fbpx
logo

Alles oor Immunisasie

<liImmunisasie teen sekere dodelike siektes word as een vd grootste mediese suksesse in die geskiedenis beskou! Siektes soos masels, polio, klem-in-die-kaak, en witseerkeel drasties laat afneem en ander siektes soos pokke amper uitgewis!!

In Suid Afrika is daar ʼn basiese immunisasieprogram wat gratis by klinieke verskaf word mens wil hê ouers moet dit vrywillig laat doen. In ʼn onlangse artikel in Netwerk 24 wat se ‘Dis GROF NALATIG om nie jou kind te laat inent nie’!!!!

Vlg. die artikel is: Ouers wat inenting weier, is op dieselfde vlak as KINDERMISHANDELING!!

WAT IS IMMUNISASIE?? Immunisasie berei jou liggaam voor om teen siektes te veg waarmee jy in aanraking mag kom. Die entstof lyk vir jou liggaam soos ʼn mikro-organisme maar dis drasties verswak en so skep jou liggaam teenliggaampies teen die werklike mikro-organisme en as dit later jou liggaam sou aanval herken jou liggaam dit en is gereed om dit te beveg!!

*Die hooffunksie van jou kind se immuunstelsel om liggaamsvreemde stowwe soos bakterieë, virusse, parasiete, en swamme te erken en daarop te reageer!!

*Die immuunstelsel bestaan uit ʼn netwerk van hoogs gespesialiseerde selle (Witbloedselle) en proteïne (soos teenliggaampies) wat jou liggaam teen siektes beskerm.

*Pasgebore babas se immuunstelsel moet nog ontwikkel nie maar hul trek die voordeel van borsvoeding en ook die moeders se teenliggaampies wat tydens swangerskap aan die ongebore baba oordra.

*Die teenliggaampies neem egter stadig af en verdwyn so teen 5-6 maande, teen die tyd het die baba al hul eie teenliggaampies begin vervaardig maar is nog nie voldoende vir volle beskerming nie!! Dit verklaar waarom babas op 5 en 6 maande oud dikwels maklik vatbaar is vir middeloor infeksies en sinus-en longontsteking.

*Prematuur / vroeggebore babas sal die dokter aanbeveel dat immunisasie op ʼn later ouderdom begin word sodra die liggaams gewig reg is.

*Tussen 1 en 2 jaar begin jou baba se immuunstelsel goed werk om jou baba te beskerm maar tot op 2 jaar is ʼn kind se gestel baie vatbaar vir infeksies deur sekere bakterieë wat ernstige siektes soos breinvliesontsteking (meningitis) en sepsis veroorsaak. Maar gelukkig kan babas teen die meeste soorte meningitis ingeënt word.

*Geen immunisasie is 100% veilig of 100% effektief nie en daar mag moontlike newe effekte wees maar dit sal deur die dokter of klinieksuster geobserveer word.

*Wetenskaplik Konsensus is egter dat daar geen bewys dat daar ʼn verband is tussen MMR vaksine en ontwikkeling van outisme is nie!!! So deur jou kind nie te immuniseer nie speel jy met sy lewe.

*As jou baba siek is na immunisasie hou ingedagte dat hy/sy ʼn reaksie het van die vaksine en ʼn lae graadse koors mag hê asook die rooi en swelling om die spuit area dit is algemene tekens en simptome en verdwyn gewoonlik na ʼn dag of twee indien dit nie verbeter nie kontak jou GP of Pediater of die kliniek sr.

*Onthou die liggaam moet weerstand opbou so moenie die koors onderdruk nie eers as die koors bo 38,3 – 38,5 is gee dan koors medisyne tot dan bou die liggaam witbloedselle op.

WAT OM TE DOEN NA IMMUNISASIE!!

*Gee jou baba ekstra vloeistowwe om te voorkom dat as jou baba koorsig raak na immunisasie dat hulle nie ontwater nie.

