Borsvoeding
Algemene wenke en riglyne
Na die geboorte moedig borsvoeding die baarmoeder aan om saam te trek en so vinnig as moontlik na sy normale grootte terug te keer. Verskeie studies wys dat vrouens wat hul babas geborsvoed het, se kanse op borskanker en osteoporose aansienlik laer is.
Die moeder moet gemaklik wees as sy borsvoed, as jy ʼn keisersnit gehad het is dit waarskynlik makliker om op jou sy te lê. In ʼn sittende posisie kan jy ʼn kussing gebruik wat op jou naeltjie rus om die pyn van jou wond te verlig.
Seer en geswelde borste kan verligting vind meestal nou se dae met ys pakke of ligte wat hitte verskaf. Masseer met lanolien wat die knoppe sag sal maak en ook die tepels sal sag maak en sag hou. Maak borste elke keer voor voeding skoon en melk vol borste effens uit dat die tepel ten minste sagter is sodat baba met gemak kan latch.
Gebarste tepels is egter baie pynlik kan ook baie demotiverend wees vir ʼn moeder wat graag wil bors voed maar wat se tepels so seer is. Die rede hiervoor kan wees dat die baba net aan die tepel suig en dat hy/sy nie die bors diep genoeg in die mondjie vat tydens latch nie!! onthou die hele tepel sowel as die areola (donker kring om tepel) moet in die mondjiewees!! Latch is baie belangrik tydens borsvoeding as jy sukkel kry ʼn borsvoeding konsultant om te help as jy reeds tuis is andersins in die hospitaal kan die verpleeg personeel help!! Vra soveel as moontlik tydens hospitalisasie onthou dit is nooit dom vrae nie almal het al ʼn eerste baba gehad met die volgende baba gaan dit al beter dan is ʼn mens nie meer so onervare nie!
Wenke: Ruil bors pads gereeld, en melk uit tussen voedings en borsvoed net alternatiewe voedings en gee voedings tussenin per bottel of aangewese roete van moeder se keuse totdat die borste beter voel!! Kry by jou apteek tepelroom en behandel tepels daarmee voor en na elke voeding!! Neem pynstller as nodig.
1. Ons poog om die baba so gou as moontlik aan die bors te sit vir die eerste voeding.
2. Die eerste 24 uur is die mamma seer en ongemaklik, en verpleeg personeel help met latching en posisies.
3. Voed die baba op aanvraag – twee tot vier uurliks. Ons probeer ten minste die baba elke drie ure te laat voed.
4. Ons toets die baba se bloedglukose gereeld en kyk of die baba voldoende inkry.
5. Aanduidings van hoe lank :
Baie belangrik hou by voorgestelde tye wat gebarste tepels kan voorkom die tepels moet ook eers geleidelik gewoond raak aan die sterk suig krag tydens borsvoeding!!!
6.Hoe lyk ʼn baba wat versadig is??
7. Kolostrum in die eerste drie dae is voldoende om die baba se honger en dors te stil,
8. Die moeder se melk kom gewoonlik teen die einde van die derde dag in.
9. U borste raak voller en stywer en soms sukkel die baba om te latch aan die voller bors.
10. Vir vol en seer borste neem gereeld pynstillers,
11. U sal verskillende raad kry maar luister na die persoon wat met u werk en tuis kry een mentor (moeder) wat u met raad en daad bystaan!! Baie mense het verskillende raad maar dit kan baie misleidend wees want wat vir ʼn ander persoon gewerk het werk nie altyd noodwendig vir jou nie!!
12. Baba tel gemiddeld 120-300gm per week op.
Baba se voedings behoefte soos wat baba groei word die liggaams gewig aangepas met die volgende formule:
150ml per kg /verdeel in aantal voedings in 24 uur. 3uurlikse= 8/24 uur. 4uurliksevoedings = 6/24 uur
Bv. 150ml x 3.4kg =510
Verdeel dan voedings in 24 uur::
x6/24uur= 4uurlikse voedings = 85ml per voeding elke 4ure of x8/24uur= 3 uurlikse voedings = 64ml elke 3ure.
Eet gereeld en genoeg vloeistof. Pas aan, veral aan die begin met vol en seer borste.
Vermy kos wat gas veroorsaak bv. Kool, Broccoli, uie ens. Dit gee vir die baba krampe.
Vermy Sjokolade , te veel koffie, of enige vloeistof wat kafeïen bevat veroorsaak ook krampe vir die baba.
Vermy oormaat suur vrugte en sappe bv. Tamatie lemoene, pynappels, ens. – kan diarree vir die baba veroorsaak asook brandboudjies.
Vermy gaskoeldranke, alkohol, nikotien, en enige purgeer middels.
1. Krampe en Winde by baba:
Krampe
Winde.
Hoe vryf ek winde uit?
2. Tempratuur:
1. Baba moet warm gehou word hy/sy kan nie hulself nie warm hou nie.
2. Baba is gewoond aan ʼn klein spasie om hul lekker styf en knus toe te draai laat hul geborge (veilig) voel.
3. Hul slaap ook beter as hul warm kry.
4. Baba sal sweet op voorkoppie as hul te warm kry.
3. Stoelgange:
Borsbaba:
Bottel baba:
4. Veluitslag:
Geelsug: ( Billirubien)
5. Slaappatroon:
6. Dummie:
7. Huil:
8.Inentings: NB
Designed by LinkDirect Marketing(Pty)Ltd