fbpx Skip to content

Kindersiektes van A tot Z

[et_pb_section admin_label=”Section” fullwidth=”on” specialty=”off”][et_pb_fullwidth_header admin_label=”Fullwidth Header” title=”Kindersiektes van A tot Z” background_layout=”dark” text_orientation=”left” header_fullscreen=”off” header_scroll_down=”off” background_color=”#1e73be” parallax=”off” parallax_method=”off” content_orientation=”center” image_orientation=”center” custom_button_one=”off” button_one_letter_spacing=”0″ button_one_use_icon=”default” button_one_icon_placement=”right” button_one_on_hover=”on” button_one_letter_spacing_hover=”0″ custom_button_two=”off” button_two_letter_spacing=”0″ button_two_use_icon=”default” button_two_icon_placement=”right” button_two_on_hover=”on” button_two_letter_spacing_hover=”0″] [/et_pb_fullwidth_header][/et_pb_section][et_pb_section admin_label=”section” background_image=”http://www.sransmaenbaba.co.za/wp-content/uploads/2016/03/sransmababa-min.png” transparent_background=”off” allow_player_pause=”off” inner_shadow=”off” parallax=”on” parallax_method=”off” padding_mobile=”off” make_fullwidth=”off” use_custom_width=”off” width_unit=”on” make_equal=”off” use_custom_gutter=”off”][et_pb_row admin_label=”row”][et_pb_column type=”4_4″][et_pb_text admin_label=”Text” background_layout=”light” text_orientation=”left” use_border_color=”off” border_color=”#ffffff” border_style=”solid”]

Eerstens wat is ʼn Virus: Virusse is oral rond maar solank dit nie in die menslik liggaam inkom nie is dit skadeloos maar kan dodelik wees sodra dit die menslik liggaam bereik. ʼn Virale infeksie het tekens en simptome soos griep en verkoue, hierdie virale infeksie behandel jy meestal net die tekens en simptome dit het ʼn tydsduur en gaan weer self weg.

Tweedens wat is ʼn bakterie: Dit bestaan uit miljoene klein mikrobes wat deur middel van besmette kosse of water of wond besering die liggaam binne dring met baie slegte newe effekte. Die liggaam se reaksie mag reageer onmiddellik in verhoogde koors, diarree, braking ens. Moet meestal met ʼn antibiotika behandel word, besoek dan jou huis dokter.

A) Medisyne gee. (Manewales) Dis soms nogal ʼn stryd om medisyne in daardie klein lyfies te kry. Hier is ʼn paar blits gidse om medisyne doeltreffend in te kry!! Onthou die sukses van enige behandeling is dat jou baba/ kleuter / of Kind die volle dosis per mond moet inkry om die herstel proses te versnel!! Somtyds sal ʼn ma vir jou se haar kleuter het al 3 kursusse antibiotika gekry maar dit het nie gehelp nie daarom word haar kind nou gehospitaliseer vir behandeling omdat sy gesondheid verswak het, maar in dieselfde asem se sy vir jou as jy die medisyne vir hom inkry is jy goed?? Wat beteken hy het nie die vorige dosisse behoorlik ingekry nie?? Strope: 1)Met ʼn inspuiting: Hierdie metode gee vir jou maksimum beheer. Jy trek die korrekte hoeveelheid op (sonder ʼn naald natuurlik) Hou die spuit tussen jou baba/kleuter se tandvleise of tande en in die wang sodat hulle nie die medisyne kan proe en uitspoeg nie, spuit dit stadig in die mond verkieslik moet jou baba/kleuter half in ʼn lê posisie in jou arms wees sodat jy beheer kan hê oor hul arms en dat hulle nie rond kan rol of skop nie glo my hulle kan spook as hulle nie wil saamwerk nie maar dit is belangrik dat jy in beheer bly van die proses. Jy kan ook die armpies liggies met ʼn kombersie toedraai. So gee jy dan die medisyne totdat die spuit leeg is, stadig maar seker!! Onthou die spreek woord se “ You have to be crule to be kind!!

2) In jou baba se bottel se speen: Draai die ring en speen af trek die korrekte hoeveelheid in ʼn spuit op en laat jou baba stadig suig aan die speen en spuit die stroop versigtig van agter af in die speen terwyl jou baba daaraan suig!!

3)Medisynedrupper: Trek die medisyne op in die drupper en hou jou baba op jou skoot met haar koppie effens agteroor sodat die medisyne vanself na agter in haar keel kan vloei. Druk die drupper aan die kant van die mond teen die wang en drup die medisyne in haar mond.

4)Teelepel: Teelepels is nie ʼn goeie keuse vir babas nie, maar werk gewoonlik beter by die groter kinders. Maak net seker jy gebruik ʼn regte medisyne lepel met die regte afmetings en nie ʼn kombuistee lepel nie wat nie noodwendig die regte volume bevat nie. Die ideaal is die holsteel-lepels waar jy die medisyne in die steel afmeet en net vorentoe laat vloei sodra jou kind dit moet drink.

B) Setpille: Setpille is pynloos, en maklik om toe te dien, en dit werk baie vinnig. Dis veral ʼn goeie en maklike metode as jou kind braak, slaap of weier om medisyne te drink. Was jou hande en laat jou kind of baba op haar rug lê en of op haar sy, lig die een been en passeer die setpil sagkens met skerp punt eerste in die anus in moet dit nooit in forseer nie en hou jou kind se beentjies vir ʼn minuut teen mekaar om te verhoed dat hulle dit dadelik weer uitdruk. Smeer altyd bietjie KY jellie of vaseline aan die setpil sodat dit maklik inglip. Onthou jou kind mag dalk stoelgang direk daarna passeer maak seker dat die setpil nie uitkom nie, anders sit dadelik weer een in. As die setpil ʼn rukkie in was word dit vinnig deur die slymvliese geabsorbeer en kan reeds begin reageer daarop, verkieslik dan nie weer een herhaal nie pasop vir oordosseer.

C) Oordruppels: Laat jou kind op die rug lê en draai die kop weg van die seer oor af trek die oorskulp liggies en neem die oordrupper in die ander hand en jy kan ook as dit nodig is met jou elmboog liggies op die kop en arms stut om beweging te voorkom. Laat jou kind vir ʼn rukkie so lê en druk liggies op die voorkant van die oor dat die druppels afwaarts kan druk. Wenk: hou die botteltjie vir ʼn paar minute in jou hande om dit warm te maak dat dit nie so koud is nie. Beskerm die punt van die botteltjie dat dit nie aan die oor raak nie om te voorkom dat dit nie besmet word nie!!

D) Oogdruppels: Was jou hande deeglik hou jou kind se kop effens agteroor. Trek die onderste ooglid met jou voorvinger en jou duim weg sodat daar ʼn opening is waarin jy die druppels kan drup. Probeer dat hulle nie die oog knip nie hou die oog toe en na die druppels, oefen saggies druk op die brug van die neus vir ʼn minuut of twee dat sal die medisyne langer in die oog bly. Oogsalf: salf doen dieselfde as vir die oogdruppels maar in plaas van om op die neus brug te druk probeer dat jou kind die oog rond rol. Gebruik ʼn snesie om die ekstra salf mee skoon te maak. Wenk: As jy druppels en salf moet toedien wag eers ʼn paar minute tussen in.

