fbpx
logo

A tot Z van Kindersiektes

Nefritis

Infeksie wat jou niere aantas, kan ook veroorsaak word deur ʼn streptokokke infeksie, die Mees algemene vorm van nierontsteking is piëlonefritis wat ontstaan as gevolg van urienweg infeksie.

Simptome:

*Koors,

*donker urine,

*pyn wanneer geürineer word,

*lusteloosheid,

*verlies aan eetlus,

*braking buikpyn,

*of pyn aan die kante van die lyf.

*Jou kind kan dalk ook weer begin bed nat maak. As gevolg van die ontsteking kan swelling plaas vind van die enkels en ook sakkies onder die oë.

Wat om te doen:

*Raadpleeg jou dokter nierontsteking (Nefritis) moet behandel word.

*Neem ʼn urien monster saam.

*Waarskynlik sal dit nodig wees om jou kind in die Hospitaal op te neem vir behandeling t.o.v. sout vry dieet en proteïne beperk, herstel proses gaan +- twee weke neem, sy bloeddruk en urien moet eers wees normaal wees.

Neusbloeding

Dit ontstaan wanneer die fyn aartjies in die voering van die neus bars. Dit kan veroorsaak word deur die neus te blaas, of te nies, wanneer jou kind verkoue of hooikoors het, ʼn hou op die neus, krap in die neus of ʼn vreemde voorwerp in die neus op druk. Dit lyk ernstig omdat dit lyk of jy baie bloed verloor maar dit is gewoonlik min.

Let wel as ʼn neus langer as 30 minute bloei het jy mediese hulp nodig.

Wat om te doen:

*Laat jou kind sit, laat hy deur sy mond asemhaal, en sit drukking op die brug van die neus.

*Plaas ʼn klam waslap met fyn gekapte ys op die brug van die neus.

*Laat jou kind sy mond spoel as daar bloed in sy mond gekom het. Kyk na 10 minute of die bloeding gestop het.

*Sodra die bloeding verby is laat hy nog ʼn rukkie sit en maak seker hy blaas of snuif nie sy neus nie.

error: Content is protected !!