fbpx
logo


1 tot 2 Jarige Peuter

Daar lê en opwindende jaar vol groot mylpale en ontwikkeling voor. Jou peuter is nou ʼn selfstandig mensie wat baie dinge self wil doen. Dit beteken dat hulle meer beweegruimte nodig het maar ongeag van die onafhanklikheid bly hul steeds ook maar nog net baba en wil nog steeds liefde en aanraking hê.

Grootmotoriese ontwikkeling.

  • Seker een van die grootste en belangrikste mylpaal wat jou kleinding in hierdie jaar gaan baas raak is om te begin loop!!
  • Kinders kan enige tyd tussen 9 en 18 maande begin loop. Loop maak vir jou peuter ʼn ander wêreld oop, hul sien dinge van ʼn nuwe hoogte af en elke dag is ʼn groter avontuur as die vorige dag!!
  • Aanvanklik sal jou kleinding dalk verkies om jou hand vas te hou terwyl hul begin loop. Maar op ʼn dag sal daardie eerste treetjies heeltemal op hul eie kom. Die stappie sal maar taamlik na ʼn dronk mens sin lyk omdat hul tree redelik onvas, hoog, onreëlmatig en dikwels onseker is, en hul val ook nog maklik.
  • Maar soos wat hul ouer word, loop hul al meer met selfvertroue en teen 2 jaar oud behoort hul te kan hardloop, agteruit te kan loop, trappe te kan klim (met albei voete op een trappie) en sal minder val. Hul sal dalk nog nie hul spoed lekker kan beheer nie en sal sukkel om 0m hoeke te hardloop.
  • Jou peuter sal op 2 met gemak kan buk, voorwerpe optel en of op hul hurke te gaan sit.
  • Rondom 2 ½ jr. sal jou peuter met albei voete van die grond af kan spring. Hul sal ook op hul tone kan loop.
  • Hulle sal allerhande voorwerpe kan gooi en gaan haal.
  • Hulle probeer ook hierdie tyd om van effense hoogtes af te spring, aan goed te hang, te rol, te galop, en rof te speel.
  • Hul behoort ook nou in ʼn sit-en-ry speelding goed baas te raak.

Jou peuter is by die tyd al meer beweeglik en behoort teen 3 jaar al die meeste grootspier vaardighede te kan baasraak!!

Fynmotoriese ontwikkeling.

  • Jou peuter kry elke dag meer en beter beheer oor hul fyn spiertjies van hul vingers, hande en gewrigte.
  • Hoe meer hierdie spiertjies oefen, hoe beter ontwikkel hul brein.
  • Teen 1 jaar oud sal jou kleinding hulself al beter kan begin voer sonder om te veel te mors. En kan hul handjies teen hierdie tyd maklik draai. Hul geniet om iets te gooi.
  • Kan al strepe trek met ʼn potlood, en kan al ʼn toring bou met twee blokkies.
  • Op 15 maande kan hul al uit ʼn koppie drink sonder om te veel te mors. Eet al gemaklik met ʼn lepel sonder om te veel te mors, kan ʼn bladsy van ʼn boek probeer omblaai en probeer om self hul klere uittrek.
  • Op 18 maande kan sy so twee tot drie blaaie op ʼn slag omblaai. Hulle is gefassineerd deur ritssluiters. Eet en drink al gemaklik sonder om te mors.
  • Hulle geniet op hierdie ouderdom vingerverf.
  • Op 2 jaar kan hul bladsy vir bladsy omblaai. Hulle kan deure oopmaak sonder hulp, los deksels afskroef en ʼn toring van vier blokkies bou.
  • Teen 2 ½ jaar sal jou kind al goeie hand en vinger koördinasie hê. Hulle kan al krale ryg, ʼn knoop in ʼn groterige knoopsgat los en vasmaak. Sekere klere self kan uittrek soos ʼn broek, ʼn frokkie of ʼn bloesie of hempie.
  • Hulle kan al ʼn redelik herkenbare tekening maak en ʼn toring bou van sowat sewe blokkies.

Taalontwikkeling.

  • Jou kind het reeds van geboorte af begin om ʼn “databasis” van taal in hul beentjie op te bou en sal waarskynlik teen hul eerste verjaardag reeds so paar verstaanbare woordjies kan praat, gewoonlik van iemand naby aan hulle en voorwerpe of aksies soos “tata” of Mamma” hoewel hul baie meer woorde verstaan.
  • Van 1 jaar af sal jou peuter se woordeskat met rasse skrede verbeter en uitbrei. Hul begryp eenvoudige vrae en kan ook prentjies herken as jy hulle benoem.
  • Teen 15 maande sal sekere dele van hul liggaam kan uitwys as jy dit benoem, diere en ander geluide kan namaak en eenvoudige opdraggie verstaan en uitvoer.
  • Teen 18 tot 20 maande sal jou kleinding ʼn woordeskat van so 20 tot 50 woorde hê, en kort hierna begin hul taal vinnig uitbrei/ontplof!!
  • Hulle kan nou begin vra vir dinge bv. kos, speelgoed of iets te drinke. Hulle begin al meer ingewikkelde versoeke verstaan en tussen 18maande en 2 jaar begin hul al twee woord sinne praat.