E) Neusdruppels: Was jou hande. Laat jou kind haar neus sagkens blaas. Vul die drupper met die medisyne en laat sy met haar kop agteroor buig. Druk die drupper sowat 5mm in die neus en drup die voorgeskrewe hoeveelheid druppels in laat so vir 2 minute sit en herhaal dan met die ander neusgat. Neus sproei word op dieselfde manier gegee en laat sy dit snuif en daarna deur haar mond asemhaal vir die oomblik totdat sy gemaklik voel.

F) Kapsules of Tablette: klein kindertjies kan nie kapsules sluk nie en die inhoud van die kapsule is gewoonlik sleg. Bespreek dit met jou dokter en apteker. Wenk: Tablette kan fyn gemaak word en inhoud van ʼn kapsule kan gemeng word met bietjie joghurt.

Baie belangrike wenke!!! 1) Sekere medikasie moet in die yskas gebêre word!! 2) Maak seker van die korrekte dosis soos voorgeskryf. 3) Skud altyd ʼn bottel met aangemaakte antibiotika voor gebruik. 4) Die kursus moet voltooi word!! dit is gevaarlik om ʼn dosis net halfpad te gebruik jou kind kan ʼn weerstandigheid teen antibiotika opbou!!

Wanneer om die dokter te raadpleeg!!?? As jou kind siek is!!?? As jou kind nie siek voel of lyk nie ( al hoes of loop sy neus) is hy meestal nie regtig siek genoeg vir ʼn dokters besoek nie. Maar as jou aktiewe kind lusteloos is met glaserige oë en as hy oor die algemeen abnormaal optree, kontak jou dokter. As jy van die volgende simptome opmerk, sien jou dokter so gou as moontlik!! 1 ) Koors, of enige koors by ʼn baba jonger as 3 maande. 2 ) Kouekoors wat jou kind laat bewe. 3) As jou kind sukkel om asem te haal, sy borsie fluit wanneer hy asemhaal. 4 ) Jou kind sy bewussyn verloor!! Dadelik na die naaste trouma afdeling of Hospitaal. 5 ) Jou kind besonder slaperig of passief is. 6 ) Jou kind lusteloos en prikkelbaar is. 7 ) Ongewone opgewondenheid of ʼn histeriese huil. 8 ) Skielike swakheid of lamheid van enige deel van die liggaam. 9 ) Stuipe of onbeheerbare bewerigheid in ʼn arm of been. 10 ) Erge kopseer. 11 ) Pyn, swaarheid of verstopping rondom die neus, oë en swaarheid in voorkop. 12) Neus vloeistowwe wat gekleurd is, sleg ruik of bloederig is. 13 ) Skielike gehoor verlies, oorpyn of vloeistof afskeiding uit die oor. 14 ) Skielike verswakte sig. 15 ) Oe wat rooi, geswel en waterig is, met of sonder dowwe visie. 16 ) Erge of lang rukke met diarree, braking of erge buikpyn, of as die diarree bloed bevat. 17 ) Tekens van ontwatering soos droë lippe en tong, ʼn bleek , droë vel; of aktiwiteite soos urinering wat afneem.

Artritis: Artritis is ʼn gewrigsontsteking. Simptome is gewoonlik swelsel, pyn, styfheid en teerheid. Dit kan veroorsaak word deur ʼn besering of ʼn infeksie in die gewrig, dan word dit septiese artritis genoem. dit kan in uitsonderlike gevalle deur rumatiek koors veroorsaak word. As jou kind ʼn koors van 40 het en die gewrig is geswel en seer moet dit as nood beskou word. Dit kan septiese artritis wees!! Dit kom algemeen by jong kinders voor na ʼn besering as hy geval het of teen iets gestamp het. As jy sien jou kind loop mank kyk of die gewrig geswel is deur daarop te druk dan kan jy sien of dit teer en seer is. Wat om te doen: Neem jou kind se koors en as dit hoog is en die gewrig is seer en geswel raadpleeg jou dokter dit mag net septiese artritis wees veral as jou kind mank loop. As jou dokter artritis vermoed, sal hy jou kind na ʼn spesialis verwys, hospitalisasie mag nodig wees, bloedtoetse om diagnose te bevestig. As dit septiese artritis is sal binneaarse antibiotika toegedien word of as daar ʼn moontlikheid van ʼn abses mag wees dit dalk gedreineer word. Hou hitte (warmwatersak) of koue kompressie (plastiek sak met ysblokkies ) teen die gewrig vir pyn verligting as julle tuis is! Voorgeskrewe oefeninge deur ʼn fisioterapeut om die beweeglikheid van die gewrig te verbeter.

Asma: Asma is ʼn allergie-siekte / Chroniese Longsiekte wat die klein lugpypie in die long nl. Brongioli aantas. Die brongioli trek toe en raak met slym verstop wat dan die asemhaling bemoeilik. Asma aanvalle kom gewoonlik nie by kinders onder 2 jaar voor nie!! Oorsake van asma kan ʼn allergiese reaksie wees op stuifmeel of stof dit is gewoonlik in die lug. Asma kom gewoonlik ook in families voor dit gaan ook ongelukkig met ander allergieë gepaard soos ekseem en hooikoors. Meeste kinders ontgroei dit mettertyd.

Tekens en simptome van asma. *Erge benoudheid, hyg na asem, die kind voel of hy versmoor. *Raak angstig. Vinnige hartklop! Sweet. *Aanhoudende gehoes en raak blou om die lippe as gevolg van suurstof te kort.

Wat ek as ouer moet doen. *Dit kan Lewens gevaarlik wees , in geval van erge asma aanval!! kry jou kind so gou as moontlik tot by ʼn hospitaal ongevalle of by jou huis dokter!! *As die asma aanval begin laat hom/haar dadelik regop sit teen kussings of in ʼn stoel. Die longe belug beter in ʼn regop posisie. *Bly kalm, dat jy nie jou kind meer ontstel nie. *Probeer vas stel waarvoor jou kind allergies is, ? Diere, ? Kos bv. neute, vis, ?Stof of ?stuifmeel , Plante. *Asma kan meestal met voorkomende middels behandel word. Die dokter kan die allergie probeer bepaal, kan ʼn inhaleerder voorskryf wat die lugpyp verwyd sodat die asemhaling kan vergemaklik. *Sorg net dat julle altyd die voorgeskrewe medikasie byderhand het!!!!!

Anemie: (bloedarmoede) is as die rooibloedselle minder as normaal is. Te min yster in jou kind se bloed veroorsaak tekort aan hemoglobien. Die chemiese stof wat suurstof in die liggaam vervoer.

Oorsake van anemie by kinders. *Tekort aan Yster, foliensuur (Vit C), vit E, Vit B12 kan wees as gevolg van chroniese siektes. Kan ook onderdrukking of afwyking van been murg wees die diagnose kan slegs deur bloedtoetse gedoen word. *Oormaat Bloedverlies as gevolg besering. *Yster tekort anemie dit is die gebrek aan yster wat essensieel is as suurstof draende element van rooibloedselle. (Hemoglobien) hierdie anemie kom meestal voor by kinders tussen 9 maande en 2 jaar.

