fbpx
logo

A tot Z van Kindersiektes

Maagpyn

Artritis is ʼn gewrigsontsteking. Simptome is gewoonlik swelsel, pyn, styfheid en teerheid. Dit kan veroorsaak word deur ʼn besering of ʼn infeksie in die gewrig, dan word dit septiese artritis genoem. dit kan in uitsonderlike gevalle deur rumatiek koors veroorsaak word. As jou kind ʼn koors van 40 het en die gewrig is geswel en seer moet dit as nood beskou word. Dit kan septiese artritis wees!! Dit kom algemeen by jong kinders voor na ʼn besering as hy geval het of teen iets gestamp het. As jy sien jou kind loop mank kyk of die gewrig geswel is deur daarop te druk dan kan jy sien of dit teer en seer is.

Wat om te doen: Neem jou kind se koors en as dit hoog is en die gewrig is seer en geswel raadpleeg jou dokter dit mag net septiese artritis wees veral as jou kind mank loop. As jou dokter artritis vermoed, sal hy jou kind na ʼn spesialis verwys, hospitalisasie mag nodig wees, bloedtoetse om diagnose te bevestig. As dit septiese artritis is sal binneaarse antibiotika toegedien word of as daar ʼn moontlikheid van ʼn abses mag wees dit dalk gedreineer word. Hou hitte (warmwatersak) of koue kompressie (plastiek sak met ysblokkies ) teen die gewrig vir pyn verligting as julle tuis is! Voorgeskrewe oefeninge deur ʼn fisioterapeut om die beweeglikheid van die gewrig te verbeter.

Malaria

Dit is ʼn ernstige bloed siekte wat oor gedra word deur ʼn besmette wyfie Anofeles muskiet. Die parasiet dring dan die mens se bloed binne en gaan dan tot by die lewer waar dit dan vermeerder hierdie bloedparasiet dan bekend as Plasmodium. Die muskiet kom in bepaalde areas in SA voor.

Simptome verskyn gewoonlik 3 tot 60 dae na infeksie (selfs later) en sluit hoe Koors afgewissel met kouekoors, hoofpyn, naarheid, braking, maagpyn / diarree en rug of gewrigspyn, rusteloosheid of lomerigheid kan ook in ʼn erge fase konvulsies kry!!

Wat om te doen:

*Vind altyd eers uit voor jy reis of ʼn gebied geklassifiseer word as ʼn malaria gebied en neem en kry ʼn drs. voorskrif en neem medikasie vir Malaria ʼn week of twee voor die tyd en hou daarmee vol tot vier weke na jou terugkeer- bespreek dit met jou apteker.

*Gebruik muskietafweer middels en muskietnette en dra waar moontlik klere met wat jou arms en bene bedek .

*Neem jou kind se Koors en hoe dit wissel!! Raadpleeg die dokter om te help met die diagnose en behandeling.

*Bloed monsters sal geneem moet word om malaria te diagnoseer.

*Dr mag jou kind se buik ondersoek omdat die infeksie deur die malaria muskiet die milt vergroot.

*As jou kind gedehidreer raak en moontlik konvulsies kry sal dit nodig wees om hom in die hospitaal op te neem vir behandeling.

Masels

Masels is ʼn hoogs aansteeklike virussiekte wat in druppel vorm versprei deur asemhaling of wanneer iemand hoes of nies. Dit neem sowat agt tot veertien dae voor die simptome verskyn, Masels is op sy aansteeklikste voordat jou kind begin uitslaan (veral tydens die koors pieke ) en die koors pieke begin en dan is jou kind vir vier dae aansteeklik nadat die uitslag verskyn het. Masels tas gewoonlik ʼn babas aan wat nog te jonk is om daarteen ingeënt te word .

Simptome :

*Begin met koors pieke wat konstant hoog piek(39-40+) ongeag van koors medisyne dit breek wel die koors, maar die volgende koors piek skiet weer net so hoog somtyds voel dit buite beheer.

*Masels kan geïdentifiseer word deur witkolletjies in die mond en aan die wande van die wange dit word Koplik se kolle genoem!!

*Jou kind se kan ook rooi en seer word en ook ligsensitief dan** +- 3dae later kan rooibruin kolletjies agter jou kind se ore uitslaan wat later saamsmelt met ʼn uitslag wat sprei oor die gesig en bolyf. Wat om te doen:

*Meet jou kind se koors ten minste 2 tot 4 uurliks Behandel die koors aktief spons jou kind met lou water af tydens koors pieke en gee koorswerende medisyne!! *Verpleeg in ʼn skemer of half donker kamer vir die ligsensitiewe .