Teen 2 jaar het hul al ʼn taamlike groot woordeskat en kan hul al kenmerke van voorwerpe beskryf. Onthou kinders verskil party kinders begin eers teen 18 maande oud praat, maar dan praat hul sommer vol sinne met die wegspring!!!

Tussen die ouderdom van 2 en 3 jaar sal jou kind se woordeskat vir praat vermeerder tot sowat 300 woorde. Hoewel hul al +- 900 woorde kan verstaan. Kort na hul 2e verjaardag sal hul begin om drie woord sinne te maak en sal hul begin om eenvoudige wysies te sing. Hul sal ook begin om na hulself te verwys of hul naam self te gebruik.

Jou peuter kan ook nou begin om te speel met toonhoogtes en volume – wat kan veroorsaak dat hul dikwels skree of fluister in totaal onvanpaste situasies!! Hul begin ook nou die basiese taalreëls verstaan en kan al begin om eenvoudige “wie” en “waar” vragies te vra of te antwoord.

Sosiale en emosionele ontwikkeling.

  • Tussen 12 en 15 maande oud is jou peuter gewoonlik baie geheg aan ma en pa, hul kan nog bietjie skeidingsangs ervaar wat tussen 15 tot 18 maande waarskynlik ʼn hoogte punt kan bereik en daarna geleidelik afneem.
  • Teen sowat 18 maande sal jou kind al hoe meer bewus raak van hulself. Een van die tekens van hierdie toenemende bewustheid is die gebruik van woorde soos “ek” en “myne”. Daarmee saam kom die kwessie oor eienaarskap en deel. Jou peuter kan nog nie regtig deel nie en sal byna alles eie as “myne”. Hulle kan ook in hierdie stadium op alle manier probeer om jou aandag te trek – ook deur negatiewe gedrag.
  • Jou kind begin tussen 12 en 18 maande vir die eerste keer meer beheer oor hul optrede ontwikkel. Dis ʼn groot mylpaal, want dit is nog regtig moeilik vir hulle om hul gedrag te beheer soos om nie ʼn maatjie te byt wanneer hul eintlik wil. Maar teen so 18 maande oud sal sy taamlik sosiaal aanvaarbare gedrag toon. Hul kan al beter saam met ander maatjies speel.
  • Jou peuter begin al verstaan wat “nee” beteken, maar sukkel soms om daarop te reageer, veral as hul moeg of honger is. Wees maar voorbereid op ʼn bietjie teenkanting.
  • Hierdie vase kan nog vir jou peuter baie frustrasie inhou omdat hul nog nie die nodige taalvaardighede het om hul emosies, behoeftes, vrese, en gevoelens uit te druk nie.
  • Jou peuter sal nou sosiale byeenkomste al meer geniet. Hul kan gesprekke volg en een of twee woorde van betekenis se. Hul probeer graag help en hou ook graag jou hand vas.
  • Teen 15 maande oud sal hul baie liefde betoon aan lede van die gesin, troeteldiere, en speelgoed. Hul stel meer belang in volwassenes en boots hul graag na.
  • Hierdie fases speel hul graag in ʼn groep maar met hulself.
  • Jou tweejarige kind kan dit dalk moeilik vind om met ander te deel en sal met hul wedywer. Hul sal hul aan ander wil probeer opdring. Hul soek volwassenes se goedkeuring, maar kan dalk in woede uitbars as hul teenkanting kry.
  • Jou kind se persoonlikheid kom nou sterk na vore en hul ontwikkel ʼn sterker bewuswording van wie hulle is.

Verstandelike ontwikkeling.

