fbpx

[et_pb_section admin_label=”section” fullwidth=”on” specialty=”off” background_color=”#2ea3f2″ inner_shadow=”on” parallax=”off”][et_pb_fullwidth_header admin_label=”Fullwidth Header” title=”Wat is ‘n virus / bakterie?” background_layout=”dark” text_orientation=”left” header_fullscreen=”off” header_scroll_down=”off” parallax=”off” parallax_method=”off” content_orientation=”center” image_orientation=”center” title_font=”|on|on||” subhead_font=”|on|on||” custom_button_one=”off” button_one_letter_spacing=”0″ button_one_use_icon=”default” button_one_icon_placement=”right” button_one_on_hover=”on” button_one_letter_spacing_hover=”0″ custom_button_two=”off” button_two_letter_spacing=”0″ button_two_use_icon=”default” button_two_icon_placement=”right” button_two_on_hover=”on” button_two_letter_spacing_hover=”0″] [/et_pb_fullwidth_header][/et_pb_section][et_pb_section admin_label=”Section” fullwidth=”off” specialty=”off” background_image=”http://www.sransmaenbaba.co.za/wp-content/uploads/2016/03/sransmababa-min.png” transparent_background=”off” allow_player_pause=”off” inner_shadow=”off” parallax=”on” parallax_method=”off” padding_mobile=”off” make_fullwidth=”off” use_custom_width=”off” width_unit=”on” make_equal=”off” use_custom_gutter=”off”][et_pb_row admin_label=”Row” make_fullwidth=”off” use_custom_width=”off” width_unit=”on” use_custom_gutter=”off” padding_mobile=”off” allow_player_pause=”off” parallax=”off” parallax_method=”off” make_equal=”off” column_padding_mobile=”on”][et_pb_column type=”4_4″][et_pb_text admin_label=”Text” background_layout=”light” text_orientation=”left” use_border_color=”off” border_color=”#ffffff” border_style=”solid”]

Eerstens wat is ʼn Virus:

Virusse is oral rond maar solank dit nie in die menslik liggaam inkom nie is dit skadeloos maar kan dodelik wees sodra dit die menslik liggaam bereik. ʼn Virale infeksie het tekens en simptome soos griep en verkoue, hierdie virale infeksie behandel jy meestal net die tekens en simptome dit het ʼn tydsduur en gaan weer self weg.

Tweedens wat is ʼn bakterie:

Dit bestaan uit miljoene klein mikrobes wat deur middel van besmette kosse of water of wond besering die liggaam binne dring met baie slegte newe effekte. Die liggaam se reaksie mag reageer onmiddellik in verhoogde koors, diarree, braking ens. Moet meestal met ʼn antibiotika behandel word, besoek dan jou huis dokter.

[/et_pb_text][/et_pb_column][/et_pb_row][/et_pb_section][et_pb_section admin_label=”section” fullwidth=”on” specialty=”off” background_color=”#2ea3f2″ inner_shadow=”on” parallax=”off”][et_pb_fullwidth_header admin_label=”Fullwidth Header” title=”Toedien van medikasie” background_layout=”dark” text_orientation=”left” header_fullscreen=”off” header_scroll_down=”off” parallax=”off” parallax_method=”off” content_orientation=”center” image_orientation=”center” title_font=”|on|on||” subhead_font=”|on|on||” custom_button_one=”off” button_one_letter_spacing=”0″ button_one_use_icon=”default” button_one_icon_placement=”right” button_one_on_hover=”on” button_one_letter_spacing_hover=”0″ custom_button_two=”off” button_two_letter_spacing=”0″ button_two_use_icon=”default” button_two_icon_placement=”right” button_two_on_hover=”on” button_two_letter_spacing_hover=”0″] [/et_pb_fullwidth_header][/et_pb_section][et_pb_section admin_label=”Section” fullwidth=”off” specialty=”off” background_image=”http://www.sransmaenbaba.co.za/wp-content/uploads/2016/03/sransmababa-min.png” transparent_background=”off” allow_player_pause=”off” inner_shadow=”off” parallax=”on” parallax_method=”off” padding_mobile=”off” make_fullwidth=”off” use_custom_width=”off” width_unit=”on” make_equal=”off” use_custom_gutter=”off”][et_pb_row admin_label=”Row” make_fullwidth=”off” use_custom_width=”off” width_unit=”on” use_custom_gutter=”off” padding_mobile=”off” allow_player_pause=”off” parallax=”off” parallax_method=”off” make_equal=”off” column_padding_mobile=”on”][et_pb_column type=”4_4″][et_pb_text admin_label=”Text” background_layout=”light” text_orientation=”left” use_border_color=”off” border_color=”#ffffff” border_style=”solid”]

A) Medisyne gee.

