fbpx
logo



3 tot 4 Jarige Kleuter

Mypale En Ontwikkeling

Sodra jou kind verby hul tweede verjaardag is, begin hul die wêreld rondom hulle te verower met nuut -gevonde vaardighede. Watter mylpale kan jy hier te wagte wees.

Besig, besig, en nogmaals besig – dis hoe ʼn mens ʼn kleuter van 3 tot 4 jaar oud ervaar en kan beskryf. Hul energie sal jou pootuit laat, maar jy sal ook met verwondering toekyk hoe hul allerhande plannetjies uitdink en jou selfs ʼn ding of twee leer oor probleem oplossing!! Omdat hul nou samehangende begin praat sal jy ook sêgoed waarmee hul vorendag voorkom ook baie geniet. Onthou, skryf dit nee dat jy dit vir altyd kan onthou!

Fisieke ontwikkeling.

Jou kleuter sit gemiddeld sowat 1,8 kg tot 2,6 kg per jaar aan en groei sowat 7 cm tot 9cm per jaar. Die liggaamsproporsies verander geleidelik en soos wat been en spiergroei plaasvind, rek die liggaam langsaam. Hul lyk nie meer soos ʼn baba nie, maar behou nog bietjie van hul baba vetjies. Teen die einde van die vierde jaar is hy nie meer so mollig nie en kuiltjies op die hande en boudjies verdwyn. ʼn Kleuter het egter gewoonlik ʼn boep magie. Hul kry nou groter beheer oor hul blaas beheer en rektum, wat beteken dat dit ideaal is om met potjielesse te begin. Dit behoort dan net ʼn paarmaande te duur voordat hul bedags en snags heeltemal droog is. Feitlik al die kleuter se vaardigheid ontwikkelings vind plaas omdat hul liggaam gereed word daarvoor, jy kan dit dus nie “druk” nie.

Fynmotoriese vaardighede:

Teen die einde van 3 jaar:

  • Hul kan vertikale, horisontale en sirkel bewegings met ʼn kryt maak.
  • Hul kan ʼn boek se bladsye een-een omblaai.
  • Hul bou ʼn toring van meer as nege blokkies.
  • Hul kan ʼn kryt min of meer in die regte posisie vashou.
  • Hul begin om bottel proppe en skroewe heel gemaklik af te draai.

Teen die einde van 4 jaar:

  • Hul kan nou ʼn vierkant nateken.
  • Hul kan nou ʼn stokkies mannetjie teken met twee tot vier liggaamsdele.
  • Hul is taamlik in beheer van ʼn skêr.
  • Wanneer hul teken, kan hul sirkel vorms en vierkante teken en jy kan dalk die eerste tekens van iets soos ʼn huis in hul tekeninge sien.
  • Hul begin sekere letters nateken en herken en moontlik ook ʼn paar.
  • Hul kan hul naam herken wanneer jy dit ʼn paar keer vir hul geskryf en gewys het.

Grootmotoriese vaardighede:

Teen die einde van 3 jaar:

  • Jou kind klim heel goed op ʼn klimraam en kan bome aandurf.
  • Hul loop met alteratiewe voete by trappe op en hoef nie meer stil te staan tussen trappe nie.
  • Hul kan al die bal redelik akkuraat skop of gooi, hoewel dit somtyds nog skeef mag wees.
  • Hardloop is vir hul lekker en hul doen dit gemaklik.
  • Hul kan al ʼn drie wiel ry.
  • Hul kan buk sonder op te val.
  • Hul kan hulself al uittrek.

Teen die einde van 4 jaar:

  • Kan hul al een beentjie spring en vir tot vyf sekondes op hul een beentjie staan.
  • Hul kan sonder hulp op- en afklim by trappe.
  • Hul kan die bal al mee akkuraat skop of gooi veral vorentoe.
  • Hul kan al die bal gooi van bokant hul kop.
  • Hul kan ʼn bal wat bons taamlik akkuraat raak vang.
  • Hulle kan met vaardigheid vorentoe en agteruit loop.
  • Hul kan self aan en uit trek, maar sal nog soms sukkel met klein knoppies en kan nog nie veters vas maak nie.

Taalvaardighede:

Teen die einde van 3 jaar:

  • Hul kan ʼn opdrag van 2 dele verstaan.
  • Hul herken en benoem die meeste algemene voorwerpe in die omgewing.
  • Hul verstaan meeste sinne.
  • Hul verstaan dinge soos in, onder, bo-op.
  • Hul gebruik sinne tussen vier en vyf woorde.
  • Hul kan hul naam, ouderdom, en geslag noem.
  • Hul gebruik woorde soos ek, jy, julle en ons gewoonlik reg.
  • Vreemdelinge kan meestal hul gesprekke verstaan.

Teen die einde van 4 jaar:

  • Hul verstaan basiese konsepte soos “dieselfde” en “verskillend”.
  • Hul verstaan al ʼn paar grammatikale dinge soos “nie” in Afrikaans en verkleinwoorde.
  • Hul begin ʼn duideliker konsep van tyd vorm.
  • Hul praat in sinne van vyf tot ses woorde, en hul praat duidelik genoeg dat mense buite die gesin hul kan verstaan.
  • Hul kan al begin stories vertel.

