Voorgeboorte
Swangerskap en Swangerskapduur
Die ideaal is om jou swangerskap 3 tot 6 maande vooruit te beplan dit gaan jou geleentheid gee om enige voorbehoedmiddels wat jy gebruik het te los en weer ʼn normale menstruasie siklus te hê, en al die nodige ondersoeke en toetse te laat doen deur jou GP of dan Ginekoloog om te verseker alles is reg vir ʼn swangerskap!! Onthou nie alle vrouens raak onmiddellik swanger nie. Maak ʼn gewoonte daarvan om altyd die EERSTE dag van menstruasie neer te skryf dit gaan jou help om die VERWAGTE datum te bepaal. Die dag /datum plus 7 dae en 9 maande. Die normale lengte van swangerskap is 37 – 40 weke. Dit word dan in drie trimesters verdeel.
Die Eerste trimester is die eerste 13 weke,
Die Tweede trimester is die van 14 tot 26 weke,
Die Derde trimester is van 27 weke tot die geboorte van die baba.
ʼn Embrio begin as ʼn bevrugte ovum en dit bly ʼn embrio totdat organognese / met ander woorde as die inwendige organe begin ontwikkel het en voltooi is na 8 tot 12 weke. Daarna staan dit as die Fetus bekend. Dit bly ʼn fetus totdat die naelstring gesny is dan verwys ons na ʼn pasgeborene.
Word beïnvloed deur:
Die grootte en die groeitoename van die fetus kan in voorgeboorte/ antenataal bepaal word deur die verskillende metodes soos bv. Ultraklank ten opsigte van massa, lengte en kop omtrek, hierdie waardes word gekaart en met opvolg kan die vordering en groei bepaal word.
Normale variasie in massa verskil ten opsigte van Geslag, Pariteit/of dit die eerste baba is of nie, grootte van die ouers en dan natuurlik in meervoudige swangerskappe weeg tweelinge gemiddeld minder as enkelinge. En dan ook is die baba van ʼn moeder met diabetes ook geneig om ʼn groter massa toename te hê as normaal.
Die lengte en kop omtrek word deur dieselfde faktore bepaal as vir die massa.
Die draperiode word bepaal:
O- 4 Weke van Swangerskap.
Algemene tekens van Swangerskap.
Daar is tuis toetse wat ʼn mens by die Apteek kan koop en doen of anders laat bloed trek en vir BHCG laat toets dis gewoonlik ʼn baie betroubare toets as bloed uitslag kom!! Dis nie nodig om ʼn dr te sien voor 8 weke nie tensy daar probleme ontstaan. Miskraam kom gewoonlik voor tussen 1-20 weke van normale swangerskappe. 7 Dae na bevrugting vind die inplanting in die uterus plaas dan word daar ʼn hormone geproduseer wat HCG genoem word dan begin die ontwikkeling van die embrio en die plasenta word gevorm die belangrikste skakel tussen moeder en baba. Die hartjie ontwikkel en begin klop. Op 4 weke is die embrio amper 4mm lank en weeg bykans 1gm.
Die geslag van die baba word deur die man bepaal!! Die man se sperms bevat vroulike of manlike sperms hang af van watter sperm eerste die ovum bereik en binnedring!! Daar is ʼn 50/50 kans van een van die geslagte, ʼn seun of ʼn dogter.
Baie Belangrike wenk. Geen rook en drank/ alkohol gedurende swangerskap nie. Vermy ook medikasie slegs medisyne op Dr se voorskrif al vermoed jy nog net dat jy swanger is!!!
5-8 Weke van Swangerskap.
Gedurende hierdie weke begin die plasenta groei en skei sy eie hormone af. Jy mag egter oggend naarheid begin ervaar, borste begin seer en teer voel en die gevoel om jou blaas meer gereeld te ledig ontstaan. Maak seker dat jou dieet voldoende Yster, Vit C en kalsium bevat!!! As die oggend naarheid nie te erg is nie kan jy vit tablette begin drink wat vir swanger vrouens spesifiek voorgeskryf is. Gewigstoename is die ideaal 12,5kg gedurende die swangerskap. Jy kan hierdie tyd ook begin om olies aan te wend op sekere areas om erge rekmerke te voorkom!! NB geen rook of alkohol gedurende swangerskap nie!!