Tekens en simptome van anemie: *Bleekheid, prikkelbaarheid en verlies van eetlus. Bleek vel, lippe, ooglede en naelbed. *Later in die kleuter fase is te veel melk en te min vaste kos. *Kinders met ʼn Yster tekort anemie is ook meer geneig om infeksies van die asemhalings sentrum op te doen. Wat om te doen: *Maak seker jou kind se dieet bevat genoeg yster, Bv. Rooivleis , eierwit, groenblaar groentes geel groente en vrugte aartappelskil, tamaties. *Koeimelk het min yster en kan veroorsaak dat party babas yster deur hul dermkanaal kan verloor. *Babas onder ʼn jaar oud moet verkieslik borsmelk of melk formulemelk drink. *Moenie self die toestand probeer diagnoseer nie en probeer behandel nie. Gaan spreek jou dokter, wat die oorsaak kan bepaal ( geneties of dieetgekoppel) en korrekte behandeling kan voorskryf. NB: Het jy geweet dat Yster tekort anemie kan kleuters en voorskoolse kinders tot ontwikkelings agterstande en gedragsprobleme kan lei.

AGSH ( ADHD) Wat is dit ? Aandaggebreksindroom ( met of sonder hiperaktiwiteit) is ʼn gedragsprobleem wat moeilik gediagnoseer word. kinders sukkel om te fokus en te konserteer en hulle aandag word maklik afgelei. Hulle vind dit moeilik om stil te sit en instruksies te volg. Dit kan tot leer- en ook sosiale probleme lei. Wat om te doen: *Baie belangrik om ʼn duidelike diagnose te kry. *Gaan na iemand wat op die gebied spesialiseer. Kinders kan somtyds woelig wees en konsentreer vir kort rukkies, maar as jou kind ADHD het sukkel hy om goed te funksioneer en hou dit dikwels vir lank aan. *Medikasie kan voorgeskryf word om impulsiewe gedrag te beheer en fokus te verbeter. Jy sal met ʼn kenner moet saamwerk om dissipline toe te pas en jou kind se gedrag te lei. * Soms help ʼn dieet aanpassing en genoeg oefening is noodsaaklik. Calmolin of ʼn alternatiewe voedings aanvuller wat spesifiek ontwerp is vir kinders met aandaggebrek. Studies het getoon dat die aanvullings met essensiële vetsure (GLA en LA) , sink, Vit B6, Vit C, magnesium en ander vitamines en minerale die sleutelkomponent kan wees in die beheer van hiperaktiwiteit en aandaggebrek.

Angstigheid: Kinders voel ook soms angstig, net so maklik soos volwassenes, dit kan ook as gevolg van stres siekte of ʼn besering opduik, dit kan ook veroorsaak word deur ʼn kind se onvermoë om emosies te verwerk- vrese, klouerigheid of ʼn onwilligheid om jou te laat gaan. Huilerigheid, ʼn gekerm, onbeheerste huil wat grens aan histerie en aggressiewe gedrag kan ook tekens wees. Wat om te doen: *Bring kalm, ontspannend tye saam met jou kind deur en troos hom/ haar. *Praat met hulle oor hul vrese gee hul die geleentheid om ʼn keuse te maak. *Wees bewus van dinge en situasies wat haar angstig maak en probeer dit vermy. *Spreek woedebuie aan en moenie dat hulle met onaanvaarbare gedrag wegkom nie. *Natura Rescue het welprodukte wat veilig is om vir kinders te gee dit is ʼn kombinasie van blomme-essens en homeopatiese medisyne wat in druppels of tablet vorm beskikbaar is en is geskik vir die hele gesin wat ʼn kalmerende effek het. Help ook met skok asook slaapversteurings.

Blindedermontsteking: ( Appendisitis) Die blindederm is ʼn klein, vingervormige stukkie weefsel wat naby die dikderm sit. Die eerste teken dat dit ontsteek, is pyn rondom die naeltjie. Die kind begin siek voel en die pyn verskuif na die onderkant van sy regtersy en word erger. Die feit dat maagpyn voor naarheid en braking verskyn, is ʼn teken dat dit blindedermontsteking is. Dit kom selde voor by babas en kinders onder 2 jaar. Die mees algemene simptome is braking en ʼn geswelde maag. Dit kan ook naarheid, diarree, hardlywigheid, ʼn ligte koors en ʼn slegte eetlus insluit. Wat om te doen: As die maagpyn (Akuut) langer as 3 uur duur is dit waarskynlik meer as net maagpyn, kontak jou dokter dadelik en sien die dokter so gou as moontlik, dit kan op ʼn noodoperasie uitloop om die blindederm so gou as moontlik te verwyder. Appendisektomie uithaal van die blindederm.

Bosluisbytkoors: word veroorsaak deur ʼn organisme bekend as Rickettsia, wat in besmette bosluise voorkom. Gewoonlik is die bytplek sigbaar ʼn seer met ʼn kors en ʼn swart kern, kan in die begin soos ʼn muskietbyt lyk.

Wat om te doen: Ontsmet die byt plek goed met seep water en alkohol nadat die bosluis verwyder is. *Knyp die kop en monddele so na aan die vel as moontlik vas en trek stadig met ʼn tangetjie om die hele bosluis te verwyder.

Tekens en Simptome: *ʼn Kind sal sowat 7 tot 10 dae nadat hy deur ʼn besmette bosluis gebyt is begin met erge hoofpyne en hoe koors, lusteloosheid, begin dan met ʼn rooi vel uitslag en oë is sensitief vir skerp lig. *Hier kan maklik ʼn verwarring tussen masels en bosluisbytkoors wees. *Maak seker of daar ʼn bosluisbyt plek is en dan ook kenmerkend is dat bosluiskoors gee vir jou ʼn uitslag in jou handpalms en op die voetsole en in die gesig. *Behandeling nadat dit gediagnoseer is verkieslik met ʼn antibiotika. Bosluisbytkoors reageer gewoonlik goed op antibiotika

Bilharzia: Bilharzia word veroorsaak deur ʼn parasiete nl. Schistosoma haematobium enScistosoma mansoni. Grootse deel van hul lewens siklus bring hulle deur in ʼn soort slak wat in damme en in riviere voorkom. Die larwes van die parasiete dring deur die mens se vel as jy in die besmette water swem. Die volgroeide wurms lê hulle eiers in die wande van die blaas en in die rektum.

Tekens en simptome. Wat dan bloed in die urine en in die derm veroorsaak. Kry ʼn urienmonster wat bloed bevat en laat dit ontleed. Behandeling. Moet behandel word sien jou huis dokter!! anders kan daar letsels ontwikkel en dan lei tot urienobstruksie of herhaalde blaasinfeksie.