Sosiale en emosionele vaardighede:

Teen die einde van 3 jaar:

  • Hul hou nie van groot veranderinge in roetine nie.
  • Hul is nog afhanklik van hul ouers of dan hul versorger.
  • Hul wys liefde graag openlik vir mense naby hulle.
  • Hul begin nou makliker wegbeweeg van hul ouers.
  • Hul verstaan “myne” en “joune” maar deel nie graag nie.
  • Hul is meer samewerkend as op 2 jaar en toon tekens van self beheer.
  • Hul maak hul maatjies en volwassenes na.
  • Hul kan steeds koppig wees.
  • Hul kan begin beurte maak in speletjies.
  • Onsekerheid word as skaamheid uitgedruk
  • Hul is baie trots op wat hul al self kan doen.

Teen die einde van 4 jaar:

  • Hul leer om frustrasies beter te hanteer en sy eie beperkinge te verstaan.
  • Hul werk al saam in ʼn span met ander.
  • Hul speel graag ma-ma of pa-pa.
  • Hul verlaat maklik hul bekende omgewing om nuwe dinge te ontdek.
  • Hul verstaan nie altyd die verskil tussen werklikheid en fantasie nie.
  • Hul kan soms emosioneel raak.
  • Hul kan al onderhandel om konflik op te los.
  • Hul hou daarvan om te spog.
  • Hul kan begin bang word vir dinge wat nie bestaan nie.
  • Hulle is meer selfversekerd.

Kognitiewe vaardighede:

Teen die einde van 3 jaar:

  • Hul kan die meeste van hul meganiese speelgoed self laat werk.
  • Hul kan ʼn voorwerp in ʼn boek pas by die werklike voorwerp.
  • Hul speel fantasie speletjies met poppe, karretjies en mense.
  • Hul kan voorwerpe volgens kleur en vorm sorteer. Hul kan n legkaart met drie of vier stukke maklik voltooi.
  • Hul verstaan die konsepte “een” en “twee”.

Teen die einde van 4 jaar:

  • Hul kan nou ʼn hele paar kleure benoem.
  • Hul kan tot minstens vyf tel sonder om foute te maak.
  • Hul tydsbegrip is baie beter!! Bv. volgende week
  • Hul kan deel van ʼn storie herroep en oorvertel.
  • Hul hou steeds van fantasiespel.

Wat kan ek doen om te help?

  • Gee jou spruit baie kans om te hardloop, te spring en fiets te ry.
  • Lok hul uit om gesprekke met jou te voer, selfs stories te vertel.
  • Wanneer hul klaar ʼn storie gehoor het, vra hul uit daaroor; waarvan hul die meeste gehou het, wat hul laat lag het? Dit prikkel hul geheue.
  • Koop vir hul legkaarte wat ouderdomsgerig is.
  • Laat hul met blokkies speel ook kleiner blokkies.
  • Gee vir hul kreatiewe dinge om te doen, soos klei speel en verf.
  • Gee hul klein messie en vurkie om te eet.
  • Laat hul dinge vir jou aandra, soos ʼn koppie of beker.
  • Speel “ ek sien met ʼn kleine ogie iets wat begin met ….” of wat n sekere kleur is- hul sal gou leer!!
  • Skryf hul naam neer waar hul dit gereeld kan sien.
  • Leer hulle hul naam, van, ouderdom en later ook hul adres.
  • Speel tel speletjies.

Gee hul ruimte vir fantasie, bv. deur n Batman-pakkie of Barbie pop en tyd waarin hul kan fantaseer.

  • Gee hul kans om met maatjies te speel.

Wanneer om hulp in te roep

Neem jou kind vir ʼn volledige evaluering as hy:

Aan die einde van 3 jaar:

  • Nog dikwels val en nie trappe kan klim nie.
  • Nie eenvoudige instruksies verstaan nie.
  • Geen belangstelling in ander kinders toon nie.
  • Nie ʼn toring van vier blokke hoog kan bou nie.
  • Baie onduidelik praat en nie in sinne kan praat nie.
  • Nie iets kan teken wat soos ʼn sirkel lyk nie.
  • Nie klein voorwerpe kan manipuleer nie.
  • Glad nie kan losmaak van sy ma nie.
  • Nooit fantasie speletjies speel nie.

Aan die einde van 4 jaar:

  • Nie belangstel in interaktiewe speletjies nie.
  • Nie ʼn bal kan gooi nie.
  • Nie op en plek kan spring nie.
  • Nie kryt tussen duim en voorvinger kan vashou nie.
  • Nie vyf blokkies hoog kan bou nie.
  • Nie hulself wil aantrek nie en nie die toilet gebruik nie.
  • Baie klouerig is.
  • En nie sinne van meer as drie woorde kan praat nie!!

Hou dit net ingedagte dat nie twee kinders dieselfde is nie!! Elkeen is uniek!! Of hulle dieselfde ouderdom is en of hulle in dieselfde gesin groot word!!

error: Content is protected !!