* Met koors pieke spons jou baba met lou water af om te help dat koors nie te hoog piek nie, onthou die liggaam bou witbloedselle om die weerstand op te bou!! Vir ʼn koors hoër as 38,3–38,5 kan jy koorswerende medisyne gee. Bv. Parasetamol!!

*Moenie olies of rome aan die spuit plek smeer nie!

*Indien daar enige ander probleme ontstaan stel jou dr of kliniek sr in kennis!!

Tabelle van toediening in kort: Volgens die Staat se program.

L.W Privaat sektor gee die (6-in-1) inspuiting wat hepatitis insluit.

Geboorte : BCG @ tuberkulose /Regterarminspuiting OPV / Druppels teen Polio
6 Weke : OPV / Druppels teen Polio

# RV / Rota virus-vaksien vloeistof per mond

DTaP-IPV / / HiB / Teen witseerkeel (Difterie), klem in die kaak (tetanus), kinkhoes (asellulere pertussis), onaktiewe poliovirus, Haemophilus influenzae B (Verskeie infeksies). Inspuiting in die linkerbobeenspier. ( 5-in-1) LW. Privaat sektor gee die (6-in-1) wat die hepatitis insluit.

HBV(1) Hepatitis B –vaksien / Inspuiting in die regterbobeenspier.

PVC(1) Pneumokokkus-vaksien /Inspuiting in die regterbobeenspier.

10Weke : DTaP-IPV / / HiB(2) herhaling van (5-in-1) /Inspuiting in die Linkerbobeenspier.

HBV (2) : Hepatitis B-vaksien / Inspuiting in die regterbobeenspier.

14 Weke : DTaP-IPV / / Hib (2) Herhaling van (5-in-1) /Inspuiting linkerbobeenspier.

RV (2) / Rota-virus-vaksien / Vloeistof per mond.

HBV (3) Hepatitis B-vaksien/ Inspuiting in die regterbobeenspier.

PVC(2) : Pneumokokkus-vaksien /Inspuiting in die regterbobeenspier.

9 Maande : Masels-vaksien (1) /Inspuiting in die Linkerbobeenspier. Gee jou baba bietjie eier om te eet en as jou baba enige tekens van eier-allergie toon se vir die suster.

PVC (3): Pneumokokkus-vaksien / Inspuiting in die regterbobeenspier.

18 Maande : DTaP-IPV/ HiB(4) Herhaling van (5-in-1)/ Inspuiting in die linkerarmspier.

Masels-vaksien (1) / Inspuiting in die regterarmspier.

6 Jaar : Td: Klem in die kaak (tetanus) + lae dosis difterie (witseerkeel) Linkerboarm
12 jaar : Td: Klem in die kaak (tetanus) + lae dosis difterie (witseerkeel) Linkerboarm

Immunisasie en newe effekte

IMMUNISASIE volgens Privaat sektor .             NEWE EFFEKTE wat vir 2 tot 4 dae mag verskyn

Met Geboorte *BCG en Polio druppel word gegee in die Hospitaal

Polio druppels word gegee (OPV)

BCG (vir TB) inspuiting word op regter boarm gegee

*6 tot 8 weke na TB immunisasie, mag jy ʼn merkie op die boarm sien wat lyk soos ʼn muskiet byt. Hierdie merkie mag groter word, en rooi daar mag selfs ʼn afskeiding wees, maar moenie druk of krap nie of salf aansmeer nie of ontsmet nie. Jy mag jou baba bad soos gewoonlik en net gewoonweg liggies droog maak. Kontak jou Dokter of kliniek sr as dit groter as 1cm/10mm word. ʼn Permanente letsel mag oorbly.
(8,12,16,Weke) Privaat uitgereik.

2)Infranix Hexa: (6-in-1) Linker bobeen Nie Aktiewe poliomiëlitis, Witseerkeel, Tetanus, Hepatitis B, Haemophilus influensa tipe B, en Kinkhoes.