(Manewales) Dis soms nogal ʼn stryd om medisyne in daardie klein lyfies te kry. Hier is ʼn paar blits gidse om medisyne doeltreffend in te kry! Onthou die sukses van enige behandeling is dat jou baba/ kleuter / of Kind die volle dosis per mond moet inkry om die herstel proses te versnel! Somtyds sal ʼn ma vir jou se haar kleuter het al 3 kursusse antibiotika gekry maar dit het nie gehelp nie daarom word haar kind nou gehospitaliseer vir behandeling omdat sy gesondheid verswak het, maar in dieselfde asem se sy vir jou as jy die medisyne vir hom inkry is jy goed? Wat beteken hy het nie die vorige dosisse behoorlik ingekry nie?

Strope: 1)

Met ʼn inspuiting:

Hierdie metode gee vir jou maksimum beheer. Jy trek die korrekte hoeveelheid op (sonder ʼn naald natuurlik) Hou die spuit tussen jou baba/kleuter se tandvleise of tande en in die wang sodat hulle nie die medisyne kan proe en uitspoeg nie, spuit dit stadig in die mond verkieslik moet jou baba/kleuter half in ʼn lê posisie in jou arms wees sodat jy beheer kan hê oor hul arms en dat hulle nie rond kan rol of skop nie glo my hulle kan spook as hulle nie wil saamwerk nie maar dit is belangrik dat jy in beheer bly van die proses. Jy kan ook die armpies liggies met ʼn kombersie toedraai. So gee jy dan die medisyne totdat die spuit leeg is, stadig maar seker!! Onthou die spreek woord se “ You have to be cruel to be kind!!

2) In jou baba se bottel se speen:

Draai die ring en speen af trek die korrekte hoeveelheid in ʼn spuit op en laat jou baba stadig suig aan die speen en spuit die stroop versigtig van agter af in die speen terwyl jou baba daaraan suig!!

3)Medisynedrupper:

Trek die medisyne op in die drupper en hou jou baba op jou skoot met haar koppie effens agteroor sodat die medisyne vanself na agter in haar keel kan vloei. Druk die drupper aan die kant van die mond teen die wang en drup die medisyne in haar mond.

4)Teelepel:

Teelepels is nie ʼn goeie keuse vir babas nie, maar werk gewoonlik beter by die groter kinders. Maak net seker jy gebruik ʼn regte medisyne lepel met die regte afmetings en nie ʼn kombuistee lepel nie wat nie noodwendig die regte volume bevat nie. Die ideaal is die holsteel-lepels waar jy die medisyne in die steel afmeet en net vorentoe laat vloei sodra jou kind dit moet drink.

B) Setpille:

Setpille is pynloos, en maklik om toe te dien, en dit werk baie vinnig. Dis veral ʼn goeie en maklike metode as jou kind braak, slaap of weier om medisyne te drink. Was jou hande en laat jou kind of baba op haar rug lê en of op haar sy, lig die een been en passeer die setpil sagkens met skerp punt eerste in die anus in moet dit nooit in forseer nie en hou jou kind se beentjies vir ʼn minuut teen mekaar om te verhoed dat hulle dit dadelik weer uitdruk. Smeer altyd bietjie KY jellie of vaseline aan die setpil sodat dit maklik inglip. Onthou jou kind mag dalk stoelgang direk daarna passeer maak seker dat die setpil nie uitkom nie, anders sit dadelik weer een in. As die setpil ʼn rukkie in was word dit vinnig deur die slymvliese geabsorbeer en kan reeds begin reageer daarop, verkieslik dan nie weer een herhaal nie pasop vir oordosseer.

C) Oordruppels:

Laat jou kind op die rug lê en draai die kop weg van die seer oor af trek die oorskulp liggies en neem die oordrupper in die ander hand en jy kan ook as dit nodig is met jou elmboog liggies op die kop en arms stut om beweging te voorkom. Laat jou kind vir ʼn rukkie so lê en druk liggies op die voorkant van die oor dat die druppels afwaarts kan druk.

