fbpx
logo

A tot Z van Kindersiektes

Insek byte en steke

Die mees algemene byte en steke word veroorsaak deur vlooie, muskiete, bye en perdebye. Die kinders ervaar pyn en ʼn jeukerigheid rondom die byt plek- en steekplek, maar daar is kinders wat allergies is, veral vir bye en perdeby steke en dit kan gevaarlik wees. Die eerste teken is gewoonlik ʼn klein rooimerkie waar die byt of steekplek is. Dit kan ook ʼn witterige ring om hê.

Wat om te doen:

Moet nooit die plek waar jou kind gebyt of gesteek is druk nie dan versprei die gif vinnig deur die bloedstelsel. Kry iets skerp soos ʼn mes punt om die angel mee af te skraap. Smeer dan ʼn middel aan om die pyn en gejeuk mee te verlig.

* Indien jou kind enige van die volgende tekens toon, moet jy dadelik jou kind dokter of ongevalle toe vat! ! Swelling van die mond of gesig. Raserige of moeilike asemhaling.

* Probleme om te sluk of lighoofdigheid. Dit kan akuut wees en moet dadelik behandel word!

* Die dokter sal dan iets voorskryf om permanent byderhand te hou in geval van ʼn allergiese reaksie!

Immuniteitsprobleme

Kinders wat oormoeg is, kan immuniteit probleme ondervind. Dinge soos spanning, siekte of infeksie, tye van vinnig groei of depressie kan alles ʼn kind se immuun stelsel afbreek. Dit beteken dat hulle meer vatbaar is vir kieme. Simptome sluit slegte eetlus, konstante moegheid, geïrriteerdheid en huilerigheid.

Wat om te doen:

Jy kan jou kind se immuunstelsel ʼn hupstoot gee deur ʼn gesonde dieet wat baie vars vrugte en groente insluit, genoeg proteïne in die dieet, ʼn vitamien en mineraal-aanvuller en deur te sorg dat jou kind genoeg vars lug en oefeninge kry. Crèche Guard bevat ʼn reeks produkte wat jy as aan vullers kan gee om hul immuniteit op te bou en infeksies te bestry.

Of raadpleeg jou apteker!!

Intussussepsie

Dit ontstaan wanneer ʼn deel van die dunderm in die naasliggende deel invou, byna soos die vinger van ʼn handskoen wat omgekeer word, die ingevoude derm swel op en veroorsaak ʼn versperring wat as dit nie spontaan herstel nie kan lei tot obstruksie van die derm. Die oorsake van intussussepsie is onbekend dit kan gebeur op enige ouderdom, kom hoofsaaklik by babaseuntjies jonger as ʼn jaar voor wat voorheen heeltemal gesond was. Die baba kan skielik begin huil wanneer die spierspasma in die derm begin, en jou baba begin braak, bleek en koorsig word, eerste stoelgang kan nog normaal lyk maar kan egter begin rooi bloederig lyk wat slym bevat. As gevolg van die spierspasma in die derm wat aanhou. Hoewel dit selde voorkom is dit ernstig en moet so gou as moontlik behandel word.

Simptome:

Hewige maagpyn, wat jou kind waarskynlik sal laat skree. Braking wat voorkom en selfs ʼn lae graadse koors. Stoelgange met bloed en slym. Sodra dit gediagnoseer is deur middel van X- strale somtyds herstel dit spontaan maar as dit nie gebeur nie word dit deur middel van chirurgie herstel voordat daar skade aan die derm plaasvind.

error: Content is protected !!