  • Teen 12 maande het die deel van jou kind se brein wat geheue bepaal, genoeg ontwikkel dat hul optredes en gebeure van ʼn paar uur of selfs ʼn dag vroeër kan onthou. Van nou tot op 18 maande word hierdie vermoë al beter gevestig.
  • Dit beteken dat jou peuter nou kan begin leer uit wat hul ander sien doen. Jou kind sal dalk nie jou optredes onmiddellik herhaal nie, maar wel later doen.
  • Jou peuter hou baie van herhaling, want dit versterk die verbindings in hul brein wat dit uiteindelik makliker maak om iets te doen of te onthou.
  • Hul begin ook so teen 12 maande oud op meer ingewikkelde maniere dink. Hul bestee ook meer tyd aan voorwerpe om dit as gereedskap te gebruik, soos om n stok te gebruik om n speelding nader te trek, hulle begin ook met voorwerpe te eksperimenteer om te sien wat hulle kan doen.
  • In hierdie fase gebeur daar wonderlike ding in jou kind se brein wat hulle toelaat om meer gekoördineerd te beweeg, hul serebellum ( kleinbrein) raak meer volwasse wat help met tydsberekening, meer verbindings vorm in die serebrale konteks, wat hul ʼn beter begrip van taal gee en assosiasies word gevorm in hul breinlobbe, wat hul verbeeldingskrag aanhelp.
  • So op 15 maande ken jou kleinding al sekere dele van hul liggaam, sommige voorwerpe in ʼn boek, hul kan dieregeluide namaak en hul sal hul klere self probeer uitrek as hul gevra word om dit te doen. Hul kan ook al eenvoudige dinge gaan haal.
  • Teen 18 maande kan jou kind ʼn paar dinge op ʼn bladsy herken en hulle uitwys as jy hul name se. Hul kan al ʼn paar huistakies verrig soos om om die tafel skoon te vee en sal gedurig jou optrede naboots. Hul kan ʼn versoek uitvoer wat van haar verwag word om ʼn bietjie te onthou.
  • Rondom 21 maande sal jou kind al kan vra as hul iets wil hê. Hul kan ʼn heel paar maklike opdragte uitvoer en begin al meer ingewikkelde opdragte verstaan, soos “gaan haal jou beker in die kombuis”.
  • Teen 2 jaar oud kan hul ingewikkelde opdragte uitvoer en ʼn voorwerp vind waarmee hul vroeër gespeel het.
  • Jou tweejarige kleinding toon al hoe meer belangstelling in die eienskappe van voorwerpe, en kan al ʼn groep eenderse voorwerpe bymekaar pas. Hulle kan speel met patrone, volgorde en verskillende groottes hul ontwikkel hul eerste taal vaardighede, raak ook al hoe mee kreatief in terme van teken, konstruksiespel en klei speel, hoewel die proses steeds meer belangrik is as die finale produk. Hul kan al begin om probleme self in hul kop op te los, en teen 3 jaar het hulle al ʼn goeie geheue.

Wat kan ek doen om te help?

  • Gee hul ʼn veilige omgewing waarin hul soveel as moontlik kan rondbeweeg en ontdek.
  • Praat soveel as moontlik met hulle beskryf wat jy doen en waarom en luister na wat hul te se het. Reageer op hul kommunikasie.
  • Gaan stap gereeld met hulle en ondersoek alles wat interessant lyk.
  • Stel hulle bloot aan ʼn verskeidenheid omstandighede en omgewings.
  • Herhaal rympies, liedjies, aktiwiteite, en lees dieselfde boekies weer en weer solank hul dit geniet.
  • Gee jou kind die geleentheid om met ander kinders te speel, maar moenie verwag dat hul sal deel nie, maar stel hul bekend aan beurte maak.
  • Vestig goeie daaglikse roetines. Na 2 tot 2 1/2 jaar kan mens hul geleidelik begin blootstel aan “ pottytraining

Wanneer om hulp in te roep

Onthou elke kind ontwikkel teen hul eie pas, maar as jou kind n par aktiwiteite nie kan doen wat by hul ouderdomsgroep pas nie, is dit wys om professionele hulp in te roep.

Op 12 maande:

Trek jou kind haarself in ʼn staande posisie op? Kruip sy op hande en knieë? Drink sy uit ʼn bekertjie? Geniet hul speletjies soos “Waar’s sy daar’s sy” waai hul totsiens? Kan hul speelgoed in ʼn houer sit? Se hulle al een of twee woorde, en kan hulle al met meubels langs rondloop?

Op 18 maande:

Hou jou kind daarvan om dinge te stoot, te trek en te gooi? Kan hul eenvoudige opdragte uitvoer? Kan hul al hul eie skoene en kouse uit trek? Hou Hul daarvan om na prentjies te kyk? Kan hul al self bietjie eet? Kan hul sowat agt tot tien woordjies se? Kan hul sonder hulp loop? Kan hul van lae voorwerpe afklim en hul balans behou? Kan sy twee tot drie blokkies op mekaar stapel? Kan hul al twee tot drie bladsye op ʼn slag blaai?

Op 2 jaar:

Kan jou kind al twee tot drie woorde se? Kan hul al die name van speelgoed noem? Herken hul prentjies? Kan hulself met ʼn lepel eet? Kan hul alleen en onafhanklik speel? Kan hul een bladsy op ʼn slag blaai? Hou hul daarvan om jou na te boots? Kan hul al liggaamsdele uitwys soos hul hare, oë, neus en ore? Kan hul al n toring van ses blokkies bou? Wys hul al liefde? En hardloop hul al goed?

Op 2 ½ jaar:

Kan jou kind al op hul tone loop of spring? Gebruik hul al woorde soos “my” en “jou”? Wys hul al na voorwerpe wat genoem word? Kan jou kind al vorms bymekaar pas? Kan hul al ʼn toring van sewe of meer blokkies bou? Vra hul al vrae??

error: Content is protected !!