fbpx Skip to content

CPR / KPR vir kinders – Ingeval van ʼn Resussitasie

[et_pb_section admin_label=”section” fullwidth=”on” specialty=”off” background_color=”#2ea3f2″ inner_shadow=”on” parallax=”off”][et_pb_fullwidth_header admin_label=”Fullwidth Header” title=”CPR / KPR vir kinders” background_layout=”dark” text_orientation=”left” header_fullscreen=”off” header_scroll_down=”off” parallax=”off” parallax_method=”off” content_orientation=”center” image_orientation=”center” title_font=”|on|on||” subhead_font=”|on|on||” custom_button_one=”off” button_one_letter_spacing=”0″ button_one_use_icon=”default” button_one_icon_placement=”right” button_one_on_hover=”on” button_one_letter_spacing_hover=”0″ custom_button_two=”off” button_two_letter_spacing=”0″ button_two_use_icon=”default” button_two_icon_placement=”right” button_two_on_hover=”on” button_two_letter_spacing_hover=”0″ subhead=”Ingeval van ʼn Resussitasie”] [/et_pb_fullwidth_header][/et_pb_section][et_pb_section admin_label=”Section” fullwidth=”off” specialty=”off” background_image=”http://www.sransmaenbaba.co.za/wp-content/uploads/2016/03/sransmababa-min.png” transparent_background=”off” allow_player_pause=”off” inner_shadow=”off” parallax=”on” parallax_method=”off” padding_mobile=”off” make_fullwidth=”off” use_custom_width=”off” width_unit=”on” make_equal=”off” use_custom_gutter=”off”][et_pb_row admin_label=”Row” make_fullwidth=”off” use_custom_width=”off” width_unit=”on” use_custom_gutter=”off” padding_mobile=”off” allow_player_pause=”off” parallax=”off” parallax_method=”off” make_equal=”off” column_padding_mobile=”on”][et_pb_column type=”4_4″][et_pb_text admin_label=”Text” background_layout=”light” text_orientation=”left” use_border_color=”off” border_color=”#ffffff” border_style=”solid”]

ʼn Mens moet voordurend suurstof kry om te kan lewe!! Breinskade kan na slegs 3 minute ontstaan! As jou kind bewusteloos is en nie asemhaal nie, kan jy nog sy lewe red deur self sy asemhaling en bloedsirkulasie oor te neem deur middel van KPR!

Resussitasie is die term wat die kombinasie van tegnieke wat beskryf wat gebruik word om ʼn mens se bewussyn te laat herwin en weer te laat asemhaal!

  • Die Tegnieke Sluit die volgende in:
  1. Maak die Lugweg oop!
  2. Haal jou kind asem ( Mond tot mond Asemhaling)
  3. Laat sy Bloed sirkuleer ( Eksterne borskaskompressies)
  • Die Lugweg bestaan uit gange tussen jou kind se mond, neus en longe. As hy bewusteloos is kan hy moeilik asemhaal as hy op sy rug .
  • Lug kan moontlik nie by sy longe uitkom nie omdat sy tong teruggeval en sy lugweg blokkeer, die kop dalk vorentoe gebuig is, sodat die lugpyp se opening effens toe geknyp is, daar mag ook dalk vloeistof of braaksel agter in sy keel opgegaar het en nie weg gedreineer kan word nie!
  • Wat moet ek doen?
  1. Laat jou kind op ʼn ferm oppervlak lê, plaas jou een hand op jou kind se voorkop en die ander een onder sy nek. Druk liggies op die voorkop om die kop agteroor te buig. Die posisie is reg wanneer jy reguit in sy neusgate kan afkyk.
  2. Plaas twee vingers van die een hand op jou kind se ken en lig sy kakebeen op, sodat sy ken vorentoe kom. Die tong sal saam met die kakebeen vorentoe kom en so die lugweg oopmaak. Kyk of hy asemhaal.
  3. Babas het baie kort nekkies en sagte lugpypies en as jy die kop te ver agteroor buig, kan jy die lugweg maklik blokkeer.
  4. Stut die kakebeen deur twee vingers van die ander hand op die benerige deel van die ken te hou. Kyk of hy asemhaal.
  5. Maak altyd eerste seker of jou kind asemhaal, as jou kind asemhaal al is dit net effentjies, moet jy hom met rus laat!! Moenie mond -tot -mond asemhaling toepas om hom vinniger asem te laat haal nie draai hom net in die herstel posisie.
  6. As jou kind nie asemhaal nie!! Kyk eerstens of daar nie iets is wat jou kind se lugweg blokkeer nie. draai jou kind se kop kant toe en voel versigtig met jou vinger in sy mond en as daar iets is moet jy dit vinnig uitkrap, maar wees versigtig dat jy dit nie verder in sy keel afdruk nie!
  7. As dit ʼn klein babatjie is moet jy verkieslik nie jou vinger in sy mond steek nie tensy jy die voorwerp duidelik kan sien en jy seker is daar is geen risiko dat die voorwerp in sy keel kan afglip nie, dit is ʼn beter opsie om hom onderstebo te hou en op sy rug te slaan. Kyk weer dat jou kind asemhaal.

Onthou as jou kind nie asemhaal nie en die lugweg nie geblokkeer is nie begin onmiddellik met mond-tot-mond asemhaling!

LW. As jou kind asemhaal sal sy hart ook sal klop!

[/et_pb_text][/et_pb_column][/et_pb_row][/et_pb_section]

error: Content is protected !!