fbpx Skip to content

Bou jou kind se immuunstelsel

[et_pb_section admin_label=”section” fullwidth=”on” specialty=”off” background_color=”#2ea3f2″ inner_shadow=”on” parallax=”off”][et_pb_fullwidth_header admin_label=”Fullwidth Header” title=”Bou jou kind se immuunstelsel” subhead=”die beste manier om te keer dat jou kind gedurig siek raak, is om jou kind se immuunselsel van die begin af sterk te maak!” background_layout=”dark” text_orientation=”left” header_fullscreen=”off” header_scroll_down=”off” parallax=”off” parallax_method=”off” content_orientation=”center” image_orientation=”center” title_font=”|on|on||” subhead_font=”|on|on||” custom_button_one=”off” button_one_letter_spacing=”0″ button_one_use_icon=”default” button_one_icon_placement=”right” button_one_on_hover=”on” button_one_letter_spacing_hover=”0″ custom_button_two=”off” button_two_letter_spacing=”0″ button_two_use_icon=”default” button_two_icon_placement=”right” button_two_on_hover=”on” button_two_letter_spacing_hover=”0″] [/et_pb_fullwidth_header][/et_pb_section][et_pb_section admin_label=”Section” fullwidth=”off” specialty=”off” background_image=”http://www.sransmaenbaba.co.za/wp-content/uploads/2016/03/sransmababa-min.png” transparent_background=”off” allow_player_pause=”off” inner_shadow=”off” parallax=”on” parallax_method=”off” padding_mobile=”off” make_fullwidth=”off” use_custom_width=”off” width_unit=”on” make_equal=”off” use_custom_gutter=”off”][et_pb_row admin_label=”Row”][et_pb_column type=”4_4″][et_pb_text admin_label=”Text” background_layout=”light” text_orientation=”left” use_border_color=”off” border_color=”#ffffff” border_style=”solid”]

  1. Eerstens borsvoeding beskerm jou baba van geboorte af, probeer as dit moontlik is vir ten minste die eerste 6 maande te borsvoed.
  2. Onthou dat kinders aan kieme blootgestel MOET word om immuniteit op te bou, wat nou nie beteken dat jy jou kind onhigiënies moet grootmaak nie, hulle moet leer om gereeld en deeglik hande te was.
  3. Goeie voeding is noodsaaklik. Gebrek aan goeie en gesonde kos kan die oorsaak van gereelde/ chroniese infeksies wees. Die belangrikste is Vit A,C,E en noodsaaklike vetsure. Bv. baie vars vrugte en groente en rooivleis asook tuna kan wondere verrig.
  4. Vermy teveel suiker daar is al bewys dat teveel suiker die witbloedtelling kan verlaag wat dan ook jou immuniteit sal verlaag. Die funksie van witbloedselle is om kieme wat siektes veroorsaak te vernietig, kinders wat se witbloedtelling verlaag is, is meer geneig om verkoue, griep en maagvirusse te kry en dan veral na kinderpartytjies.
  5. Kos soos knoffel in geregte kan dien as ‘n natuurlike antibiotika.
  6. Eet gereeld jogurt veral as jou kind antibiotika gebruik dit dien as ʼn natuurlike probiotikum.
  7. Genoeg probiotika help ʼn kind om ʼn gesonde spysverteringstelsel te 0nderhou en bevorder, en om siektes te beveg!!

DAGSORG. Dis die begin van die Nuwejaar en daar is babas of kleuters wat vir die eerste keer na ʼn dagsorg of ʼn speelgroepie gaan.

Na die eerste maand word jou kind wat byna nooit siek was nie, die siekste wesentjie en ʼn gehoes en ʼn geproes en dit hou net nie op nie!! Wat is die probleem???

Somtyds noem mense dit ʼn crechesindroom, dit verwys na kinders wat in dagsorg herhaaldelik siek word. Babas en kleuters is baie vatbaar vir kieme en waarskynlik omdat hulle vir die eerste keer blootgestel word aan ʼn hele reeks siektes waaraan hulle nie gewoond is nie!!

Omdat hul immuunstelsel nog ontwikkel, is hulle baie meer vatbaar vir maag- en verkouevirusse!!

