fbpx
logo

A tot Z van Kindersiektes

Urieninfeksie

Urienweginfeksie is algemeen by kinders en kom selfs by pasgebore babas voorkom. Die infeksie kan in die nierbekken ontstaan wat gevaar vir nierskade kan inhou, of net in die blaas of urienbuis. Urienweginfeksies word gewoonlik deur bakterieë van die dermkanaal veroorsaak. Meisies kry makliker infeksies as seuns, moontlik omdat hulle urienbuisies korter en wyer en nader aan die rektum is. Selfs bad olies kan ʼn opstygende urienweginfeksie vir dogtertjies veroorsaak!!

Simptome van urieninfeksie is gereelde en pynlike urinering, ʼn bednatmaak, urine wat sleg ruik, bloed in die urine, rugpyn, en effense maagpyn en erge koors pieke wat met naarheid en braking gepaard kan gaan.

Wat om te doen: Kontak jou dokter as jy infeksie vermoed.

Moet met ʼn antibiotika behandel word.

Gee jou kind baie vloeistowwe om te drink.

error: Content is protected !!