Brandwonde: Eerstegraadse brandwonde raak net die buitenste laag van die vel. Dit veroorsaak pyn, rooiheid en swelling. Tweedegraadse brandwonde buitenste en onderliggende dele van die vel en veroorsaak pyn, rooiheid, swelling en blase. Derdegraadse brandwonde gaan na die dieper lae van die weefsel en veroorsaak wit of swart verbrande vel wat ook dood voel. Wat om te doen: *Stel eers vas hoe ernstig die brandwonde is. As jy twyfel behandel dit as ʼn ernstige brandwond. Vinnige mediese versorging kan latere ernstige infeksies en skade verminder. Onthou dat rook wat ingeasem word ook baie ernstig kan wees, dus is dit belangrik om dadelik mediese hulp te soek wanneer daar rook betrokke was. *As die brandwonde nie ernstig is nie ( die vel is nie stukkend nie) hou die deel met brandwond onder koel water of week dit in ʼn koel bad water LW. nie yskoud nie, doen dit vir ten minste 5 minute. ʼn skoon koue nat handdoek kan die pyn verminder. Bedek daarna met skoon steriel brandwond pleister Burnshield is ʼn goeie produk om in die huis te hou want so gou as wat dit as ʼn wondbedekking op ʼn brandwond gesit word verminder dit onmiddellik die graad van die brandwond!! Vir ernstige brand wonde neem jou kind so gou as moontlik hospitaal toe! Moenie enigiets soos materiaal wat aan die vel vasklou probeer verwyder nie. Moet ook nie enigiets aan brandwonde smeer nie. Moenie met growwe materiaal soos bv. ʼn handdoek skoon maak nie kan die vel meer beskadig en ook nie met enige wollerige materiaal bedek nie. Hou ʼn skoon sagte laken byderhand om te gebruik, vermy drukking op die verbrand area. Pas mond tot mond asemhaling toe as jou kind sukkel om asem te haal.

Braking: Babas word makliker naar as volwassenes hulle kan braak sonder dat hulle siek is, dikwels is die oorsaak bloot dat hulle te gulsig geëet of gedrink het. Braking kan ook veroorsaak word deur minder ernstige siektes. Maar wees bedag op koors, ontwatering, ander siekte simptoom en maagpyn. Maak ook seker jou kind het nie iets giftig ingekry nie. Wat om te doen: Indien jou kind meer as twee keer ʼn dag braak raadpleeg jou huis dokter. Tree dadelik op as jou kind koorsig is, uitgeput lyk en diarree of maagpyn het of spierpyn of hoofpyn het.

Breuk: ʼn Naelbreuk of Liesbreuk. ʼn Breuk ontstaan wanneer sagte weefsel weens ʼn swak plek deur die spierwand van die buik wand beur. Dit lyk soos ʼn effense bultjie op die vel, en dit is duideliker as jou kind hoes of druk. Die algemeenste soort breuke wat onder kinders voorkom is ʼn Naelbreuk en Liesbreuk. ʼn Liesbreuk, laer af in die lies, kom hoofsaaklik by seuns voor weens ʼn swak plek wat ontstaan nadat die testikels in die skrotum afgesak het. Naelbreuke hoef nie gewoonlik nie behandel te word nie dit genees vanself. Liesbreuk kan ook vanself genees maar as ʼn deeltjie van die derm in die breuk vanself vasgevang raak, sal klein operasie nodig wees, maar dit kan op ʼn noodoperasie uitloop as die breuk die derm vasvang wat dan ʼn beklemde liesbreuk vorm. Simptome is ʼn pynlose bult op die vel oppervlak naby die naeltjie of die lies; die bult word groter as jou kind hoes of nies of wil huil. Braking en ʼn skerp buikpyn indien die derm vasgevang is.

Brongiolitis: is die ontsteking van die kleinste lugpypies (brongiole) van die longe. Dit word gewoonlik veroorsaak deur ʼn virus en kom voor by babas jonger as ʼn jaar. Die virus laat die longpypiesi swel en met slym vul wat dan veroorsaak dat die baba moeilik asemhaal.

Tekens en simptome. Vinnige en moeilike asemhaling. Dit kan met hoes of verkoue begin. Hoe koors. Blou om die lippies.

Behandeling raadpleeg jou dokter onmiddellik of neem jou baba na die naaste noodgevalle afdeling. Jou baba neem klein hoeveelhede voedings op ʼn keer omdat hulle moeg word tydens voedings. Hospitalisasie mag dalk nodig wees terwille van jou baba se asemhaling.

Brongitis: is die ontsteking van die groter lugpype van die long dit kan begin met ʼn geringe infeksie in die boonste asemhaling stelsel bv. ʼn verkoue of keelseer.

Tekens en simptome. Hoe koors. Droë hoes wat dan later groen of geel slym oplewer. Vinnige en moeilike asemhaling. Braking kan voorkom met hoesbuie LW: as gevolg van die slym. Hulle voel beter as die slym uit is.

Behandeling raadpleeg jou dokter so gou as moontlik of neem jou baba na die naaste noodgevalle. Hier mag hospitalisasie ook nodig wees terwille van die asemhaling en binneaarse antibiotika as dit ʼn bakterieel infeksie is. Gee jou baba dikwels klein hoeveelhede voeding of vloeistowwe om dehidrasie te voorkom. Hou kind altyd hoog teen kussings om asemhaling te vergemaklik.

CandidaInfeksie: (Fungus/Swam) as jou baba se weerstand verswak as gevolg van swak voeding of ʼn siekte toestand. Dit is die algemeenste oorsaak van stomatitis (seertjies in die mond) wat by babas voorkom. Infeksie ontstaan soms na antibiotiese behandeling, veral met ʼn breëspektrum-antibiotika.

Tekens en simptome. Daar is ʼn wit kollerige letsels veral op die tandvleis en aan die mondslymvliese en keel wat baie lyk soos melk stolsels. Dit is gewoonlik pynloos tensy daar ʼn sekondêre infeksie intree. Hierdie kan versprei na die sluk derm kan infeksie veroorsaak asook diarree, kan ook na die longe versprei en pneumonie veroorsaak wat baie gevaarlik kan wees. Behandeling volgens voorskrif.