Maar ONTHOU ons het gesê KINDERS MOET AAN KIEME BLOOTGESTEL WORD!!

Gee ʼn multivitamien aanvulling daar is ʼn verskeidenheid strope tans op die rakke maar kyk na die inhoud dit moet ʼn vit C bevat asook Yster omdat dit belangrik is vir versterking van hul weerstand vit C bevorder die opneem van Yster en andersom Yster bevorder die opneem van vit C dit voorkom dat hul maklik verkoues en long siektes kry. Onthou dat as ons verwerkte produkte bv. pap of kosse gee wat vitamine bevat jy dit vir ten minste vir 3 maande elke dag moet gee voordat dit in die gestel opgeneem 0m ʼn verskil aan jou kind se weerstand te maak!!

Moenie skrik en jou baba of kleuter dadelik van Dagsorg of Kleuterskool verskuif nie!! Ons behandel dit volgens tekens en simptome en hulle bou self weerstand so op!!

BELANGRIK moenie as jou kind ʼn laegraadse koors het dit onderdruk met koors medisyne nie ʼn koors moet geneem word en daar word eers medisyne gegee vir ʼn koors bokant 38.3 tot dan bou die liggaam witbloedselle op om die siekte wat dit ook al mag wees te beveg!!!

Maak seker wat is jou Dagsorg se beleid teen siek kinders wat skool toe kom en voer dit deur. Daar behoort reëls te wees oor wanneer siek kinders by die huis moet bly.

VOORSORG is BETER as NASORG.

HIGIENE!!!!

*Maak seker dat die Dagsorg wat jy kies, goeie higiëne handhaaf veral t.o.v babas en kleuters. As jy nie gelukkig is in die verband nie dan kan jy gerus uitkyk vir ʼn Dagsorg waar goeie higiëne gehandhaaf word!!

*Leer jou kind om gesonde gewoontes aan te leer t.o.v higiëne dit kan help om die gevaar van infeksies te verminder.

*Om elke keer hande te was na toilet gebruik, asook hande te was nadat hy/sy genies, hoes of neus geblaas het en behoorlik agterna hande droog te maak; gebruik ook net skoon snesies of droë papierhanddoeke!! En gooi weg in ʼn asblik as jy klaar is daarmee.

*Om nie hoede borsels, tandeborsels of ander persoonlike items met ander kinders te deel nie al is dit jou beste maatjie!!

*En dan ook wat kinders nie altyd besef nie is moenie aan ander kinders se seerplekke of bloed of enige af of uitskeiding te vat nie!!

Wanneer moet my kind by die huis bly???

As jou kind enige van die vlg. simptome toon::

*Koors, aanhoudend huil, en ʼn gesukkel om asem te haal, dit kan alles tekens en simptome van ʼn siekte wees.

*Boonstelugweg-infeksie soos griep, verkoue en brongitis is redelik algemeen en is aansteeklik.

*As jou kind braking het en dit gaan met diarree gepaard het jou kind waarskynlik gastro-enteritis!! Somtyds eers braking en daarna begin die aanhoudende diarree!!!

* Uitslag wat die tekens en simptome van infeksie kan wees of ʼn aansteeklike siekte.

*Pienk oë en gelerige uitskeiding uit die oë het;

*Seertjies in die mond wat oormatige spoeg veroorsaak, maak by jou dr seker dat dit nie aansteeklik is nie, Stomatitis word veroorsaak deur ʼn Herpes virus en is aansteeklik!!

*Kopluise, jy kan jou kind terugstuur skool toe nadat dit deeglik behandel is;

*Haarwurms of enige ander vorm van wurms in stoelgange!!

Hoewel ʼn mens alles in jou vermoë doen om te keer dat jou kind siek word, is party siektes onvermydelik. Troos jou daaraan dat as sy nie al hierdie kwale nou in die Chreche / Dagsorg opdoen nie, sal hulle dit waarskynlik sal kry as hulle groot skool toe gaan.

Goeie nuus is ook dat hierdie blootstelling veroorsaak dat hulle immuunstelsel vroeg gestimuleer word om witbloedselle te produseer wat dan hul weerstand teen siektes verhoog!

[/et_pb_text][/et_pb_column][/et_pb_row][/et_pb_section]

error: Content is protected !!