fbpx
logo

A tot Z van Kindersiektes

Kinkhoes

Artritis is ʼn gewrigsontsteking. Simptome is gewoonlik swelsel, pyn, styfheid en teerheid. Dit kan veroorsaak word deur ʼn besering of ʼn infeksie in die gewrig, dan word dit septiese artritis genoem. dit kan in uitsonderlike gevalle deur rumatiek koors veroorsaak word. As jou kind ʼn koors van 40 het en die gewrig is geswel en seer moet dit as nood beskou word. Dit kan septiese artritis wees!! Dit kom algemeen by jong kinders voor na ʼn besering as hy geval het of teen iets gestamp het. As jy sien jou kind loop mank kyk of die gewrig geswel is deur daarop te druk dan kan jy sien of dit teer en seer is.

Wat om te doen: Neem jou kind se koors en as dit hoog is en die gewrig is seer en geswel raadpleeg jou dokter dit mag net septiese artritis wees veral as jou kind mank loop. As jou dokter artritis vermoed, sal hy jou kind na ʼn spesialis verwys, hospitalisasie mag nodig wees, bloedtoetse om diagnose te bevestig. As dit septiese artritis is sal binneaarse antibiotika toegedien word of as daar ʼn moontlikheid van ʼn abses mag wees dit dalk gedreineer word. Hou hitte (warmwatersak) of koue kompressie (plastiek sak met ysblokkies ) teen die gewrig vir pyn verligting as julle tuis is! Voorgeskrewe oefeninge deur ʼn fisioterapeut om die beweeglikheid van die gewrig te verbeter.

Koliek

Die dokters definieer koliek as ʼn aanhoudende gehuil vir drie of meer ure per dag. Vir babas veral na voedings. Die huil word nie veroorsaak deur iets soos honger of ongemak nie. Die baba is ontroosbaar, gespanne en lyfie voel styf. As die baba se bene optrek en lyk of die baba pyn verduur. Die presiese oorsake van koliek nie altyd bekend nie maar waarskynlik veroorsaak deur ʼn spasma in die spier wat die kolon uitvoer of deur die baba se onvolwasse verterings stelsel. Sowat een uit elke tien babas kry koliek gewoonlik tussen die ouderdomme van 2 – 3 weke en tot en met 4 maande. Ander redes vir koliek sluit in winderigheid, Laktose onverdraagsaamheid en oorvoeding.

Wat om te doen:

* Maak seker dat jou baba nie honger is nie of koud kry nie.

* Moenie hom dwing om te drink as hy nie honger is nie.

* Vryf sy windjies halfpad deur die voeding uit en moenie hom oorvoed nie.

* Beweging help hom of wieg hom. Vryf sy magie of laat hom op sy magie lê en vryf oor sy ruggie, kan verligting bring.

*Daar is medisyne vir koliek maar raadpleeg eers jou dokter voor jy medikasie vir jou baba gee. Algemene produk wat in jou baba se voedings gesit kan word of voor voedings gegee kan word vir voorkoming van seer winde en om dit maklik te breek is Telament druppels vra jou apteker oor die toediening daarvan.

Keelseer

ʼn Seer Keel is dikwels ʼn simptoom van ʼn verkoue of griep, maar somtyds kom keelinfeksie alleen voor. Die mees algemene oorsaak is ʼn virus. Dit gaan gewoonlik gepaard met vergrote kliere in die nek en is meestal nie ʼn gevaarteken nie. Hoofpyn en koors kan saam met ʼn keelseer gepaard gaan. Soms voel die nek styf – as dit erg is, moet jy dadelik jou dokter kontak omdat dit ʼn teken van meningitis mag wees.!!

Wat om te doen:

*Die Meeste keel infeksies gaan binne ʼn paar dae weg maar as dit erger word dat jou kind nie kan sluk nie of dit hou langer as drie of vier dae aan gaan sien die dokter.

* Intussen kan jy jou kind parasetamol gee vir pyn en ook as jou kind se weerstand verlaag is ʼn goeie vitamien aanvuller, veral ʼn goeie dosis Vitamiene C.

Konjunktivitis

Dis ontsteking van die dun deurskynende membraan wat die wit van die oog bedek en die ooglede omlyn. ʼn Pasgeborene kan dit ontwikkel weens bakterieë in die geboortekanaal, in ouer kinders is dit gewoonlik die gevolg van ʼn virusinfeksie of soms hooikoors. Die oë en binnekant van die ooglid word rooi. Met ʼn bakteriële konjunktivitis word geel etter afgeskei en kan jou kind se ooglede aan mekaar vasklou omdat die afskeiding hard word.

Wat om te doen:

* Kontak jou dokter sodat ʼn ernstige oogtoestand uitgesluit kan word.

