fbpx
logo

A tot Z van Kindersiektes

Blindedermontsteking: (Appendisitis)

Die blindederm is ʼn klein, vingervormige stukkie weefsel wat naby die dikderm sit. Die eerste teken dat dit ontsteek, is pyn rondom die naeltjie. Die kind begin siek voel en die pyn verskuif na die onderkant van sy regtersy en word erger. Die feit dat maagpyn voor naarheid en braking verskyn, is ʼn teken dat dit blindedermontsteking is. Dit kom selde voor by babas en kinders onder 2 jaar. Die mees algemene simptome is braking en ʼn geswelde maag. Dit kan ook naarheid, diarree, hardlywigheid, ʼn ligte koors en ʼn slegte eetlus insluit.

Wat om te doen:

As die maagpyn (Akuut) langer as 3 uur duur is dit waarskynlik meer as net maagpyn, kontak jou dokter dadelik en sien die dokter so gou as moontlik, dit kan op ʼn noodoperasie uitloop om die blindederm so gou as moontlik te verwyder. Appendisektomie uithaal van die blindederm.

Bosluisbytkoors

Word veroorsaak deur ʼn organisme bekend as Rickettsia, wat in besmette bosluise voorkom. Gewoonlik is die bytplek sigbaar ʼn seer met ʼn kors en ʼn swart kern, kan in die begin soos ʼn muskietbyt lyk.

Wat om te doen:

Ontsmet die byt plek goed met seep water en alkohol nadat die bosluis verwyder is.

*Knyp die kop en monddele so na aan die vel as moontlik vas en trek stadig met ʼn tangetjie om die hele bosluis te verwyder.

Tekens en Simptome:

*ʼn Kind sal sowat 7 tot 10 dae nadat hy deur ʼn besmette bosluis gebyt is begin met erge hoofpyne en hoe koors, lusteloosheid, begin dan met ʼn rooi vel uitslag en oë is sensitief vir skerp lig.

*Hier kan maklik ʼn verwarring tussen masels en bosluisbytkoors wees.

*Maak seker of daar ʼn bosluisbyt plek is en dan ook kenmerkend is dat bosluiskoors gee vir jou ʼn uitslag in jou handpalms en op die voetsole en in die gesig.

*Behandeling nadat dit gediagnoseer is verkieslik met ʼn antibiotika. Bosluisbytkoors reageer gewoonlik goed op antibiotika.

Bilharzia

Bilharzia word veroorsaak deur ʼn parasiete nl. Schistosoma haematobium enScistosoma mansoni. Grootse deel van hul lewens siklus bring hulle deur in ʼn soort slak wat in damme en in riviere voorkom. Die larwes van die parasiete dring deur die mens se vel as jy in die besmette water swem. Die volgroeide wurms lê hulle eiers in die wande van die blaas en in die rektum.

Tekens en simptome.

Wat dan bloed in die urine en in die derm veroorsaak. Kry ʼn urienmonster wat bloed bevat en laat dit ontleed. Behandeling. Moet behandel word sien jou huis dokter!! anders kan daar letsels ontwikkel en dan lei tot urienobstruksie of herhaalde blaasinfeksie.

Brandwonde

Eerstegraadse brandwonde raak net die buitenste laag van die vel. Dit veroorsaak pyn, rooiheid en swelling.

Tweedegraadse brandwonde buitenste en onderliggende dele van die vel en veroorsaak pyn, rooiheid, swelling en blase.

Derdegraadse brandwonde gaan na die dieper lae van die weefsel en veroorsaak wit of swart verbrande vel wat ook dood voel.

Wat om te doen:

*Stel eers vas hoe ernstig die brandwonde is. As jy twyfel behandel dit as ʼn ernstige brandwond. Vinnige mediese versorging kan latere ernstige infeksies en skade verminder. Onthou dat rook wat ingeasem word ook baie ernstig kan wees, dus is dit belangrik om dadelik mediese hulp te soek wanneer daar rook betrokke was.

*As die brandwonde nie ernstig is nie ( die vel is nie stukkend nie) hou die deel met brandwond onder koel water of week dit in ʼn koel bad water LW. nie yskoud nie, doen dit vir ten minste 5 minute.

ʼn Skoon koue nat handdoek kan die pyn verminder.