Cradle cap.: sien Kroonuitslag

Diarree + Rotavirus:= Gastro-enteritis jou kind meer as vier los en waterige stoelgange per dag het, het hy waarskynlik diarree. Dit word veroorsaak deur infeksies deur virusse, bakterieë, of parasiete. Die simptome begin gewoonlik met maagkrampe. Die losstoelgange duur gewoonlik ʼn paar dae. Wat om te doen: Gee jou kind baie vloeistowwe om te drink, gee rehidrasie vog. As jou baba reeds vaste kos eet moet jy dit eers weglaat net bors melk of formulemelk gee gewoonlik half sterkte of spesiale voedings wat suikervry is !! Maak ʼn Glukose drankie vir jou kind bestande uit Glukose 20ml + Sout 2,5ml + Afgekoelde kookwater 500ml. Hou ʼn ouer baba of kind se dieet eenvoudig verkieslik nie melk of suiker in die kos nie, maizena pap of kapokaartappel gemaak met opgekookte vleissous of slap mieliepap (met kunsmatige versoeter) kan die magie weer bind soos die ou mense sou se!! Babas kan baie gou ontwater en kan uiters gevaarlik wees, hou die tekens dop as daar enige tekens is van ontwatering, koors, erge maagpyn of braking, raadpleeg jou huisdokter. Het jy geweet Rotavirus is die mees algemene oorsaak van gastroenteritis in kinders tussen 3 maande en 2 jaar en dat dit dikwels uitbraak van diarree in kleuterskole veroorsaak? Simptome sluit in koors, naarheid en braking. En soos hulle sou se “plof” stoelgange wat waterig is en kenmerkend slegruikend!! Koors en braking word simptomaties behandel en stop gewoonlik binne 2 dae maar die diarree kan tot ʼn week aanhou. Een van die maniere om akute diarree tee te werk is om jou kind interflora te gee. Gebruik dit ook saam met antibiotika, interflora bevat ʼn natuurlik gis wat nie deur antibakteriële middels vernietig word nie. Vir akute simptome van diarree is daar Smecta wat ʼn mens kan koop by jou apteek, Cliks, Dis-Chem kan selfs by jou supermark bv. Checkers op die rak gekoop word sonder ʼn voorskrif is veilig om vir kinders self babas te gee! Dit bring verligting van simptome en ʼn gesonde manier om diarree te stop. Kom in ʼn aangename geur nl. Lemoen-vanilla geur heel aanvaarbaar vir kinders.

Duitse Masels ( Rubella) dis ʼn virussiekte soos masels, maar nie so ernstig nie. Duitse masels kom gewoonlik by kleuters voor. Duitse masels kan egter gevaar inhou vir die ongebore baba veral in die eerste 3 maande van swangerskap. Simptome eerstens lyk dit soos verkoue met ʼn loopneus, koors en ʼn seerkeel. *Hoofpyn kan ook voorkom. Sekere kinders het ook gewrigspyn . * Die uitslag verskyn eers na ʼn paar dae – eers met vlekkies op die gesig, daarna op die romp en soms op die arms en bene. Die vlekkies is ligrooi en plat en nie so dig opeen soos met masels nie, maar dit kan soms lyk of dit op die gesig aaneenloop. Die Limfkliere in die nek , armholtes en lieste kan seer wees. Wat om te doen: Hou jou kind in die huis, raadpleeg jou huis dokter. *Gee parasetamol vir koors en genoeg vloei stowwe. *Vermy swangervroue, en as ʼn meisie so teen 11 of 14 jaar dit nog nie gehad het nie moet sy ingeënt word, indien ʼn persoon Duitse masels gehad het is hulle daarna gewoonlik lewenslank daarteen bestand.

Ekseem: Dit is ʼn allergiese velreaksie wat gekenmerk word deur rooi, geïrriteerde vel wat dikwels droog en jeukerig is, maar dit kan ook soms klam en “waterig” lyk. Baba ekseem is baie algemeen en die eerste simptome kan binne die eerste paar maande na geboorte verskyn. Dis meer algemeen by kinders met ʼn geskiedenis van allergie, hooikoors en asma. Wat om te doen * Vermy klere wat die vel kan irriteer soos bv. Wol!! koop verkieslik katoen wat die vel laat asemhaal. * Vermy seep, gegeurde velprodukte en harde wasmiddels. * Moenie jou kind lang, warm baddens laat neem wat die vel kan laat uitdroog nie. *Kry spesiale velmiddels by die apteek. *Die dokter kan moontlik ʼn ligte steroïede (kortisoon) room voorskryf as die uitslag baie irriterend is, of antihistamien om die gejeuk te laat bedaar. Soms is dit nodig om ʼn antibiotika te laat voorskryf om sekondêre infeksies te behandel.

Galbulte (Urtikarie) Wat is dit? Dit is gewoonlik ʼn allergiese reaksie wat gewoonlik by groter kinders voorkom. Die uitslag lyk soos ʼn brandnetel wat jou vel gebrand het- onreëlmatige wit vlekke op ʼn rooi vel. Dis baie jeukerig en kan oraal op die lyf uitslaan in erge gevalle kan die ooglede en lippe opswel. In uiterste gevalle kan die keel ook swel dat die kind moeilik asemhaal. Soms kan die gejeuk afwesig wees en kom net swelsel saam met die uitslag voor. Koors kan ook vinnig styg. Sulke reaksies kom baie dikwels na insek byte voor of kan veroorsaak word deur ʼn allergie vir kos soos bv. vis, skulpvis of aarbeie. Medisyne soos aspirien en penisillien kan ook soms die toestand veroorsaak. Wat om te doen: * Neem jou kind dadelik dokter of ongevalle toe as daar swelling ontstaan veral van die keel / lugweg kan gevaarlik wees. * Gee parasetamol vir koors. * Antihistamien kan vir die gejeuk voorgeskryf word. * In ernstige gevalle kan kortisoon voorgeskryf word- soms is selfs ʼn adrenalien inspuiting nodig.

Enkoprese: Enkoprese ( as gevolg van Hardlywigheid) is die naam wat gegee word aan die verskynsel dat ʼn kind gereeld sy broek vuilmaak na hy toiletonderrig gehad het. As die kind reeds vier of vyf jaar oud is, moet dit beskou word as ʼn simptoom van ʼn onderliggende probleem eerder as ʼn stadige ontwikkeling. Die algemene oorsaak van enkoprese is hardlywigheid. Harde, droë ontlasting hoop in die ingewande op en die los waterige ontlasting gaan langs aan verby, hy het altyd stoelgang merke in sy onderbroek, jy kan dit selfs verkeerdelik as diarree aansien. Die probleem ontstaan dikwels as gevolg van ʼn emosionele versteuring in die kind se lewe, soos bv. die koms van ʼn nuwe baba. indien dit gebeur van hul babadae af as hul aanhou om hul broekies vuil te maak is dit dalk ʼn teken van te strenge toilet onderrig. Wat om te doen: vra gereeld vir die kind wanneer laas hy stoelgang gehad het en let ook op as hy toilet toe gaan of hy wel tyd in die toilet gebruik en of hy wel stoelgang passeer het, dit mag nodig wees om hom ʼn ligte lakseermiddel of vrugte in sy dieet in te sluit om hardlywigheid te verlig as dit chronies is gaan kyk of daar enige rede is vir spanning in sy lewe is? As daar enige rede vir enkoprese is, sal die dokter die situasie met jou en jou kind bespreek en dan ʼn besluit neem. Andersins genoeg vesel en vloeistof in jou kind se dieet. Moenie jou kind straf of afkeur wys nie dit kan die situasie vererger. Let op of jou kind se skoolprestasies na wense is, jou kind kan deur ander kinders geterg word as hulle bv. ruik dat hy sy broek vuil gemaak het. Gee hom ʼn skoon onderbroekie saam skool toe net as dit nodig is, slegs as die hardlywigheid chronies is en tot daar ʼn oplossing is.