*Raadpleeg jou dokter om die siekte te diagnoseer en voldoende koors medikasie voor te skryf en ook na die ore en longe te kyk asook jou kind se vir sekondêre komplikasie ingeval van infeksies mag nodig wees vir antibiotika.

*Moenie jou kind terug stuur skool toe nie voordat die uitslag verdwyn het nie. Belangrik laat ander kinders ent. Babas bo 13 maande word immunisasie aanbeveel.

Mangel - ontsteking

Die Mangels is voortdurend besig om teenliggaampies te vervaardig om skadelike virusse of bakterieë te beveg wat die liggaam binnekom maar kan in die proses self geïnfekteer word deur ʼn streptokokkus- bakterie of soms deur ʼn virus. As dit die mangels so oorweldig dat hulle rooi raak, swel en ontsteek, is dit mangel-ontsteking.

Simptome:

Keelseer en koors en kliere wat swel, prikkelbaarheid, swak eetlus en somtyds haal jou kind moeilik asem as gevolg van die vergrote mangels en snork as hy slaap.

*Asook slegruikende asem. Mangels dien net ʼn doel tot op 2 jaar daarna afhangende van die hoeveelheid infeksies (vier of meer keer per jaar) word dit so gou as moontlik uitgehaal anders kan die herhaalde gebruik van antibiotika jou kind se gestel meer afbreek, en ook is die baie antibiotika nie goed vir jou kind se tande nie.

Wat om te doen:

Gee parasetamol vir koors per mond of setpille werk dalk in die geval meer effektief!! * Gee genoeg vloeistof om te drink. * As Mangelontsteking ʼn chroniese infeksie word, word dit verwyder.

Tonsillektomie en post (nasorg) operatiewe versorging:

1) Pyn beheer baie belangrik solank as wat hulle seer het is dit moeilik om enige vloeistowwe per mond vir hulle in te kry!! In hierdie geval werk setpille ook die beste.

2)Soveel as moontlik Coke yskoue Coke met gas probeer botteltjies Coke te koop dat die gas bewaar bly.

3)Die yskoue Coke met gas breek al die bloederige slym agter in die keel op en so ook breek die gas die slym wat in die maag gaan lê ook op dit voorkom dat jou kind naar word en braak as gevolg van die slym.

4)So het Coke dan voldoende elektroliete in om te voorkom dat jou kind ontwater in die eerste 24 uur.

5)Gee genoeg soutigheid om te eet bv. fyn biltong of chips dit steriliseer in ʼn mate met die sout en dit maak jou kind ook dors om meer Coke en vloeistof te drink.

6) Vermy warm vloeistowwe of kos dit mag net bloeipunte weer oopmaak.

7)Gee soggens eerste ʼn setpil +- 30 min voor ontbyt sodra die pyn onder beheer is dit makliker om vir hul ontbyt in te kry en as hulle vroeg begin eet gaan dit heeldag beter.

8)Probeer soggens sag geroosterde brood vir jou kind in te kry dit skraap al die ekstra slym en bloed agter in die keel af en voorkom dat die rowe wat gevorm word nie te groot en te dik word nie, hierdie rowe is geneig om +- 10 dae na die operasie af te gaan en dit mag dalk net weer ʼn bloei punt oopmaak!!

9)Let op dat as dit gebeur en jou kind braak helder bloed dat jy so gou as moontlik die dokter wat die tonsillektomie gedoen het kontak of gaan na jou naaste ongevalle want die bloed verlies mag akuut wees en dit mag nodig wees om jou kind terug te vat na teater om die bloei punt weer te stop!

Meningitis

Dit is die ontsteking van die membrane (meninges) om die brein en die rugmurg en is dikwels die gevolg van ʼn infeksie wat deur ʼn bakterie veroorsaak word. Dit is ernstig, maar kan doeltreffend met antibiotika behandel word as dit vroegtydig gediagnoseer word.

Simptome:

*Koors wat styg tot by 39+ , stywe nek laat jou kind sy kop vorentoe buig tot op sy bors indien nie moontlik nie verseker nekstyfheid.

*Pynlike hoofpyn,

*Fontanel wat bult,

*Aanhoudende braking,

*Verwarring,

*By babas ʼn gil skree en of aanhoudende huil as gevolg van brein irritasie.

