fbpx
logo

A tot Z van Kindersiektes

Waterpokkies

Waterpokkies is ʼn aansteeklike kindersiekte wat deur ʼn virus veroorsaak word, dieselfde virus wat gordelroos by volwassenes veroorsaak. Dit word oorgedra deur direkte kontak sowel as druppelbesmetting in die lug as iemand hoes of nies. Dis aansteeklik ʼn dag voor die uitslag verskyn tot die blasies vyf tot sewe dae later opdroog.

Die inkubasie tyd wissel van twee tot drie weke van jy in aanraking was totdat jy self tekens begin toon. Waterpokkies begin gewoonlik met koors en ʼn uitslag oor die lyf wat versprei na die gesig, tot agter die ore, tussen die kophare in en na die arm en bene. Dis eers net klein rooi knoppies wat binne ʼn paar uur kan verander in blasies wat soos waterdruppeltjies lyk en jeuk.

As die blasies stukkend raak, vorm hulle donker rofies wat na tien tot veertien dae losraak.

Wat om te doen:

Hou net jou kind tuis en weg van ander kinders.

Gee parasetamol as daar koors is en kry iets by jou apteker vir die gejeuk.

Hou jou kind se naels kort en skoon ingeval sy die rofies afkrap!!

Winde

Jong babas sluk lug wanneer hulle drink of huil. Dit word dan vasgevang in hul magies. Soos wat hulle ouer word, is babas makliker in staat om die wind vry te laat.

Wat om te doen:

Sorg dat jou baba so min lug as moontlik sluk. As jy borsvoed, maak seker dat jou baba suig reg aan jou tepel dat die hele tepel in jou baba se mond is. As jy bottelvoed, maak seker die speen en gaatjie is die regte grootte. Hou die bottel so vas dat daar altyd melk in die speen is.

Vryf die winde uit na elke voeding en in die middel van ʼn voeding as sy rusteloos en ongemaklik raak. Laat haar met haar magie oor jou knie lê, en of hou haar oor jou skouer vas, of laat sy op jou knie sit met haar ken tussen jou duim en voorvinger. Vryf haar ruggie met ʼn ferm opwaartse beweging. Daar is ook medikasie beskikbaar om jou kind te help om windjies uit te kry.

Bv. Telement druppels kan sommer in die voedings gegooi word wat help dat winde maklik breek!

Wurms

Daar is ʼn aantal wurms wat in die menslike liggaam kan leef. Die algemeenste tipes wat in Suid -Afrika voorkom is die rondewurm, die draadwurm, die sweep wurm en die lintwurm. Wurm besmetting is baie ontstellend, maar nie so ernstig nie.

Simptome:

*Gejeuk om anus, gewoonlik snags, (draadwurm)! Is tussen 2 en 13 cm lank lyk soos ʼn rafel van ʼn kledingstuk.

*Braking en stoelgange met lang dun, wit wurm (rondewurm)! blink wit wurm kan tot 15 cm lank word, hulle kom in die dunderm voor kan koors en diarree veroorsaak.

*Los stoelgange wat bloed bevat ( sweep wurm ) is tussen 2 en 3 cm lank hulle bly in die dikderm en veroorsaak bloeding.

*Kort, plat stukke in die stoelgang (lintwurm) is plat en kan ʼn paar meter lank wees.

*Hewige hoofpyn, braking.

Haakwurm leef in die binneste wand van die dunderm waar dit leef deur bloed te suig.

Akute besmetting kan ernstige anemie veroorsaak.

Wat moet ek eerste doen:

Kyk as jou kind braak en een of twee wurms uitpasseer of hy koors het en of tekens van infeksie.

Wurm in stoelgange dui gewoonlik op toevallige besmetting.

As jou kind aan sy anus krap, moet sy kamer en beddegoed ontsmet word.

As daar bloed in die stoelgange is, kry ʼn monster in ʼn botteltjie met ʼn skroef prop en laat dit ontleed.

Raadpleeg jou dokter so gou as moontlik as jy vermoed jou kind het wurmbesmetting die behandeling is gewoonlik maklik en baie doeltreffend.

Sodra die wurms geïdentifiseer is sal die toepaslike middel voorgeskryf word. Die middel kan vir 3 tot 6 dae gevat word.

Voorkoming is beter as behandeling:

Probeer verhoed dat jou kind in grond of water speel wat met ontlasting of riool besmet kan wees.

Sorg dat die hele gesin behandeling kry as jou kind met draadwurm besmet is.

Sorg dat bees en varkvleis van ʼn erkende slagpale / slaghuis kom wat jy koop vir jou gesin.

error: Content is protected !!