A tot Z van Kindersiektes
Simptome:
*Koors en hoofpyn gevolg deur swelling van die kliere voor en onder die ore. Dikwels swel dit eers aan die een kant, gevolg deur die ander kant ʼn paar dae later.
*Sluk moeilik en sy mond word droog as gevolg van die speekselklier wat ontsteek is. Soms gaan dit ook met erge maagpyn gepaard. As daar geen komplikasie is nie is dit gewoonlik binne ʼn week verby.
Komplikasies
*Kan insluit testikelontsteking by seuntjies en dit kan lei tot steriliteit.
*Na 10 dae kan jou kind begin met akute hoofpyne en ʼn stywe nek ontwikkel, dan kan dit enkefalitis of meningitis (breinvlies ontsteking) wees wat ʼn ernstige komplikasie is.
Wat om te doen:
Neem jou kind se koors en gee koorswerende middel soos parasetamol.
Hou jou kind rustig tuis in die bed. En behandel tekens en simptome soos koors en pyn.
As jou kind moeilik eet of drink versap sy kos en laat hom dit net suig met ʼn strooitjie of dat jou kind dit net kan sluk.
Gee baie vloeistowwe vir die droë mond maar vermy suur kosse of vrugtesappe mag die kliere laat saamtrek en pyn veroorsaak.
Raadpleeg jou dokter so gou as moontlik om te bevestig dat jou kind wel pampoentjies het en hom observeer vir komplikasies.
Is ʼn vernouing waar die ringspier (Pilorus) wat die maag en die duodenum verbind verdik en vernou sodat die inhoud van die maag nie na die derm kan deurgaan nie. Die oorsaak van die afwyking is nie bekend nie.
Die Simptome ontwikkel ongeveer as die baba ongeveer een maand oud is.
*Voedsel hoop in die magie op en die maag trek saam om die kos deur die verdikte Ringspier ( Pilorus) te dwing 0mdat dit onmoontlik is sal die baba dit met geweld opgooi. Dit word projektiel braking genoem wat die melk met ʼn vors tot amper ʼn meter ver laat trek!! Projektiele braking moet nie met gewone braking verwar word nie.
*Projektiel na elke voeding wat ongeveer na 4 weke begin.
*Baba tel nie gewig op nie. Swakheid en lusteloosheid.
*Afwesigheid van stoelgange.
Wat om te doen:
Pilorusstenose is ernstig, braking kan lei tot dehidrasie.
*Raadpleeg jou dokter dadelik as jou baba na elke voeding die hele voeding uitbraak.
*Jou baba sal na ʼn Pediatriese chirurg verwys word wat jou baba in die hospitaal sal opneem en deur middel van ʼn eenvoudige operasie sal uitvoer om die verdikte ringspier (Pilorus) wyer te maak en daarna sal jou baba heeltemal genees.
Designed by LinkDirect Marketing(Pty)Ltd