Wenk: hou die botteltjie vir ʼn paar minute in jou hande om dit warm te maak dat dit nie so koud is nie. Beskerm die punt van die botteltjie dat dit nie aan die oor raak nie om te voorkom dat dit nie besmet word nie!!

D) Oogdruppels:

Was jou hande deeglik hou jou kind se kop effens agteroor. Trek die onderste ooglid met jou voorvinger en jou duim weg sodat daar ʼn opening is waarin jy die druppels kan drup. Probeer dat hulle nie die oog knip nie hou die oog toe en na die druppels, oefen saggies druk op die brug van die neus vir ʼn minuut of twee dat sal die medisyne langer in die oog bly.

Oogsalf: salf doen dieselfde as vir die oogdruppels maar in plaas van om op die neus brug te druk probeer dat jou kind die oog rond rol. Gebruik ʼn snesie om die ekstra salf mee skoon te maak.

Wenk: As jy druppels en salf moet toedien wag eers ʼn paar minute tussen in.

E) Neusdruppels:

Was jou hande. Laat jou kind haar neus sagkens blaas. Vul die drupper met die medisyne en laat sy met haar kop agteroor buig. Druk die drupper sowat 5mm in die neus en drup die voorgeskrewe hoeveelheid druppels in laat so vir 2 minute sit en herhaal dan met die ander neusgat. Neus sproei word op dieselfde manier gegee en laat sy dit snuif en daarna deur haar mond asemhaal vir die oomblik totdat sy gemaklik voel.

F) Kapsules of Tablette:

klein kindertjies kan nie kapsules sluk nie en die inhoud van die kapsule is gewoonlik sleg. Bespreek dit met jou dokter en apteker. Wenk: Tablette kan fyn gemaak word en inhoud van ʼn kapsule kan gemeng word met bietjie joghurt.

Baie belangrike wenke!

1) Sekere medikasie moet in die yskas gebêre word!

2) Maak seker van die korrekte dosis soos voorgeskryf.

3) Skud altyd ʼn bottel met aangemaakte antibiotika voor gebruik.

4) Die kursus moet voltooi word! dit is gevaarlik om ʼn dosis net halfpad te gebruik jou kind kan ʼn weerstandigheid teen antibiotika opbou!

Wanneer om die dokter te raadpleeg?

As jou kind siek is? As jou kind nie siek voel of lyk nie ( al hoes of loop sy neus) is hy meestal nie regtig siek genoeg vir ʼn dokters besoek nie. Maar as jou aktiewe kind lusteloos is met glaserige oë en as hy oor die algemeen abnormaal optree, kontak jou dokter. As jy van die volgende simptome opmerk, sien jou dokter so gou as moontlik!

1 ) Koors, of enige koors by ʼn baba jonger as 3 maande.

2 ) Kouekoors wat jou kind laat bewe.

3 ) As jou kind sukkel om asem te haal, sy borsie fluit wanneer hy asemhaal.

4 ) Jou kind sy bewussyn verloor!! Dadelik na die naaste trouma afdeling of Hospitaal.

5 ) Jou kind besonder slaperig of passief is.

6 ) Jou kind lusteloos en prikkelbaar is.

7 ) Ongewone opgewondenheid of ʼn histeriese huil.

8 ) Skielike swakheid of lamheid van enige deel van die liggaam.

9 ) Stuipe of onbeheerbare bewerigheid in ʼn arm of been.

10 ) Erge kopseer.

11 ) Pyn, swaarheid of verstopping rondom die neus, oë en swaarheid in voorkop.

12) Neus vloeistowwe wat gekleurd is, sleg ruik of bloederig is.

13 ) Skielike gehoor verlies, oorpyn of vloeistof afskeiding uit die oor.

14 ) Skielike verswakte sig.

15 ) Oe wat rooi, geswel en waterig is, met of sonder dowwe visie.

16 ) Erge of lang rukke met diarree, braking of erge buikpyn, of as die diarree bloed bevat.

17 ) Tekens van ontwatering soos droë lippe en tong, ʼn bleek , droë vel; of aktiwiteite soos urinering wat afneem.

[/et_pb_text][/et_pb_column][/et_pb_row][/et_pb_section]

error: Content is protected !!