Die baba in hierdie vase het al ʼn senuwee stelsel begin ontwikkel. Lengte van die embrio bykans 2,5 cm. Die volgende is al teenwoordig in die begin vase van die brein, die hart, arms en bene en dan ook die ontwikkeling van die oë en ore.
Gevaartekens van premature kraam!
9-12 Weke van Swangerskap.
Jou liggaam begin te verander!! Jy mag nog naarheid ervaar en die borste mag ook nog teer en seer wees asook die vol blaas gevoel!!
Die baba se ledemate en inwendige organe is klaar ontwikkel op 12 weke. Lengte van die baba op hierdie stadium is +- 8,5 cm lank. Die hartjie is al hoorbaar wat heelwat vinniger +- 140 slae per minuut en vir die res van die swangerskap moet die fetus net groei en groot word. Die organe is by hierdie tyd ten volle ontwikkel, die plasenta verskaf die nodige voeding wat die baba nodig het. Die uitwendige geslagsorgane is al ontwikkel en die hare begin groei. Voedsel ryk aan Yster: Groen groentes, vrugte, neute, sade, rosyne, Avokadopeer, eiergeel en rooi vleis. Op 12 weke behoort die oggend naarheid beter te word.
13-16 Weke van Swangerskap.
Die baba op 12 weke is die plasenta ten volle ontwikkel en voorsien is die baba se behoeftes ten opsigte van kos en suurstof, en beheer ook die liggaamsfunksies.
Op 16 weke is die lengte van die fetus +- 14cm lank die bene begin nou langer groei as die arms, fyn haartjies en vernix (dit is ʼn grys-wit salf-agtige materiaal) groei op die baba se vel. Van dit is nog teenwoordig met die geboorte van die baba. Die vernix vergemaklik die bevalling omdat dit glad is en na verwydering van die vernix is die vel ligroos van kleur, fyn, sag en teer.
17-20 Weke van Swangerskap.
Op 20 weke is jou Uterus net onder jou naeltjie. Jy mag nou beweging begin voel onthou om aan te teken wat jy die beweging voel. Hierdie bewegings mag voel soos ʼn fladdering of soos hulle sal se “Butterflies” in jou maag!! Van 17 weke begin die borste vergroot en dit mag nodig wees om jou bra grootte aan te pas. Van +- 20/25 weke af Antenataal klasse begin bywoon!!
Verhouding met jou man is belangrik sluit hom in met alles wat jy waarneem tydens die verloop van jou swangerskap onthou julle gaan albei ouers word.
Op 20 weke is die baba se kop 1/3 van die grote van die lyf, en weeg +- 225-500 gm en is bykans 20-30cm lank. Wenkbroue en oog wimpers begin nou groei, bewegings kan nou al op die sonar waargeneem word, soos wat die fetus groter word sluk die fetus van die vrugwater en passeer urine. Op 16-20 weke word daar gewoonlik ʼn 3-D of 4-D ultra klank sonar gedoen.
21-24 Weke van Swangerskap.
Op 24 weke het jou Uterus gegroei en die hoogte is al bo jou naeltjie. Hierdie stadium tel jy gemiddeld tussen 240-480gm per week op noudat die vroeë vase van die swangerskap agter die rug lê voel jy beter oor jouself en begin jy heel waarskynlik die swangerskap geniet.
Die baba het hierdie tyd siklusse van slaap en wakker wees. Die bene begin nou harder groei en op 24 weke is die baba +- 36cm lank en weeg gemiddeld 680gm. Die baba se balans orgaan binne in die oor is al hier ontwikkel, en hier kan die baba al begin suig selfs al duim suig.
25-28 Weke van Swangerskap.
Die begin fase van die tweede trimester. Hier mag jy rugpyn begin ervaar omdat die swangerskap hormone ʼn invloed het op jou ligamente wat effens verswak, oefeninge kan help om die spiere weer te versterk. Braxton-hicks kontraksies mag ook ervaar word dit is wanneer die uterus gereeld hart word, dit is gewoonlik pynloos, dit mag meer gereeld voorkom hoe verder die swangerskap vorder tot en met geboorte. Sooibrand mag in hierdie fase ʼn ernstige probleem word, kleiner maaltye meer gereeld mag help met die probleem en vermy vloeistowwe met maaltye.
