wat die moeder gehad het.

die pasgebore baba

ROETINEVERSORGING by GEBOORTE. Die ondersoek word gewoonlik deur die Pediater of Neonatale Sr of die Verpleegkundige teenwoordig met geboorte van die baba gedoen.

Aanvang van asemhaling. Word bepaal deur die Apgar-telling.

Klemming van die Naelstring. Na geboorte vloei daar steeds fetale bloed vanaf die plasenta na die baba wat die baba se bloed volume kan aanvul met ongeveer 15% gedurende die eerste paar minute na geboorte. By normaal geboortes is dit raadsaam om die naelstring ongeveer 60 sekondes na geboorte te klem. Voorkoming van afkoeling. Omdat die baba nat is nageboorte word die baba in warm chirurgiese doek ontvang en droog gemaak. Draai die baba heeltemal toe in ʼn warm droee handdoek en hou ook die koppie toe om hitte verlies te voorkom.

Borsvoeding. Die liefdesband tussen moeder en baba begin gedurende swangerskap, dit kan bevorder word deur die baba so gou as moontlik te laat drink aan die bors, wat ook fisiologies voordele het want die baba se suigreflekse word onmiddellik bevorder!! en so dan ook die hormoon afskeiding deur die moeder bevorder die sametrekking van die baarmoeder/ uterus wat uitwerping van die plasenta help!! en voorkoming van postpartum bloeding voorkom.

Indentifikasie van die baba. identifikasie vind plaas in die kraam kamer of dan teater met die baba naam of van en die geslag van die baba.

Fisiese ondersoek: Die ouers se eerste vraag is altyd : “ is ons baba normaal???” en die vraag moet so gou as moontlik beantwoord word!! Ongeag van die Apgar-telling word daar ʼn vlugtige ondersoek gedoen om ernstige toestande te kan identifiseer.

Naelstring bloed versameling. Dit is roetine meestal vir bloed groepering en dit is noodsaaklik as die moeder : Rh-negatief is of as haar Rh-status nie bekend is nie.

Baba word oorgeplaas na die babakamer.

Fisiese Afmetings. Bepaal die Massa, Lengte, en Kop omtrek maar voorkom afkoeling van die baba.

Vit K 1mg word ook so gou as moontlik toegedien om bloedings in die baba te voorkom.

Naelstring, Kyk dat die naelstring nie bloei nie, maak skoon met alkohol en stel sover as moontlik bloot dat dit kan uitdroog.

Bad om verniks en bloed te verwyder word nou se dae 24 uur later gedoen om die baba se vel en geborgenheid te beskerm.

Kleding kan aangetrek word sodra die fisiese ondersoek gedoen is en die baba word lekker warm toe gemaak.

Temperatuur van die baba word so warm as moontlik gehou, Voedings die baba word so gou as moontlik na die ondersoek en die prosedures gedoen is gevoed!!

error: Content is protected !!