Pyn, Rooiheid, swelling van die spuit area mag voorkom, verlies van eetlus, koors en Lomerigheid mag voorkom. Herhaal op 18 maande.
(6-8 Weke +herhaal op 14-16 Weke)

1.     Rotarix / RV (Oraal) 2x dosisse

Was hande na doekruilings, verlies van eetlus, diarree, braking, winde krampe en buikpyn kom algemeen voor. Moet gegee word voor 6 maande.
(6,10,14 Weke of 8,12,16 Weke)

2.     Rotateq: / RV (Oraal) 3x dosisse

Was hande na doekruilings, verlies van eetlus, diarree, braking, winde, krampe en buikpyn kom algemeen voor. Moet gegee word tot en met 8 maande.
Privaat uitgereik: (6-8 Weke en 10-12 Weke en 14-16 Weke) en 12-15 maande.

Pneumokokkus-vaksien (PVC) Regter bobeen. Meningitis , Pneumonie, otitis media, sinusitis en septisemie.

1)Prevenar 13

Privaat gee 4x inspuitings op aanvraag.

2)Synflorix

(Pneumokokkus-vaksine bevat die nie- tipe Haemophilus Influensa)

Swelling, rooiheid en pyn om spuit area. Diarree, braking, en koors, verlies van eetlus en lomerigheid , mag voorkom.

Mag gegee word van 6weke tot en met 5 jaar.

Privaat gee 4 inspuitings.

Rooiheid, pyn om spuit area, geïrriteerd, lomerigheid, en verlies van eetlus, koors mag voorkom.

6 Maande en 12 Maande

Rouvax: (Masels ) Regter bobeen.

Pyn, rooiheid, swelling om spuit area. Reaksie, mag voorkom binne ʼn week of twee, normaalweg binne 8 dae,

Vel uitslag soos masels, en koors simptome soos masels mag voorkom. ( Moontlike lae graadse koors van 38-39 )

Begin op 12 Maande / herhaal op 18 Maande

Hepatitis A: ( Avax/Havrix) Linker of regter bobeen.

**Opsioneel. (Voorskrif nodig)

Pyn, rooiheid, en swelling om spuit area. Koors, hoofpyn, buikpyn, diarree, naarheid, en braking mag voorkom.

VARILRIX: Waterpokkies. **Opsioneel. (Voorskrif nodig)
Vanaf 12 maande kan dit gegee word.

VARILRIX. Waterpokkies. Regter bobeen

Pyn, rooiheid, en swelling van die spuit area, ʼn lae graadse koors mag voorkom na ʼn paar dae die na immunisasie, asook ʼn ligte mate van die uitslag maar wat weer gou verdwyn.
MMR – vaksine. (15- 18 maande) Dit beskerm teen masels, pampoentjies, en Duitse masels. (Regter bobeen) Pyn, Rooiheid, en swelling van die spuit area. Simptome verskyn so binne 5 tot 15 dae na inspuiting. Uitslag, hoofpyn en koors asook geswelde kliere mag voorkom.
6 Jaar ouderdom: Adacell Quadra, Linker arm, Witseerkeel, Tetanus, Polio, Kinkhoes.

MMR – Regter arm.

Pyn, Koors Rooiheid en swelling van die spuit area.

Pyn Koors Uitslag Rooiheid en swelling van die spuit area.

12 Jaar ouderdom

Adacell Quadra – Linker arm

MMR- (Masels, Pampoentjies, Duitse Masels)

Cervarix vir meisies/ of Gardsil vir seuns. HPV : Menslikepapilloom-vaksien teen servikskanker.

Pyn, Koors, Rooiheid en swelling van spuit area.

Vanaf 9 jaar x 3 dosisse. Skedule verskil effens tussen seuns en dogters. Seunskry immunisasie omdat hulle draers kan wees.

Menactra: (Voorskrif nodig) (9-23mde) x2 dosisse 3 maande uitmekaar.

Meninggococcal meningitis.

Koors en pyn om die spuit area.

Kan ook tussen 2-55 jaar gegee word in een dosis.