*Kan ook in uiterste gevalle konvulsies kry!!

*Hou jou kind baie goed dop in die vroeë fase mag dit soos ʼn alledaagse keel of lugweg infeksie lyk. En dit veroorsaak somtyds dat meningitis laat gediagnoseer word.

Wat om te doen:

Neem jou kind se koors, let op na nekstyfheid reageer so gou as moontlik.

Let op na hoofpyne en ook braking kontak jou dokter!!

Hy sal ʼn lumbaalpunksie doen so gou as moontlik om ʼn diagnose te maak.

As jou kind bakteriële meningitis het kan dit met groot dosisse antibiotika behandel word oor ʼn tyd!!

*Virale meningitis ( nl. Enkefalitis) klaar vanself op dit word net simptomaties behandel vir koors, hoofpyn en of braking.

Middeloor ontsteking (otitis media)

Dis infeksie in die middeloor en die infeksie laat gewoonlik vog in die middeloor opbou. Dit kom algemeen by jong kinders of babas voor omdat die buisie wat die keel met die oor verbind (nl. die buis van Eustachius) taamlik kort is en maklik toe swel! Omdat kleuters en babas vir lang tye lê.

*Dit beteken dat Bakterieë of virusse wat deur die neus of keel inkom net ʼn kort afstand het om die middeloor te bereik.

*Selfs vergrote adenoïdes kan ook die buisie blokkeer en sodoende slym ophoop wat infeksie veroorsaak.

Simptome:

Middeloor ontsteking is ernstig en baie pynlik!!!

Akute oorpyn baba kan sy oor trek of vryf en huil, koors, braking, en daar mag ʼn Etter afskeiding uit die oor wees.

As dit nie behandel word nie kan jou kind permanente gehoorverlies tot gevolg hê.

Wat om te doen:

*Neem jou kind se koors, gee pyn stiller ( bv. Ponstan) om akute pyn te verlig.

*Kyk of daar ʼn afskeiding is?

*Raadpleeg jou dokter dadelik as jy vermoed dit is middeloor ontsteking.

*Dit mag nodig wees om jou kind na ʼn Oor-Neus en Keelarts te verwys vir ʼn myringotomie om buisies in te sit om die vog en etter te dreineer!

*Doen dan daarna gereeld oor sorg om nodige afskeiding te verwyder en as daar antibioties oordruppels voorgeskryf is dit gereeld te in te sit.

*Sommige dokters glo nie daaraan om druppels voor te skryf nie na ʼn myringotomie nie omdat hulle voel jy spoel dan weer kieme van buite na binne maar dit verskil van dr tot dr!! ( Dit is darem ʼn antibiotiese druppel)

*In geval van net oorsteek in die ore by ʼn baba wat dalk koue weer en wind gekry het en so oorsteek op gedoen het kry jy wel ʼn oordruppel by die apteek te koop wat lokale verdowing bevat nl. Covacaine oordruppels dit kan jy wel effens verhit tot liggaams temperatuur en dan in sit en stut met ʼn watte pluisie dit kan dan die pyn verlig!!

Migraine (by Kinders)

Migraine is ʼn akute, herhalende hoofpyn (gewoonlik net aan die eenkant van die kop) wat met braking gepaard gaan en in die geval van kinders met maagpyn gepaard gaan. Migraine is geneig om in families voor te kom. Dit is nie bekend wat migraine veroorsaak nie maar spanning en sekere kos soorte veral kaas en sjokolade, is moontlik die oorsake.

Simptome:

*Migraine word dikwels deur ʼn “aura” voorafgegaan d.w.s ʼn reeks vreemde sensasies soos flitsende ligte, vreemde reuke en dat die kop aan die aangetaste kant dood voel.

*Die meeste kinders kan die verskynsel duidelik uitken.

*Bleekheid,

*naarheid en

*braking,

*somtyds teruggetrokke en stil gedrag.

Wat om te doen:

*Laat jou kind in ʼn koel donker kamer rus as hy kla van hoofpyn en naar voel. Gee medikasie vir hoofpyn maar hou in elk geval ʼn bak naby indien hy sou wil braak. Maak seker dat die maagpyn nie dalk ʼn blindederm ontsteking is nie.

*Raadpleeg jou dokter eerstens om seker te maak dit is nie sy blindederm nie, en tweedens dat jou kind moontlik gereeld migraine kry.

*Observeer wat het jou kind geëet voordat die migraine begin om verdagte kossoorte kan uitskakel.

error: Content is protected !!