Hepatitis: Dit is ʼn infeksie wat ontsteking in die lewer veroorsaak. As kinders dit kry is dit gewoonlik akute hepatitis A, wat deur die tipe A virus veroorsaak word en is uiters aansteeklik. Die siekte kom voor in siek persoon se stoelgange en as hy nie deeglik hande was nadat hy die toilet gebruik het nie kan hy maklik die virus oordra. Die virus kom ook voor in die bloed en speeksel van die pasiënt/persoon. Eerste simptome is aptyt verlies, daarna ontwikkel hulle griep -agtige simptome, gevolg deur geelsug, gepaardgaande simptome die geel word van die vel en die wit van die oë word ook geel, donkerbruin urine en abnormale bleek stoelgange. Hepatitis self is selde baie ernstig wanneer kinders dit het en hulle word gesond, maar omdat dit aansteeklik is moet dit dadelik behandel word. Wat om te doen: Hou jou kind se eetlus dop, vermy vetterige kos gee gewoonlik verdunde vrugtesappe met ʼn knippie sout en 5 ml glukose op gelos is, sodat hy nie dehidreer en sy energie verloor nie. Hou ook sy urine en stoelgange dop ten opsigte van kleur verandering. As jy vermoed hy het Hepatitis moet hy nie skool toe gaan nie. Wees streng oor higiëne sorg hy sy hande was en hou op isolasie tuis, hou sy waslap, handdoek en eetgerei een kant en ontsmet na gebruik. Raadpleeg jou dokter en as Hepatitis bevestig is deur middel van bloedtoetse sal jou kind vir +- 2 weke nie kan skool toe gaan nie!!

Herpes Simpleks: (Stomatitis) Herpes is ʼn virusontsteking van die vel en veroorsaak gewoonlik seertjies in en rondom die mond. Dit gaan gepaard met ʼn skielike hoe koors. Die aanvanklike blasies in die mond ontwikkel tot groter sere wat geelgrys lyk. Die lippe, wange, tandvleis en tong kan ook uitslaan. Dit duur gewoonlik 7 tot 9 dae voordat dit verdwyn. Sekondêre infeksies volg gewoonlik op hierdie fase en neem die vorm van koorsblare aan- dit gebeur meestal wanneer jou kind onder baie spanning gebuk gaan. In sommige gevalle kan daar oog infeksie in albei stadiums ontstaan. Raadpleeg jou dokter sodat ontwatering voorkom kan word as dit ernstig raak en jou kind wil nie drink nie. Wat om te doen: * Beheer jou kind se koors met parasetamol. *As jou baba of kind nie wil drink nie gee klein hoeveelhede vloeistowwe met ʼn spuit of lepel en moedig hulle aan om gereeld slukkies te neem. * Gebruik ʼn antivirale room wat sekondêre infeksies kan help voorkom. Dis beskikbaar op dokters voorskrif. Hoe meer vloeistowwe jou kind drink spoel die mond en voel dit beter, kry ook daktarin orale jel (kan dit koop sonder voorskrif) dit is ʼn antibakteriële jel wat die mond slym vliese genees en beskerm. Gebruik dit 4 keer per dag verkieslik na etes of na vloeistowwe gedrink is smeer dit net liggies binne in die mond en probeer dit ʼn rukkie in hou nie dadelik sluk nie. LW gee streng volgens voorskrif moenie oor doseer nie.

Hardlywigheid: Stoelgange is hard en droog en verskyn net elke paar dae. En jou kind sukkel om dit uit te druk. Babas het dikwels tot vier stoelgange per dag maar dis normaal om net een stoelgang per dag te hê. Veranderinge in die dieet kan die stoelgange beïnvloed van bors voeding oorskakel na melkformule en die verskillende formules het ʼn verskillende uitwerking op die stoelgange. Vaste kos , koors en medikasie kan ook die stoelgang beïnvloed. Pynstillers of koors medisyne kan hardlywigheid veroorsaak. Wat om te doen: *Maak altyd seker dat melkformules streng volgens aanwysings aangemaak word en dat genoeg water by gevoeg word. *Sodra jou kind vaste kos eet gee genoeg groente en vrugte. *Moenie lakseer middels gee sonder om jou huis dokter te raadpleeg nie. En gebruik slegs produkte wat vir kinders geskik is. Duphalac het wel ʼn verskeidenheid op die rak van stroop tot poeier vorm in sakkies verpak nl. duphalac dry wat met vrugtesap of ander vloeistowwe gemeng kan word en dit het ʼn eenmalige werking om verligting te bring. Indien jou baba nog op bottel voeding is kan daar soggens in die eerste voeding ʼn teelepel bruin suiker gesit word, suiker stimuleer die derm. LW ne een maal per dag teveel suiker is nie goed vir jou baba se tande nie.

Hoofpyn: Hoofpyn kan ʼn simptoom van talle siekte toestande wees, dus moet jy jou kind vir simptome dophou. Spannings hoofpyn kan taamlik by kinders voorkom. Skeelhoofpyn soos wat mense dit sou noem kan veroorsaak word deur skerp lig, sekere kos soorte, honger of te lank voor die rekenaar of TV te sit. Wat om te doen: * Gee jou kind parasetamol vir die hoofpyn.* Indien die hoofpyn langer as ʼn dag uur neem jou kind dokter toe.

Hooikoors: (Allergieë!!) Dit word meestal veroorsaak deur stuifmeel wat in die lente of somer in die lug is, of deur stof wanneer die wind waai. Diere hare stofmyte en sekere blomme kan ook ʼn hooikoorsaanval uitlok. Die kind kan nies, sy neus loop en jeuk en sy oë kan ook jeuk en rooi word. Wat om te doen: * Vermy plekke waar daar stof is wat hooikoors kan veroorsaak. * hou jou kind binnenshuis wanneer die wind erg waai. * daar is heelwat middels op die mark beskikbaar om die simptome te verlig raadpleeg jou dokter daaroor.

Insekbyt en steke: Die mees algemene byte en steke word veroorsaak deur vlooie, Muskiete, bye en perdebye. Die kinders ervaar pyn en ʼn jeukerigheid rondom die byt plek- en steekplek, maar daar is kinders wat allergies is, veral vir bye en perdeby steke en dit kan gevaarlik wees. Die eerste teken is gewoonlik ʼn klein rooimerkie waar die byt of steekplek is. Dit kan ook ʼn witterige ring om hê. Wat om te doen: Moet nooit die plek waar jou kind gebyt of gesteek is druk nie dan versprei die gif vinnig deur die bloed stelsel. Kry iets skerp soos ʼn mes punt om die angel mee af te skraap. Smeer dan ʼn middel aan om die pyn en gejeuk mee te verlig. * Indien jou kind enige van die volgende tekens toon, moet jy dadelik jou kind dokter of ongevalle toe vat! ! Swelling van die mond of gesig. Raserige of moeilike asemhaling. * Probleme om te sluk of lighoofdigheid. Dit kan akuut wees en moet dadelik behandel word!! * Die dokter sal dan iets voorskryf om permanent byderhand te hou in geval van ʼn allergiese reaksie!!