<li

Wat Om Te Doen:

  1. Swelling , rooiheid en pyn om spuit area:

*Vryf Arnika of Reparil Gel om die geïnfekteerde spuit area,

*Wend hitte aan die bene vir pyn verligting

  1. Pyn en Koors: Parasetamol, Panado druppels, panado stroop, Empaped setpil of Calpol Stroop.

*Nurofen stroop kan gegee word vanaf een jaar.

*Ponstal of Ponstan stroop kan gegee word vir pyn en koors. ( voorskrif nodig)

*Viburcol setpil van geboorte af. ( Homopatiese produk)

  1. Abdominale pyn en krampe kry,* BUSCOPAN of SCORPEX of generiese medikasie. *Bennet’s koliek mengsel; Bonnycare of koliek calm.
  2. Uitslag:

*Calamine lotion op geïnfekteerde areas.

5) Lokale verdowing:

*jy kan vir baba lokale verdowing aanwend voordat baba gespuit word, verdoof die area met ʼn room wat lokale verdowing bevat een uur voor die tyd.

Maak dit so makliker vir jou baba.

*Bly self kalm.

*Vra of jy jou baba pynstiller kan gee,

*Stel vas dit gegee gaan word trek kleertjies aan wat nie sal skaaf nie.

* Hou jou baba ferm vas terwyl die inspuiting gegee word.

* Troos dadelik met baie liefde.

WEES BEWUS VAN AANSTEEKLIKE KINDERSIEKTES. En waarteen ent jy in!!

Pampoentjies: is ʼn virussiekte wat veral by kinders tussen 5 en 10 voorkom. Dit laat die nekkliere opswel en het simptome soos koors, hoofpyn, en pyn wanneer hulle kou of sluk wat lei tot swak eetlus, koue koors. In baie ernstige kan dit lei tot doofheid, breinvlies ontsteking en selfs onvrugbaarheid by seuns.

Masels: Is ʼn hoogs aansteeklike virale infeksie wat hoofsaaklik in die lente en in die somer voorkom. Veroorsaak Koors pieke tot 40 gr C!!! Loopneus, erge hoes en rooi seer oë wat helder lig nie kan verdra nie, is gewoonlik die eerste simptome wat ervaar word dit word 3 tot 5 dae later gevolg deur ʼn uitslag wat agter die ore begin en dan versprei na die gesig, liggaam, arms en bene. Die uitslag duur ongeveer drie tot vier dae. Wit kolletjies omring deur rooi kringe (Koplik se kolle) verskyn in die mond/wange. Moontlike komplikasies wat mag voorkom sluit in otitis media, pneumonie en ander bakteriële infeksies. In die meeste gevalle word is die enigste behandeling wat nodig is vir pyn en koors.

Duitse masels: Is hoogs aansteeklik en kom meestal voor in die lente. Dit word versprei deur druppel besmetting deur die neus en keel. Dit is veral gevaarlik vir swanger vroue aangesien dit ernstige effekte kan hê op die ongebore baba. Duitse masels begin met liggaamspyn, hoofpyn, en matige verkoue tekens en simptome. Na 1-5 dae verskyn daar ʼn fyn pienkerige uitslag op die gesig en nek en versprei dan na die res van die liggaam. Die uitslag duur gemiddeld drie dae. Baie min behandeling nodig ook net verligting van pyn en koors.

Waterpokkies: Is ʼn hoogs aansteeklike virale infeksie wat gekenmerk word ʼn waterblasie-uitslag op die vel en mukusmembrane veroorsaak. Dit begin gewoonlik met koors en hoofpyn vir 1 tot 3 dae voordat die uitslag verskyn. Die uitslag verskyn in die vorm van groepies kolletjies wat late in blasies verander. Die uitslag verskyn gewoonlik eerste op die boonste deel van die liggaam, maar kan later na dele van die liggaam versprei, insluitend die kopvel, neus, ore, mond en genitale areas. Die blasies kan wissel van slegs ʼn paar tot etlike honderde. Soos wat hulle jeuk en breek vorm rowe wat geïnfekteer mag raak met bakterieë ( sekondêre infeksie) Behandeling behels verligting van die lastige gejeuk en verligting van koors. Sny die vingernaels om te voorkom dat die blase stukkend gekrap word en gebruik “Calamine lotion” om die gejeuk en gekrap te verminder. Selfs Remicaine room bring verligting met aanwending omdat dit ʼn lokale verdowing in het en verligting bring aan die aanhoudende gejeuk.