* Bakteriële infeksie word met ʼn antibiotiese oogdruppels of – salf behandel en klaar gewoonlik binne ʼn week op. Vir ernstige infeksies kan mondelikse antibiotika voorgeskryf word.

*Anti-inflammatoriese middels kan ook die simptome verlig.

* Week skoon watte in lou water en vee elke ooglid apart skoon. Was jou hande daarna en laat jou kind ook gereeld hande was.

Kroep

Dit word gewoonlik deur ʼn virus veroorsaak en is infeksie en vernouing van die belangrikste lugweë na die longe. Dit kom meestal voor by kinders tussen 6 maande en 3 jaar. Kroep is gewoonlik nie ernstig nie, maar kan ernstig word as dit die asemhaling bemoeilik wat onmiddellike mediese behandeling nodig het. Dit het gewoonlik dieselfde simptome as ʼn verkoue- loopneus- en ʼn genies. Na ʼn dag of twee kan die volgende simptome ontwikkel: Raserige asemhaling, ʼn droë amper ʼn “blaf hoes” en ʼn growwe stem. In ernstige gevalle kan die kind moeilik en baie vinnig asemhaal en sy tong en soms sy vel blou lyk (sianose) wat beteken daar gaan nie voldoende suurstof deur na jou kind se longe nie.

Wat om te doen:

*Raadpleeg jou dokter om die erns vas te stel, aangesien ʼn ernstiger gevalle moet in die hospitaal behandel word.

*Gee parasetamol vir koors, *maar geen medikasie wat kodeïen fosfaat bevat nie let veral op hoes of verkoue medisyne dat dit nie Kodeïen bevat nie want dit vererger die kroep dit maak die hoes en die bors droëer !!!

* Dokter mag steroïede (Kortisoon) voorskryf.

*Gee jou kind genoeg vloeistof en gebruik ʼn bevogtiger om die vertrek te bevogtig of dan andersins Adrenalien inhalasie vir jou kind wat verligting kan bring dit word in noodsituasies kwart uurliks (elke 15 min) gegee.

Koors

Koors is wanneer jou kind se temperatuur bo normaal styg gewoonlik word ʼn koors beskou as lae graadse koors tussen 37,8-38,3 koors bo 38,3 en meer is koors, en dit word gewoonlik deur een of ander infeksie veroorsaak.

Babas onder 6 maande kan nie in hul temperatuur reguleer nie en kan koors ontwikkel as hulle te warm aangetrek of toegemaak is. As koors herhaal in 24 uur kontak jou dokter dit mag ernstig wees.

Wat om te doen:

*As jou kind jonger as 3 maande is en koors het kontak jou dokter,

*Gee vir jou kind parasetamol as hy ongemaklik en lusteloos is. Maak seker dat jy nie verskillende medisyne gelyk gee nie bv. Panado en Calpol het albei parasetamol in jy mag net jou kind oordosseer! By Kleuters met akuut hoe koors kan selfs Empaped of Postan setpille gegee word. Empaped is panado in ʼn setpil vorm!

*Spons jou kind af met lou water nie koue water nie en trek koel klere aan.

*Gee baie vloeistowwe. Kinders / Kleuters is ongelooflik!! hulle kan nou ʼn hoe koors hê en jy maak ʼn dokters afspraak maar gee intussen koors medikasie teen die tyd dat jy by die dokter uitkom hardloop en speel jou kind asof hulle niks makeer nie! Moenie sleg voel nie! dokters ken kinders en kleuters hulle sal nie dink jy is onnodig daar nie!

Baie belangrik koop ʼn koorspen en maak seker jy neem die koors dat jy dokter behoorlik kan inlig dan weet hy presies hoe ernstig dit is!

Jy kan nie net vir die dokter se jou baba het warm gevoel nie dan is dit moontlik dat dokter nie die erns van die koors mag besef nie!

Konvulsies / Stuiptrekkings

Konvulsies is ʼn aanval wat deur ʼn abnormale reaksie in die brein veroorsaak word. Tydens die aanval kan jou kind sy bewussyn verloor, ʼn paar sekondes lank styf word terwyl hy sy asem inhou, en dan ʼn paar minute lank sy arms en bene ritmies buig en strek. Kan skreeugeluide in die begin maak, hy kan ook urineer of ontlas, na die aanval sal jou kind verwar wees en wil net slaap. Algemene oorsaak van konvulsies is hoe koors van ʼn infeksie wat akute koors pieke gee en dit moet streng geobserveer en behandel word. Konstante koors elke 4 tot 6 ure bo 38,5 – 40 moet so gou as moontlik behandel word om onder beheer te kry anders is die kanse groot vir koors konvulsies!!! Epilepsie kan ook konvulsies veroorsaak maar glo daardie geskiedenis sal bekend wees!?

Simptome:

*Koors wat skielik styg en herhaal binne die volgende 4 tot 6 ure.

*Bewusteloosheid en onbeheerste skreeu geluide.

