fbpx
logo

A tot Z van Kindersiektes

Diarree & Rotavirus / Gastro-enteritis

As jou kind meer as vier los en waterige stoelgange per dag het, het hy waarskynlik diarree. Dit word veroorsaak deur infeksies deur virusse, bakterieë, of parasiete. Die simptome begin gewoonlik met maagkrampe. Die losstoelgange duur gewoonlik ʼn paar dae.

Wat om te doen:

Gee jou kind baie vloeistowwe om te drink, gee rehidrasie vog.

As jou baba reeds vaste kos eet moet jy dit eers weglaat net bors melk of formulemelk gee gewoonlik half sterkte of spesiale voedings wat suikervry is !!

Maak ʼn Glukose drankie vir jou kind bestande uit Glukose 20ml + Sout 2,5ml + Afgekoelde kookwater 500ml.

Hou ʼn ouer baba of kind se dieet eenvoudig verkieslik nie melk of suiker in die kos nie, maizena pap of kapokaartappel gemaak met opgekookte vleissous of slap mieliepap (met kunsmatige versoeter) kan die magie weer bind soos die ou mense sou se!!

Babas kan baie gou ontwater en kan uiters gevaarlik wees, hou die tekens dop as daar enige tekens is van ontwatering, koors, erge maagpyn of braking, raadpleeg jou huisdokter.

Het jy geweet Rotavirus is die mees algemene oorsaak van gastroenteritis in kinders tussen 3 maande en 2 jaar en dat dit dikwels uitbraak van diarree in kleuterskole veroorsaak?

Simptome sluit in koors, naarheid en braking.

En soos hulle sou se “plof” stoelgange wat waterig is en kenmerkend slegruikend!!

Koors en braking word simptomaties behandel en stop gewoonlik binne 2 dae maar die diarree kan tot ʼn week aanhou.

Een van die maniere om akute diarree tee te werk is om jou kind interflora te gee.

Gebruik dit ook saam met antibiotika, interflora bevat ʼn natuurlik gis wat nie deur antibakteriële middels vernietig word nie.

Vir akute simptome van diarree is daar Smecta wat ʼn mens kan koop by jou apteek, Cliks, Dis-Chem kan selfs by jou supermark bv. Checkers op die rak gekoop word sonder ʼn voorskrif is veilig om vir kinders self babas te gee! Dit bring verligting van simptome en ʼn gesonde manier om diarree te stop. Kom in ʼn aangename geur nl. Lemoen-vanilla geur heel aanvaarbaar vir kinders.

Duitse Masels (Rubella)

Duitse Masels (Rubella) dis ʼn virussiekte soos masels, maar nie so ernstig nie. Duitse masels kom gewoonlik by kleuters voor. Duitse masels kan egter gevaar inhou vir die ongebore baba veral in die eerste 3 maande van swangerskap.

Simptome eerstens lyk dit soos verkoue met ʼn loopneus, koors en ʼn seerkeel.

*Hoofpyn kan ook voorkom. Sekere kinders het ook gewrigspyn .

* Die uitslag verskyn eers na ʼn paar dae – eers met vlekkies op die gesig, daarna op die romp en soms op die arms en bene. Die vlekkies is ligrooi en plat en nie so dig opeen soos met masels nie, maar dit kan soms lyk of dit op die gesig aaneenloop.

Die Limfkliere in die nek , armholtes en lieste kan seer wees.

Wat om te doen:

Hou jou kind in die huis, raadpleeg jou huis dokter.

*Gee parasetamol vir koors en genoeg vloeistowwe.

*Vermy swangervroue, en as ʼn meisie so teen 11 of 14 jaar dit nog nie gehad het nie moet sy ingeënt word, indien ʼn persoon Duitse masels gehad het is hulle daarna gewoonlik lewenslank daarteen bestand.

error: Content is protected !!