A tot Z van Kindersiektes
Wat om te doen:
Moenie jou kind op ʼn glutenvrye dieet sit voordat jou dokter dit gediagnoseer het nie. Nadat dit gediagnoseer is sal jou kind vir die res van sy lewe ʼn glutenvrye dieet moet volg. ʼn Dieetkundige is die aangewese persoon om te sien in verband met die dieet en sodra die dieet aangepas is sal jou kind se toestand drasties verander sal binne ʼn paar dae beter lyk en sy stoelgang sal normaal wees.
Wat om te doen:
Kyk eerste in die mondjie vir die wit kolle en raadpleeg jou dokter. As jy nog borsvoed, sal jy sowel as jou baba moet behandeling kry, gewoonlik in die vorm van ʼn salf. Vir sproei op die boudjies is daar ʼn spesiale swamdodende skerm room, vra jou apteker!? Daar is spesiale rome vir die vagina sproei beskikbaar ( Mycostatin ). Indien dit nie binne 2 dae opgeklaar is nie, is daar moontlik ʼn sekondêre bakteriese infeksie. Gaan dan terug dokter toe!
Probiotika: is ʼn goeie bakterieë wat sterk immuun- en spysverteringstelsel bevorder. Die probiotiese stam Reuteri ( Lacto- bacillus reuterie) help om orale sproei en luieruitslag te behandel deur die produksie van die natuurlike antibiotikum reuterin, wat effektief is in die uitroei van candida. Vir die sproei in die mond maak ʼn enkele Reuteri suurlemoengeur koubare tablet fyn, en laat dit in die mond oplos. Vir luier uitslag kan kinders die probiotika deur ʼn Reuteri strooitjie drink saam met enige koel vloeistof of ʼn hele strooitjie kan in ʼn bottel gesit word vir ʼn jonger baba. gebruik een dosis ʼn dag vir ʼn week lank na die simptome verdwyn het.
Reuteri: is ook doeltreffend vir die herstel van ʼn gesonde, gebalanseerde spysverteringsflora, aansteeklike diarree, (gebruik saam rehidrasie oplossing in vloeistowwe) verminder die gebruik van antibiotika deur die immuunstelsel te versterk, verlig simptome geassosieer met laktose intoleransie en volwasse gis infeksies. ( Krampe, winde en diarree).
Designed by LinkDirect Marketing(Pty)Ltd