*Die kind word styf en hou sy asem in.

*Ledemate wat ritmies ruk.

*Die kind wat urineer en/of ontlas.

*Verwardheid en lomerigheid.

Hoe ernstig is dit??

Konvulsies is baie dramaties en ontstellende om te aanskou, en dit moet ernstig behandel word maar dit is nie lewensgevaarlik nie.

Wat kan jy voorkomend doen om konvulsies te voorkom!?

Breek hoe koors so gou as moontlik ? setpil werk die gouste, trek warm klere uit, lou warm spons of bad !!

Wat om te doen:

Beskerm jou kind teen beserings, stamp teen meubels, sy tong raak byt, keer ook dat die tong nie sy lugweg blok nie, gebruik enige stomp voorwerp soos die agterkant van ʼn lepel draai vinnig enige sagte lap daarom om te verhoed dat sy tande of tong in die proses beseer!! Maar moet ook nooit jou kaal vinger of hand in sy mond druk nie kan jouself beseer. Draai hom op sy sy ingeval hy sou braak om aspirasie te voorkom. Sodra jou kind sy bewussyn herwin sien die dokter so gou as moontlik of neem jou kind na die naaste ongevalle, as die aanval langer as 20 minute aanhou moet hy medikasie kry om die konvulsie te breek en te behandel.

Kneusings

ʼn Kneusmerk is ʼn pers rooierige merk op die vel wat gewoonlik die gevolg is van ʼn val of ʼn stamp wat die klein bloedvaatjiesonder die vel beskadig. Kneusmerke wys makliker in kinders met ʼn ligte vel. Dit kan tot 14 dae vat vir ʼn kneusplek om te verdwyn, dit verander van pers na groen of geel soos wat die bloed pigmente afbreek en geherabsorbeer word in die liggaam.

Wat om te doen:

* Indien jou kleuter of kind val of homself stamp plaas so gou as moontlik ʼn koue kompressie op!

* Jy kan sommer ys in ʼn plastiek sakkie of ʼn rubber handskoen sit of sommer net ʼn ysblokkie op die kneusmerk dadelik dit help dat die bloeding onder die vel nie so vinnig sprei nie en die kneusmerk kleur nie so groot word nie.

* Kan selfs help dat indien hy sy kop stamp dat die knop nie so groot word nie as jy onmiddellik ʼn ysblokkie daarop sit!!

* Arnica het verskillende produkte op die mark wat voorkom in ʼn room of olie selfs in ʼn gel wat pynverligting bring as dit aan ʼn kneusplek aan gewend word ʼn goeie produk om in jou noodhulp kassie te hê.

Kroonuitslag (Baba skilfers)

Cradle cap” dit is algemeen by jong babas. Dit word gekenmerk deur gelerige of bruinerige skilfers wat ʼn kors vorm op die baba se kopvel. Die oorsaak daarvan is onbekend, maar dit kan vererger word deur die gebruik van ʼn onvanpaste sjampoe wat die olie- produserende kliere op die baba se kopvel kan irriteer. Dit kan voorkom as ʼn ekseem.

Wat om te doen:

* Smeer babaolie of akwaroom of vaseline aan die kopvelletjie voordat jy die hare was. Moenie dit probeer afkrap met jou naels nie, dit kan die toestand vererger. Was jou baba se hare gereeld met ʼn baba sjampoe en borsel liggies met ʼn sagte borsel.

* Die rowe of skilfers moet eers sag en los gemaak word dan sal dit maklik afwas. Dit kan voorkom word deur jou baba se hare gereeld te was en te borsel al het jou baba nie baie hare nie!!

*As jy jou baba se hare was moet nooit te hard vryf nie net liggies, sjampoe verwyder vullis binne sekondes dit hoef net te skuim dan spoel jy dit af, anders stimuleer die olie kliere net meer 0m olie af te skei.

* Dit kan tot tien dae vat om die kors los te kry!!

Kopluise

Kopluise is klein plat insekte- sonder- vlerke wat hulle tuis maak in mense se hare, hulle leef van bloed wat hulle op die gasheer se kopvel bekom. Luis besmetting is maklik oordraagbaar. Alhoewel dit nie gevaarlik is nie, dit kan die gasheer se kop erg laat jeuk. Ander simptome sluit klein rooi vlekke op die kopvel asook klein wit eiertjies (nete) in.

Wat om te doen:

*Gaan jou kind se kopvel gereeld na, indien daar wel kopluise voorkom wend ʼn effektiewe en ʼn veilige sjampoe aan (Koop aan by ʼn Apteek), kam dit deur met ʼn nikkelkam en los aan volgens aanwysings.

*Was af en gebruik haaropknapper indien nodig.

*Herhaal behandeling binne 7 dae.

*Behandel ook die res van die gesin.

*Was die kam en haarborsel deeglik met kookwater.

error: Content is protected !!