Roseola Infantum: Is ʼn aansteeklike infeksie wat babas en baie jong kinders affekteer. Dit kom meestal voor in die herfs en lente. Dit mag begin met ʼn matige boonste lugweginfeksie gevolg deur koors wat vir 5 dae kan duur. ʼn Rooi en plat uitslag (soms met opgehewe areas ) verskyn dan op die bors en maag en mag ook die gesig, arms en bene affekteer. Hoe koors kan aanleiding gee tot konvulsies en dus is dit baie belangrik om die kind se koors te beheer. Behandeling is gerig daarop om koors onder beheer te hou en om die kind aan te moedig om vloeistowwe in te neem.

WAARSKUWING!!! Moet nooit aspirien aan kinders gee nie. Die rede is dat ʼn seldsame siektetoestand bekend as Rey Sindroom wat die lewer en die brein aantas, kan voorkom na die gebruik van aspirien in kinders.

Meningitis: Meningitis is ʼn ander naam vir Breinvlies ontsteking. Dit is ʼn ontsteking van die dun vliese rondom die brein en rugmurg. Daar is twee soorte die een word deur ʼn bakterie veroorsaak en die ander deur ʼn virus. Die virale een is byna soos ʼn kwaai griep en duur so drie tot tien dae!! Maar die bakteriële soort kan dodelik wees en kan breinskade veroorsaak. Simptome: Hoe Koors, Hoofpyn, aanhoudende braking, Stywe nek, Oe wat sensitief is vir lig, Uitslag wat soos vlekkies lyk, lusteloosheid, verwarring , ? Konvulsies, en by babas gilskreeu met fontanelle wat bult.

Behandeling: is Lewensbelangrik hoe vroeër dit gediagnoseer word hoe gouer kan die behandeling begin!!! Ouers moet hul kinders baie goed observeer omdat die vroeë fase van meningitis mag dit lyk soos ʼn alledaagse lugweginfeksie, daar is somtyds ʼn verloop van 24 tot 48 uur voordat dit gediagnoseer word. Bakteriële meningitis reageer goed op behandeling wat ʼn antibiotika is wat binneaars toegedien word, Steroïede / Kortisoon kan toegedien word om swelling van die brein te beheer. Virale Meningitis word net simptomaties behandel!! ( Pyn en Koors) Meningitis is minder aansteeklik as gewone verkoue. Maar kan wel versprei deur hoes, nies, kinders is meer en makliker vatbaar as volwassenes. Voorkoming word gebied deur Entstof teen sekere van die gevaarlikste soort meningitis is beskikbaar. Twee van die mees algemene bakterie wat meningitis veroorsaak is Meningokokkus en Streptococcus. Die Haemophilus influenzae tipe B (Hib) is skaarser, maar val dikwels kinders aan, en is ook die gevaarlikste soort wat brein skade en erge gestremdheid kan veroorsaak.

Rota Virus: Dit is hoogs aansteeklik, die algemeenste oorsaak van hewige diarree by babas en klein kindertjies veroorsaak dood by kinders wêreld wyd. Daar is ʼn baie sterk aanduiding dat virusse verantwoordelik is vir die meeste gevalle van gastro-enteritis.

