fbpx
logo

A tot Z van Kindersiektes

Hardlywigheid

Stoelgange is hard en droog en verskyn net elke paar dae. En jou kind sukkel om dit uit te druk. Babas het dikwels tot vier stoelgange per dag maar dis normaal om net een stoelgang per dag te hê. Veranderinge in die dieet kan die stoelgange beïnvloed van bors voeding oorskakel na melkformule en die verskillende formules het ʼn verskillende uitwerking op die stoelgange. Vaste kos , koors en medikasie kan ook die stoelgang beïnvloed. Pynstillers of koors medisyne kan hardlywigheid veroorsaak.

Wat om te doen:

*Maak altyd seker dat melkformules streng volgens aanwysings aangemaak word en dat genoeg water by gevoeg word.

*Sodra jou kind vaste kos eet gee genoeg groente en vrugte.

*Moenie lakseer middels gee sonder om jou huis dokter te raadpleeg nie. En gebruik slegs produkte wat vir kinders geskik is. Duphalac het wel ʼn verskeidenheid op die rak van stroop tot poeier vorm in sakkies verpak nl. duphalac dry wat met vrugtesap of ander vloeistowwe gemeng kan word en dit het ʼn eenmalige werking om verligting te bring. Indien jou baba nog op bottel voeding is kan daar soggens in die eerste voeding ʼn teelepel bruin suiker gesit word, suiker stimuleer die derm.

  1. net een maal per dag teveel suiker is nie goed vir jou baba se tande nie.

Hepatitis

Dit is ʼn infeksie wat ontsteking in die lewer veroorsaak. As kinders dit kry is dit gewoonlik akute hepatitis A, wat deur die tipe A virus veroorsaak word en is uiters aansteeklik. Die siekte kom voor in siek persoon se stoelgange en as hy nie deeglik hande was nadat hy die toilet gebruik het nie kan hy maklik die virus oordra. Die virus kom ook voor in die bloed en speeksel van die pasiënt/persoon.

Eerste simptome is aptyt verlies, daarna ontwikkel hulle griep -agtige simptome, gevolg deur geelsug, gepaardgaande simptome die geel word van die vel en die wit van die oë word ook geel, donkerbruin urine en abnormale bleek stoelgange. Hepatitis self is selde baie ernstig wanneer kinders dit het en hulle word gesond, maar omdat dit aansteeklik is moet dit dadelik behandel word.

Wat om te doen:

Hou jou kind se eetlus dop, vermy vetterige kos gee gewoonlik verdunde vrugtesappe met ʼn knippie sout en 5 ml glukose op gelos is, sodat hy nie dehidreer en sy energie verloor nie. Hou ook sy urine en stoelgange dop ten opsigte van kleur verandering. As jy vermoed hy het Hepatitis moet hy nie skool toe gaan nie. Wees streng oor higiëne sorg hy sy hande was en hou op isolasie tuis, hou sy waslap, handdoek en eetgerei een kant en ontsmet na gebruik. Raadpleeg jou dokter en as Hepatitis bevestig is deur middel van bloedtoetse sal jou kind vir +- 2 weke nie kan skool toe gaan nie!

Herpes Simpleks: (Stomatitis)

Herpes is ʼn virusontsteking van die vel en veroorsaak gewoonlik seertjies in en rondom die mond. Dit gaan gepaard met ʼn skielike hoe koors. Die aanvanklike blasies in die mond ontwikkel tot groter sere wat geelgrys lyk. Die lippe, wange, tandvleis en tong kan ook uitslaan. Dit duur gewoonlik 7 tot 9 dae voordat dit verdwyn. Sekondêre infeksies volg gewoonlik op hierdie fase en neem die vorm van koorsblare aan- dit gebeur meestal wanneer jou kind onder baie spanning gebuk gaan. In sommige gevalle kan daar oog infeksie in albei stadiums ontstaan. Raadpleeg jou dokter sodat ontwatering voorkom kan word as dit ernstig raak en jou kind wil nie drink nie.

Wat om te doen:

* Beheer jou kind se koors met parasetamol.

*As jou baba of kind nie wil drink nie gee klein hoeveelhede vloeistowwe met ʼn spuit of lepel en moedig hulle aan om gereeld slukkies te neem.

* Gebruik ʼn antivirale room wat sekondêre infeksies kan help voorkom. Dis beskikbaar op dokters voorskrif. Hoe meer vloeistowwe jou kind drink spoel die mond en voel dit beter, kry ook daktarin orale jel (kan dit koop sonder voorskrif) dit is ʼn antibakteriële jel wat die mond slym vliese genees en beskerm. Gebruik dit 4 keer per dag verkieslik na etes of na vloeistowwe gedrink is smeer dit net liggies binne in die mond en probeer dit ʼn rukkie in hou nie dadelik sluk nie.

LW gee streng volgens voorskrif moenie oor doseer nie.

Hoofpyn

Hoofpyn kan ʼn simptoom van talle siekte toestande wees, dus moet jy jou kind vir simptome dophou. Spannings hoofpyn kan taamlik by kinders voorkom. Skeelhoofpyn soos wat mense dit sou noem kan veroorsaak word deur skerp lig, sekere kos soorte, honger of te lank voor die rekenaar of TV te sit.

Wat om te doen:

* Gee jou kind parasetamol vir die hoofpyn.

* Indien die hoofpyn langer as ʼn dag uur neem jou kind dokter toe.

Hooikoors: (Allergieë)

Dit word meestal veroorsaak deur stuifmeel wat in die lente of somer in die lug is, of deur stof wanneer die wind waai. Diere hare stofmyte en sekere blomme kan ook ʼn hooikoorsaanval uitlok. Die kind kan nies, sy neus loop en jeuk en sy oë kan ook jeuk en rooi word.

Wat om te doen:

* Vermy plekke waar daar stof is wat hooikoors kan veroorsaak.

* Hou jou kind binnenshuis wanneer die wind erg waai.

* Daar is heelwat middels op die mark beskikbaar om die simptome te verlig raadpleeg jou dokter daaroor.

error: Content is protected !!