Bedek daarna met skoon steriel brandwond pleister Burnshield is ʼn goeie produk om in die huis te hou want so gou as wat dit as ʼn wondbedekking op ʼn brandwond gesit word verminder dit onmiddellik die graad van die brandwond!

Vir ernstige brand wonde neem jou kind so gou as moontlik hospitaal toe!

Moenie enigiets soos materiaal wat aan die vel vasklou probeer verwyder nie.

Moet ook nie enigiets aan brandwonde smeer nie.

Moenie met growwe materiaal soos bv. ʼn handdoek skoon maak nie kan die vel meer beskadig en ook nie met enige wollerige materiaal bedek nie.

Hou ʼn skoon sagte laken byderhand om te gebruik, vermy drukking op die verbrand area.

Pas mond tot mond asemhaling toe as jou kind sukkel om asem te haal.

Braking

Babas word makliker naar as volwassenes hulle kan braak sonder dat hulle siek is, dikwels is die oorsaak bloot dat hulle te gulsig geëet of gedrink het.

Braking kan ook veroorsaak word deur minder ernstige siektes. Maar wees bedag op koors, ontwatering, ander siekte simptoom en maagpyn. Maak ook seker jou kind het nie iets giftig ingekry nie.

Wat om te doen:

Indien jou kind meer as twee keer ʼn dag braak raadpleeg jou huis dokter.

Tree dadelik op as jou kind koorsig is, uitgeput lyk en diarree of maagpyn het of spierpyn of hoofpyn het.

Breuk

ʼn Naelbreuk of Liesbreuk.

ʼn Breuk ontstaan wanneer sagte weefsel weens ʼn swak plek deur die spierwand van die buik wand beur.

Dit lyk soos ʼn effense bultjie op die vel, en dit is duideliker as jou kind hoes of druk.

Die algemeenste soort breuke wat onder kinders voorkom is ʼn Naelbreuk en Liesbreuk. ʼn Liesbreuk, laer af in die lies, kom hoofsaaklik by seuns voor weens ʼn swak plek wat ontstaan nadat die testikels in die skrotum afgesak het.

Naelbreuke hoef nie gewoonlik nie behandel te word nie dit genees vanself.

Liesbreuk kan ook vanself genees maar as ʼn deeltjie van die derm in die breuk vanself vasgevang raak, sal klein operasie nodig wees, maar dit kan op ʼn noodoperasie uitloop as die breuk die derm vasvang wat dan ʼn beklemde liesbreuk vorm.

Simptome is ʼn pynlose bult op die vel oppervlak naby die naeltjie of die lies; die bult word groter as jou kind hoes of nies of wil huil.

Braking en ʼn skerp buikpyn indien die derm vasgevang is.

Brongiolitis

Brongiolitis is die ontsteking van die kleinste lugpypies (brongiole) van die longe. Dit word gewoonlik veroorsaak deur ʼn virus en kom voor by babas jonger as ʼn jaar. Die virus laat die longpypiesi swel en met slym vul wat dan veroorsaak dat die baba moeilik asemhaal.

Tekens en simptome.

Vinnige en moeilike asemhaling.

Dit kan met hoes of verkoue begin.

Hoe koors.

Blou om die lippies.

Behandeling

Raadpleeg jou dokter onmiddellik of neem jou baba na die naaste noodgevalle afdeling.

Jou baba neem klein hoeveelhede voedings op ʼn keer omdat hulle moeg word tydens voedings.

Hospitalisasie mag dalk nodig wees terwille van jou baba se asemhaling.

Brongitis

Brongitis is die ontsteking van die groter lugpype van die long dit kan begin met ʼn geringe infeksie in die boonste asemhaling stelsel bv. ʼn verkoue of keelseer.

Tekens en simptome.

Hoe koors.

Droë hoes wat dan later groen of geel slym oplewer.

Vinnige en moeilike asemhaling.

Braking kan voorkom met hoesbuie

LW: as gevolg van die slym.

Hulle voel beter as die slym uit is.

Behandeling

Raadpleeg jou dokter so gou as moontlik of neem jou baba na die naaste noodgevalle.

Hier mag hospitalisasie ook nodig wees terwille van die asemhaling en binneaarse antibiotika as dit ʼn bakterieel infeksie is.

Gee jou baba dikwels klein hoeveelhede voeding of vloeistowwe om dehidrasie te voorkom.

Hou kind altyd hoog teen kussings om asemhaling te vergemaklik.

error: Content is protected !!