Kinkhoes / Pertussis: is ʼn Bakteriese infeksie wat veral by kinders jonger as sewe voorkom, dis veral gevaarlik vir kinders onder twee. Begin eers met ʼn ligte verkoue en koors. Dit word gekenmerk deur erge hoesbuie wat mettertyd erger word en tydens hoesbuie kan die kind blou word homself uitasem hoes, word gevolg deur hygende optrek van asem wat kan lei tot braking kan ook konvulsies begin kry as gevolg van ʼn tydelik suurstof tekort. Die herstel tyd van kinkhoes duur baie lank!! 6 weke plus!! Kinkhoes is baie aansteeklik !!! steek aan voor die eerste week van diagnose tot +- 3weke na begin van erge hoesbuie.

Hepatitis A: Geelsug is ʼn Lewerinfeksie wat deur besmette stoelgang, water of kos oorgedra word. Ontwikkel griepagtige simptome, gevolg deur geelsug.

Hepatitis B: is ʼn gevaarlike Lewerinfeksie wat Lewerskade, Lewerkanker en selfs dood kan veroorsaak. Geelsug is ʼn opvallende teken wat erger kan word en obstruktief van aard. Stoelgange word bleek, die urine word donker en die lewer en mild toon gewoonlik matige vergroting.

Pneumkokkale: siekte. Dit beskryf ʼn groep siektes wat deur Streptococcus pneumoniae-bakterie veroorsaak word en breinvliesontsteking, longontsteking, sinusontsteking, middel-oorontsteking, insluit.

Tetanus of KlemindieKaak: kan lei tot spierspasma, asemhalings probleme, en hartprobleme.

Tuberkulose: TB is ʼn longsiekte en kan dodelik wees sonder behandeling.

Witseerkeel of difterie: is ʼn ernstige en hoogs aansteeklike keelontsteking, kan asemhaling bemoeilik en hartversaking veroorsaak. Een uit tien mense wat dit kry sterf.

Wees bewus wat is die tydperk tussen kontak en aanvang van die siekte.

Siekte en inkubasie tydperk Verspreidings- metode Simptome Periode waartydens aansteeklik Belangrike komplikasies
Waterpokkies. 10-21 dae Druppelverspreiding. Direkte kontak Rooi kolletjie uitslag wat op die tweede dag, waterblasies vorm. Droog op en vorm rofies. Twee dae voordat uitslag verskyn totdat die laaste rofies verdwyn Ekseem. Littekens as blasies stukkend gekrap word.
Duitse masels. 14-21 dae Druppelverspreiding. Direkte kontak Geswelde kliere agter die ore en in die nek. Fyn uitslag op die eerste of tweede dag Vir een week nadat uitslag verskyn. (Vermy vrouens wat in die eerste 14 weke van Swangerskap
is).
Infeksie mag die brein affekteer, —nie algemeen.
Masels 7-21 dae. Druppelverspreiding. Direkte kontak Verkoue simptome,

hoë koors. Oneweredige uitslag drie dae later, eers agter die ore, gesig en dan die res van die liggaam

Gedurende die volle
Periode.
Longontsteking.

Oor infeksie. Oë mag aangetas word.

Pampoentjies.

14-25 dae.

Druppelverspreiding.

Direkte kontak.

Hoofpyn, seer keel, koors en swak aptyt. Pyn en swelling van die speekselkliere onder die oor. Vanaf aanvang van simptome totdat die swelling weg is. lnfeksie kan versprei na die pankreas, brein en testes.
Difterie

2-6 dae.

Druppelverspreiding. Direkte kontak. Gekontamineerde melk. Seer keel, koors, hoofpyn, braking. Sagte grys membraan vorm oor die keelholte. Totdat 6 daaglikse keel deppers negatief toets. Asemhalingsprobleme. Slukprobleme. Toksiene in bloed kan hart en senuweestelsel aantas.
Kinkhoes.

4-18 dae.

Druppelverspreiding. Direkte kontak. Ligte hoes en verkoue vir + 10 dae, gevolg deur hoes spasmas wat dikwelsmet braking gepaard gaan. Vir 6 weke vanaf aanvang van simptome. Verstikking.

Konvulsies.

Longontsteking.

error: Content is protected !!