Op 28 weke is die baba lewensvatbaar, as premature geboorte sou plaas vind sal jou baba kan oorleef.
Op hierdie stadium tydens swangerskap begin jou baba vetweefsel onder die vel opbou, die ogies kan oopmaak en die baba kan die moeder se stem erken. Daar is heelwat geluide in die uterus nl. Die moeder se hartklop, bloed vloei deur die plasenta en maagklanke van die moeder, maar onthou om hierdie tyd die met die baba te praat of musiek te speel en streling oor die uterus as jy beweging voel is goed vir die baba.
Algemene bekommernisse vir die moeder.
29-32 Weke van Swangerskap.
Dit is die begin van die Derde Trimester. Jou middellyf begin nou uitsit en jy begin kort asem raak selfs met die geringste mate van oefeninge. Dit is belangrik om jou baba se bewegings te monitor, dit is die enigste manier wat jyself weet als is reg met jou baba, elke baba het sy eie patroon van beweging maar as jou baba skielik meer aktief is as gewoonlik raadpleeg jou Dr. Moontlikhede van die naelstring wat om die baba se nekkie beweeg kan veroorsaak dat die suurstof toevoer na jou baba mag verminder of afsluit wat baie slegte gevolge mag hê!!! Probeer om op jou sy te slaap as jy op jou rug slaap maak seker dat jy ten minste op 2-3 kussings slaap wat verhoed dat die gewig van die baba en jou uterus jou bloedtoevoer mag afsluit of verminder asook die bloedtoevoer na jou baba. Sien jou Dr van 29 weke af elke 2 weke vir die res van die swangerskap. Moenie Bekommer hier oor “mood-swings” nie dit sal die baba nie affekteer nie en ʼn normale verloop van die swangerskap met al die hormoon verandering.
Wenk: vir Sooibrand kan jy ʼn koppie kookwater met pipperment druppels drink so 2x per dag of anders die ou boereraat gewone koeksoda net ʼn klein bietjie in water kan verligting bring.
Jou baba se lengte is al +- 28cm en weeg al +- 2kg.
Gevaar tekens:
33-36 Weke van Swangerskap.
Die Uterus druk nou onder jou borskas vas wat beteken dit beïnvloed jou asemhaling, jy mag kortasem wees en gou moeg word. Jou baba se bewegings mag minder word maar meer intens. Hierdie tyd voorsien die Plasenta al die nodige voeding, suurstof en teen liggaampies van die moeder na die baba. Rapporteer enige swelling en hoofpyne as dit sou voorkom aan jou Dr. Van 36 weke af begin die drukking voel op die blaas en bekkenbeen en ʼn ongemaklike rugpyn en spierpyne mag voorkom wat al die pyndrumpel begin toets.
Jou baba se kop en lyf is nou dieselfde grootte, die baba beweeg, drink vrugwater, en passeer urine al in hierdie fase en kan selfs hik in die uterus. Die bene en arms se bewegings is nou meer voelbaar.
Waardevolle wenke.
37-42 Weke van Swangerskap.
Hierdie laaste weke voel die langste. Die baba kamer is al by die tyd reg en jy raak opgewonde maar ook tog angstig. Dit is belangrik dat jy rus soveel as moontlik en gefokus bly hou jou gedagtes besig met gesonde aktiwiteite as jy nog vir oulaas met vriendinne wil kuier of nog vir oulaas ʼn romantiese ete wil hou doen gerus onthou die dae van alleen wees as ʼn paartjie is amper verby!! Sien jou Dr elke week van 36 weke tot einde van die swangerskap.
Praktiese wenk!
Maak seker dat die voertuig genoeg petrol in het elke dag! Maak seker dat jy naby die Hospitaal is indien jy dalk uitstedig woon, en wat is die kortste roete hospitaal toe.
Die baba is nou voltyds en gereed vir geboorte en enige fase, die baba is steeds bedek met vernix en tel elke dag gewig op. Die ingewande is nou al volledig ontwikkel en die eerste stoelgang nl. Mekonium / ʼn donker groen stoelgang is reeds in die dermkanaal. Die baba behoort al in die regte posisie te lê koppie onder toe. As die boudjies onder is noem ons dit ʼn brug posisie dan verwys ons ook na ʼn brug baba as die baba so verlos word. Maak net seker dat jy vir so bevalling by ʼn Ginekoloog is! wat bevoeg is om die baba so te verlos. Hierdie stadium probeer jy ʼn GP of vroedvrou te vermy die bevalling is gekompliseerd en daar mag net komplikasies intree!