Immuniteitsprobleme: Kinders wat oormoeg is, kan immuniteit probleme ondervind. Dinge soos spanning, siekte of infeksie, tye van vinnig groei of depressie kan alles ʼn kind se immuun stelsel afbreek. Dit beteken dat hulle meer vatbaar is vir kieme. Simptome sluit slegte eetlus, konstante moegheid, geïrriteerdheid en huilerigheid. Wat om te doen: jy kan jou kind se immuunstelsel ʼn hupstoot gee deur ʼn gesonde dieet wat baie vars vrugte en groente insluit, genoeg proteïne in die dieet, ʼn vitamien en mineraal-aanvuller en deur te sorg dat jou kind genoeg vars lug en oefeninge kry. Crèche Guard bevat ʼn reeks produkte wat jy as aan vullers kan gee om hul immuniteit op te bou en infeksies te bestry. Of raadpleeg jou apteker!!

Intussussepsie: Dit ontstaan wanneer ʼn deel van die dunderm in die naasliggende deel invou, byna soos die vinger van ʼn handskoen wat omgekeer word, die ingevoude derm swel op en veroorsaak ʼn versperring wat as dit nie spontaan herstel nie kan lei tot obstruksie van die derm. Die oorsake van intussussepsie is onbekend dit kan gebeur op enige ouderdom, kom hoofsaaklik by babaseuntjies jonger as ʼn jaar voor wat voorheen heeltemal gesond was. Die baba kan skielik begin huil wanneer die spierspasma in die derm begin, en jou baba begin braak, bleek en koorsig word, eerste stoelgang kan nog normaal lyk maar kan egter begin rooi bloederig lyk wat slym bevat. As gevolg van die spierspasma in die derm wat aanhou. Hoewel dit selde voorkom is dit ernstig en moet so gou as moontlik behandel word. Simptome: Hewige maagpyn, wat jou kind waarskynlik sal laat skree. Braking wat voorkom en selfs ʼn lae graadse koors. Stoelgange met bloed en slym. Sodra dit gediagnoseer is deur middel van X- strale somtyds herstel dit spontaan maar as dit nie gebeur nie word dit deur middel van chirurgie herstel voordat daar skade aan die derm plaasvind.

Kinkhoes: Dit is die gevaarlikste kindersiekte, veral by babas onder 12 maande. dit word veroorsaak deur die bakterie Bordatella pertussis wat die lugweë met slym laat verstop. Kinkhoes begin as ʼn gewone hoes, die hoes word erger, met spasmodiese hoesbuie wat asemhaling moeilik maak, hoesbuie kan tot ʼn minuut lank duur indien nie langer nie en dat jou kind hyg na asem wat ʼn kenmerkende kraaigeluid vorm soos wat die lug deur ʼn asem teug verby die geswolle larinks ingetrek word. Babas haal selfs moeiliker asem hulle, babas kan nie maklik ʼn tegniek aanleer om die longe vol suurstof in te trek nie dit kan dus noodlottig wees. Soms kom braking voor na ʼn hoesbui. Hoesbui kan tot 10 weke duur, sekondêre komplikasie soos longontsteking of brongitis kan voorkom na kinkhoes. Wat om te doen: Eerstens maak seker jou kind word geïmmuniseer teen kinkhoes, raadpleeg jou dokter so gou as moontlik as jy vermoed jou kind het kinkhoes, glad nie skool toe nie. Met languitgerekte hoesbui laat jou kind regop sit en hom effens vooroor hou. Hou ʼn bakkie byderhand vir braking en slym in keel. Slaap by jou kind in die kamer sodat hy nie alleen is tydens die hoesbuie nie. Gee genoeg energie vloeistowwe dat jou kind nie ontwater tydens hoesbuie en braking nie. Indien toestand vererger dat jou kind addisioneel suurstof nodig het! is daar ʼn moontlikheid van hospitalisasie sowel as daar sekondêre komplikasie is as gevolg van die kinkhoes.

Koliek: Die dokters definieer koliek as ʼn aanhoudende gehuil vir drie of meer ure per dag. Vir babas veral na voedings. Die huil word nie veroorsaak deur iets soos honger of ongemak nie. Die baba is ontroosbaar, gespanne en lyfie voel styf. As die baba se bene optrek en lyk of die baba pyn verduur. Die presiese oorsake van koliek nie altyd bekend nie maar waarskynlik veroorsaak deur ʼn spasma in die spier wat die kolon uitvoer of deur die baba se onvolwasse verterings stelsel. Sowat een uit elke tien babas kry koliek gewoonlik tussen die ouderdomme van 2 – 3 weke en tot en met 4 maande. Ander redes vir koliek sluit in winderigheid, Laktose onverdraagsaamheid en oorvoeding. Wat om te doen: * Maak seker dat jou baba nie honger is nie of koud kry nie. * moenie hom dwing om te drink as hy nie honger is nie. * Vryf sy windjies halfpad deur die voeding uit en moenie hom oorvoed nie. *Beweging help hom of wieg hom. Vryf sy magie of laat hom op sy magie lê en vryf oor sy ruggie, kan verligting bring. *Daar is medisyne vir koliek maar raadpleeg eers jou dokter voor jy medikasie vir jou baba gee. Algemene produk wat in jou baba se voedings gesit kan word of voor voedings gegee kan word vir voorkoming van seer winde en om dit maklik te breek is Telament druppels vra jou apteker oor die toediening daarvan.

Keelseer: ʼn Seer Keel is dikwels ʼn simptoom van ʼn verkoue of griep, maar somtyds kom keelinfeksie alleen voor. Die mees algemene oorsaak is ʼn virus. Dit gaan gewoonlik gepaard met vergrote kliere in die nek en is meestal nie ʼn gevaarteken nie. Hoofpyn en koors kan saam met ʼn keelseer gepaard gaan. Soms voel die nek styf – as dit erg is, moet jy dadelik jou dokter kontak omdat dit ʼn teken van meningitis mag wees.!! Wat om te doen: *Die Meeste keel infeksies gaan binne ʼn paar dae weg maar as dit erger word dat jou kind nie kan sluk nie of dit hou langer as drie of vier dae aan gaan sien die dokter. * Intussen kan jy jou kind parasetamol gee vir pyn en ook as jou kind se weerstand verlaag is ʼn goeie vitamien aanvuller, veral ʼn goeie dosis Vit C.

Konjunktivitis: Dis ontsteking van die dun deurskynende membraan wat die wit van die oog bedek en die ooglede omlyn. ʼn Pasgeborene kan dit ontwikkel weens bakterieë in die geboortekanaal, in ouer kinders is dit gewoonlik die gevolg van ʼn virusinfeksie of soms hooikoors. Die oë en binnekant van die ooglid word rooi. Met ʼn bakteriële konjunktivitis word geel etter afgeskei en kan jou kind se ooglede aan mekaar vasklou omdat die afskeiding hard word. Wat om te doen:* Kontak jou dokter sodat ʼn ernstige oogtoestand uitgesluit kan word. * Bakteriële infeksie word met ʼn antibiotiese oogdruppels of – salf behandel en klaar gewoonlik binne ʼn week op. Vir ernstige infeksies kan mondelikse antibiotika voorgeskryf word. *Anti-inflammatoriese middels kan ook die simptome verlig. * Week skoon watte in lou water en vee elke ooglid apart skoon. Was jou hande daarna en laat jou kind ook gereeld hande was.

