fbpx
logo

A tot Z van Kindersiektes

Voedsel vergiftiging

Is ʼn vorm van gastro-enteritis ( maagdermontsteking) veroorsaak deur besmette kos of water. Bakterieë soos Campylobacter ( in pluimvee) , E. coli (veral in vleisprodukte, maar ook in ongewaste groente) en Shigella is die algemeenste oorsake asook Salmonella van voedselvergiftiging.

Simptome is braking, koors / kouekoors en erge maagkrampe en diarree is hewig met aanvang binne 3 tot 24 uur. As dit besmettekos is stel dit sy eie gifstowwe, bekend as toksiene, vry. Dis gevaarlik vir babas en klein kinders weens die risiko van ontwatering. Herhaalde los stoelgange wat moontlik bloed, etter, of slym kan bevat. Meestal bloed in die stoelgange kan dui op Shigella of Salmonella.

Wat om te doen:

*Voorkomende maatreëls dat jy altyd jou hande was!! en veral nadat jy aan troeteldiere geraak het, voordat jy kos voorberei. Maak seker dat kosprodukte veilig bewaar word nadat dit voorberei is en totdat dit bedien word, om voedselvergiftiging te verhoed moet dit in ʼn yskas bewaar word en as dit opgewarm word moet dit deeglik gedoen word. Hou jou kind se koors dop, kyk of daar enige bloed in die stoelgange is, moenie dat jou kind enige kos verder eet nie, gee kort- kort klein hoeveelhede vloeistowwe, en probeer vasstel wat jou kind geëet het!! En verkry as dit moontlik is so gou as moontlik ʼn stoelgang monster vir ontleding. Raadpleeg jou dokter dadelik of neem jou kind na die naaste ongevalle as die braking en diarree langer as 6 ure aanhou. Voedselvergiftiging kan oor gedra word daarom moet jou kind leer om deeglik hande te was. Jy moet self ook deeglik hande was as jy jou baba se doek geruil het.

Verkoue en griep

Verkoue en griep:

ʼn Verkoue is ʼn virus infeksie van die membrane van die neus en keel. ʼn Verkoue begin dikwels met ʼn jeukerige keel loopneus of ʼn geblokte neus, nies hoes of seer keel, waterige oë en koors. Griep is ʼn virus infeksie van die boonste lugweg. Dit word versprei deur hoes, nies, en deur direkte kontak. Simptome van griep is ʼn koors van meer as 39 C , droë hoes, spierpyne, toe neus, moegheid en swakheid, hoofpyn en soms ʼn seer keel.

Wat om te doen:

Daar is geen genees middel vir verkoue of griep nie, dus behandel jy dit net simptomaties. Gee baie (Liefde), en parasetamol vir koors en pyn, genoeg vloeistowwe en bed rus. Hou jou kind fyn dop vir moontlike komplikasies soos oor infeksie of sinus of ʼn sekondêre infeksie in die bors of longe en neem hom dokter toe as dit gebeur!! In sulke gevalle sal ʼn kind soms gehospitaliseer moet word. Jy kan ʼn baba aromaterapie produk met bloekom of mentol essensiële olies gebruik, om die kongestie te verlig. Smeer ʼn mentol salf aan die bors om ʼn toe neus te verlig.

error: Content is protected !!