Tekens van Kraam! Regte tyd om Hospitaal toe te gaan!
Gemiddelde gewig toename tydens swangerskap.
Gemiddelde gewig vir ʼn baba – 3,4kg
Plasenta – 0,6kg
Vrugwater – o,8kg
Uterus wat vergroot – 0,9kg
Borste wat vergroot – 0,4kg
Bloedvolume vermeerder – 1,5kg
Vet – 3,5kg
Ekstra vog in die liggaam – 1,4kg
Totaal +/- 12kg
Ook bekend as F.A.S.
Fetale alkoholsindroom word veroorsaak deur ʼn swanger vrou wat tydensswangerskap alkohol gebruik. Die alkohol word deur die swanger vrou se bloedstroom opgeneem in binne 20 minute na inname bereik dit die ongebore baba of dan die fetus. Alkohol is toksies maak nie saak hoe groot of hoe klein die hoeveelheid drank is nie! So met ander woorde alkohol is giftig vir jou ongebore baba!!
Enige orgaan van jou ongebore baba kan beskadig kan word:
F.A.S. bestaan uit:
Mikrosefalie en swaksinnigheid, met ander woorde jou baba se kop is klein in omtrek die brein is veral kwesbaar, breinskade is onomkeerbaar dit kan nie reggestel word nie!
Kort oog splete, middelgesig hipoplasie met ander woorde jou baba/kind kan ʼn klein middel gesig hê met –
ʼn Dun gladde bolip. Kort afstand tussen die neus en bolip!
Fetale alkoholsindroom veroorsaak groeivertraging en fisiese abnormaliteite en afwykings van die sentrale senustelsel. Dit kan onomkeerbare skade aan die onontwikkelde fetus veroorsaak! Met ander woorde as jou kind breinskade opdoen as gevolg van die moeder se alkohol gebruik/misbruik kan dit nooit weer herstel word nie! Fetale alkohol sindroom dui op ʼn aantal gebreke wat aanwesig is met die geboorte van die baba nl. Verstandelike gestremdheid, afwykings van die skedel en gesig, sowel as gedragsprobleme en wanaanpassing.
Kinders wat aan Fetale Alkohol sindroom ly, ondervind ernstige leer probleme, en is stadig om te leer praat, hulle toon ook gedragsprobleme soos hiperaktiwiteit, swak konsentrasie vermoë.
Daar is tans geen toets wat kan bepaal of ʼn baba Fetale Alkohol sindroom het nie, die diagnose word gemaak op geskiedenis van die moeder se alkohol inname en die aanwesigheid van simptome soos lae IK , swak ontwikkeling van gelaatstrekke, hartprobleme, sig- en gehoorprobleme en belemmering van immuniteit! Skokkende bevindings is dat van hierdie moeders nie bewus was van die gevare wat alkohol inhou vir hul ongebore baba nie!
‘n Onlangse video was bekend gestel deur ʼn moeder in Amerika wat tot haar grootste hartseer erken het dat sy ʼn tiener swangerskap gehad het en het alkohol gedrink terwyl sy swanger was en die skade wat dit aan haar dogter gedoen het dat haar dogter op 43 jaar nog die verstandelike vermoë van ʼn kind in graad een gehad het met ander woorde dieselfde as ʼn agtjarige, sy kon op haar 43 jaar net een opdrag op ʼn slag kon uitvoer en dat sy nie moontlike gevaarlike situasies kon uitken nie!! Dat sy soos ʼn onskuldige kind opgetree het!
So gebeur dit dan dat hulle in ʼn volwasse fase van hul lewe nie kan lees en skryf nie! Ook nie ʼn motor kan bestuur nie en somtyds mag hul liggaamlik heel normaal voorkom maar hul lewens kwaliteit word beïnvloed deur hul swak denk vermoë omdat hulle verstandelik gestremd is sal vir die res van hul lewe afhanklik van iemand wees!
Designed by LinkDirect Marketing(Pty)Ltd