fbpx
logo

A tot Z van Kindersiektes

RSV – Virus in babas

Dit is ʼn hoogs aansteeklike respiratoriese nood sindroom wat deur ʼn virus veroorsaak word, tas die boonste lugweg aan kom meer algemeen voor by babas en kleuters voor 2 jaar. By die meeste babas en kinders kom dit voor in ʼn verkoue. RSV virus kan lei tot brongiolitis wat inflammasie is van die lugweg en die longe wat lewens bedreigend kan wees. Die risiko’s is soveel groter in prematuur babas, babas en kleuters wat sukkel met hul immuniteit, en soveel meer vir babas en kleuter met aangebore hart abnormaliteite.

Simptome: moeilike asemhaling, hoe koors, dik afskeiding van die neusie, erge hoesbuie, hoes produktief geel groen of grys slym op, ongewoon rusteloos, weier voeding en borsvoeding, tekens van dehidrasie toon, geen nat doeke vir 6 ure, en ʼn droë velletjie. Tydens hoesbuie vertoon jou baba blou om die lippies asook die vingernaels, kry mediese hulp so gou as moontlik. Probeer dit te voorkom deur jou hande te was as jy in kontak was met enige persoon met verkoue, ontsmet alle harde oppervlaktes, laat besoekers hul hande was voor hul jou baba hanteer. Voorkom dat persone met verkoues jou kind soen, wees veral versigtig met dagsorg waar jou kind gelaat word ten opsigte van hantering van kinders met verkoue!!

Wat om te doen:

Maak seker jou kind word geïmmuniseer teen RSV virus maar onthou dit is net voorkomend maar dit is nie behandeling nie!!

Behandeling gewoonlik vir babas gehospitaliseer, kry *Suurstof, * binneaarse voeding, en inhalasie en medisyne om die lugweg oop te hou.

Roseola infantum (Baba masels)

Baba masels word veroorsaak deur die menslik herpes virus en kom gewoonlik voor by babas tussen 6 maande en 2 jaar. Simptome is normaal weg ʼn hoe koors, loopneus en prikkelbaarheid, gewoonlik 5 tot 10 dae na blootstelling aan die virus. Die koors hou gewoonlik tussen 3 tot 5 dae aan en jou kind kry dan ʼn opgehewe pienk opgehewe uitslag op die gesig en bolyf wat een tot twee dae duur. die belangrikste kenmerk van baba masels is dat die uitslag verskyn nadat die Koors verdwyn het.

Wat om te doen:

Daar is geen behandeling vir baba masels nie, teen die tyd dat jy ʼn diagnose het is jou baba reeds op die pad na herstel.

Rumatiekkoors

Dis ʼn ernstige siekte wat hoofsaaklik kinders en jong volwassenes aantas, dit is soos ʼn vertraagde infeksie van die boonste lugweg met ʼn Streptokokkus – bakterie. Dit volg gewoonlik ʼn week of twee na ʼn seer keel en-

Simptome:

*kan insluit koors,

*gewrigspyn ,

*swelling in gewrigte soos die elmboog,

*rooierige ronde vlekke op die vel,

*verlies aan eetlus en moegheid.

*Meer ernstige neweeffek is inflammasie van die hart wat kan lei tot chroniese rumatiese hartsiekte met hartgeruise as gevolg van letsels en inflammasie van die hartkleppe.

Wat om te doen:

Die behandeling hang af van die simptome, maar antibiotika, bed-rus en ʼn reeks anti-inflammatoriese medisyne kan nodig wees. Herstel tyd kan baie lank duur.

error: Content is protected !!