fbpx
logo

Nageboorte

Nasorg na 'n vaginale geboorte / keisersnit / induksie

Nasorg na ‘n vaginale geboorte / keisersnit / induksie

Nageboorte Sorg

-Uterus word manuel opgevryf om alle bloedklonte te verwyder.

-Vulva word skoon gemaak en sanitêre doek word in posisie geplaas.

-Pasiënt /moeder word skoon en droog gemaak en warm bedek.

-Pasiënt/moeder word uit kraamkamers / teater na die afdeling verskuif.

-Pasiënt/moeder word geobserveer ten opsigte van identifikasie, operasie/bevalling, tipe narkose toediening, dreineringsbuise, velhegting, obstetriese nr. Van pasiënt, geboorte tyd van die baba, geslag van baba, bloedverlies, vogtoediening, urine uitskeiding, en post operatief observasie asook post operatiewe voorskrif vir behandeling in afdeling.

*Moeder se fisiese/psigiese gemak.

*Apgar telling van die baba.

*Kontrole van binneaarse vogtoediening/bloedverlies/urineuitskeiding.

*Kontrole van post op observasies veral BD/pols/asemhaling/bloeding en dan ook pyn beheer.

*Ten opsigte van bloeding word die uterus gereeld opgevryf dit moet saamtrek om ekstra bloeding wat mag voorkom te passeer/dreineer, die beste alternatief hiervoor is die baba moet so gou as moontlik borsvoed dit laat die uterus baie effektief saam trek.

Nasorg na ‘n vaginale geboorte

*Aambeie is ʼn algemene verskynsel na ʼn bevalling en is gewoonlik pynlik. Gebruik ʼn spesiale aambeisalf en vermy om dit met ontlasting onnodig af te beur.

*Urinering kan pynlik wees, veral as daar skeutjies was met geboorte.

*Vaginale skeure moet ten minste 3x per dag ontsmet word.

*Pynlik Perineum area tussen die vagina en rektum louwarm sitbaddens met ʼn ontsmettings middel of sowat 15 ml sout in die louwarm badwater kan verligting bring en gebruik sanitêre doekies om die pyn te verlig as jy tuis is kan jy die doekies vir ʼn rukkie in ʼn tuimel droëer verhit wat verligting kan bring!!

*Hardlywigheid kom algemeen voor na geboorte, soms uit vrees vir pynlike ontlasting. Drink baie vloeistowwe en eet soveel as moontlik vars vrugte, groente en volgraan brood. Anders as dit reeds ʼn probleem is vra jou Dr om medikasie voor te skryf. Onthou pynstillers is ook geneig om hardlywigheid te veroorsaak!!

*Onthou om voor en na toilet gebruik skoon af te vee om infeksie te voorkom, met urinering kan dit net saggies droog gedruk word.

*Vermy die gebruik van tampons vir die eerste paar weke aangesien dit ook infeksie kan veroorsaak.

*As jy geskeur of geknip is, kan sit soms ongemaklik wees, ʼn mens kry spesiale kussings met ‘n gat in die middel (ringkussing) om drukking op die perineum te verlig.

Nasorg na ‘n keisersnit

*Na die operasie word jou observasies gedoen. As jy narkose gehad het bly jy in die herstelkamer totdat jy jou bewussyn herwin het.

*In die nageboorte saal word jy gemaklik gemaak en pyn beheer word toe gepas.

*Nuwe mammas word aangemoedig om gou – gewoonlik ʼn paar uur na geboorte– uit die bed op te staan en rond te beweeg.

*Probeer om nie gebukkend te loop nie. Beweging is die beste raad vir winderigheid en krampe wat gewoonlik die gevolg van ʼn buik operasie is.

*Keisersnee stem ooreen met enige groot buik operasie, maar die ongemak is meer, moet dus nie groot of swaarvoorwerpe optel nie, want dit kan die wond beskadig of skeur.

*Hardlywigheid en Aambeie is ook algemeen na ʼn keisersnit volg raad soos by normale kraam.

*Wanneer jy jou baba voed, plaas ʼn kussing op jou wond sodat jou baba nie op jou wond rus nie.

*Plaas ook drukking op die wond as jy hoes om dit te ondersteun.

*Indien die wond besonder rooi lyk, of wil lostrek moet jy dadelik jou Dr kontak!!

*Die meeste vroue is gewoonlik ʼn dag na die keisersnee al op en aan die gang en bring sowat drie dae in die Hospitaal deur.

*Dit is goed om maar vir die eerste paar dae iemand tuis te kry wat jou kan help , veral as jy ander kinders het. Die wond seer wees .

*Net soos na ʼn normale bevalling, sal jy ʼn vaginale bloeding hê vir twee tot ses weke na die keisersnee. Gebruik sanitêre doekies daarvoor en nie tampons nie.

error: Content is protected !!