Kroep: Dit word gewoonlik deur ʼn virus veroorsaak en is infeksie en vernouing van die belangrikste lugweë na die longe. Dit kom meestal voor by kinders tussen 6 maande en 3 jaar. Kroep is gewoonlik nie ernstig nie, maar kan ernstig word as dit die asemhaling bemoeilik wat onmiddellike mediese behandeling nodig het. Dit het gewoonlik dieselfde simptome as ʼn verkoue- loopneus- en ʼn genies. Na ʼn dag of twee kan die volgende simptome ontwikkel: Raserige asemhaling, ʼn droë amper ʼn “blaf hoes” en ʼn growwe stem. In ernstige gevalle kan die kind moeilik en baie vinnig asemhaal en sy tong en soms sy vel blou lyk (sianose) wat beteken daar gaan nie voldoende suurstof deur na jou kind se longe nie. Wat om te doen: *Raadpleeg jou dokter om die erns vas te stel, aangesien ʼn ernstiger gevalle moet in die hospitaal behandel word. *Gee parasetamol vir koors, *maar geen medikasie wat kodeïen fosfaat bevat nie let veral op hoes of verkoue medisyne dat dit nie Kodeïen bevat nie want dit vererger die kroep dit maak die hoes en die bors droëer !!! * Dokter mag steroïede (Kortisoon) voorskryf. *Gee jou kind genoeg vloeistof en gebruik ʼn bevogtiger om die vertrek te bevogtig of dan andersins Adrenalien inhalasie vir jou kind wat verligting kan bring dit word in noodsituasies kwart uurliks (elke 15 min) gegee.

Koors: Koors is wanneer jou kind se temperatuur bo normaal styg gewoonlik word ʼn koors beskou lae graadse koors tussen 37,8-38,3 koors bo 38,3 en meer is koors, en dit word gewoonlik deur een of ander infeksie veroorsaak. Babas onder 6 maande kan nie in hul temperatuur reguleer nie en kan koors ontwikkel as hulle te warm aangetrek of toegemaak is. As koors herhaal in 24 uur kontak jou dokter dit mag ernstig wees. Wat om te doen: *As jou kind jonger as 3 maande is en koors het kontak jou dokter, *Gee vir jou kind parasetamol as hy ongemaklik en lusteloos is. Maak seker dat jy nie verskillende medisyne gelyk gee nie bv. Panado en Calpol het albei parasetamol in jy mag net jou kind oordosseer!! By Kleuters met akuut hoe koors kan selfs Empaped of Postan setpille gegee word. Empaped is panado in ʼn setpil vorm!! *Spons jou kind af met lou water nie koue water nie en trek koel klere aan. *Gee baie vloeistowwe. Kinders / Kleuters is ongelooflik!! hulle kan nou ʼn hoe koors hê en jy maak ʼn dokters afspraak maar gee intussen koors medikasie teen die tyd dat jy by die dokter uitkom hardloop en speel jou kind asof hulle niks makeer nie!! Moenie sleg voel nie!! dokters ken kinders en kleuters hulle sal nie dink jy is onnodig daar nie!! Baie belangrik koop ʼn koorspen en maak seker jy neem die koors dat jy dokter behoorlik kan inlig dan weet hy presies hoe ernstig dit is!!! Jy kan nie net vir die dokter se jou baba het warm gevoel nie dan is dit moontlik dat dokter nie die erns van die koors mag besef nie!!!

Konvulsies/ Stuiptrekkings: (Stuipe) Konvulsies is ʼn aanval wat deur ʼn abnormale reaksie in die brein veroorsaak word. Tydens die aanval kan jou kind sy bewussyn verloor, ʼn paar sekondes lank styf word terwyl hy sy asem inhou, en dan ʼn paar minute lank sy arms en bene ritmies buig en strek. Kan skreeugeluide in die begin maak, hy kan ook urineer of ontlas, na die aanval sal jou kind verwar wees en wil net slaap. Algemene oorsaak van konvulsies is hoe koors van ʼn infeksie wat akute koors pieke gee en dit moet streng geobserveer en behandel word. Konstante koors elke 4 tot 6 ure bo 38,5 – 40 moet so gou as moontlik behandel word om onder beheer te kry anders is die kanse groot vir koors konvulsies!!! Epilepsie kan ook konvulsies veroorsaak maar glo daardie geskiedenis sal bekend wees!? Simptome: *Koors wat skielik styg en herhaal binne die volgende 4 tot 6 ure. *Bewusteloosheid en onbeheerste skreeu geluide. *Die kind word styf en hou sy asem in. *Ledemate wat ritmies ruk. *Die kind wat urineer en/of ontlas. *Verwardheid en lomerigheid. Hoe ernstig is dit?? Konvulsies is baie dramaties en ontstellende om te aanskou, en dit moet ernstig behandel word maar dit is nie lewensgevaarlik nie. Wat kan jy voorkomend doen om konvulsies te voorkom!? Breek hoe koors so gou as moontlik ? setpil werk die gouste, trek warm klere uit, lou warm spons of bad !! Wat om te doen: Beskerm jou kind teen beserings, stamp teen meubels, sy tong raak byt, keer ook dat die tong nie sy lugweg blok nie, gebruik enige stomp voorwerp soos die agterkant van ʼn lepel draai vinnig enige sagte lap daarom om te verhoed dat sy tande of tong in die proses beseer!! Maar moet ook nooit jou kaal vinger of hand in sy mond druk nie kan jouself beseer. Draai hom op sy sy ingeval hy sou braak om aspirasie te voorkom. Sodra jou kind sy bewussyn herwin sien die dokter so gou as moontlik of neem jou kind na die naaste ongevalle, as die aanval langer as 20 minute aanhou moet hy medikasie kry om die konvulsie te breek en te behandel.

Kneusings: ʼn Kneusmerk is ʼn pers rooierige merk op die vel wat gewoonlik die gevolg is van ʼn val of ʼn stamp wat die klein bloedvaatjiesonder die vel beskadig. Kneusmerke wys makliker in kinders met ʼn ligte vel. Dit kan tot 14 dae vat vir ʼn kneusplek om te verdwyn, dit verander van pers na groen of geel soos wat die bloed pigmente afbreek en geherabsorbeer word in die liggaam. Wat om te doen:* Indien jou kleuter of kind val of homself stamp plaas so gou as moontlik ʼn koue kompressie op! *Jy kan sommer ys in ʼn plastiek sakkie of ʼn rubber handskoen sit of sommer net ʼn ysblokkie op die kneusmerk dadelik dit help dat die bloeding onder die vel nie so vinnig sprei nie en die kneusmerk kleur nie so groot word nie. *Kan selfs help dat indien hy sy kop stamp dat die knop nie so groot word nie as jy onmiddellik ʼn ysblokkie daarop sit!! * Arnica het verskillende produkte op die mark wat voorkom in ʼn room of olie selfs in ʼn gel wat pynverligting bring as dit aan ʼn kneusplek aan gewend word ʼn goeie produk om in jou noodhulp kassie te hê.

Kroonuitslag ( Baba skilfers) “Cradle cap” dit is algemeen by jong babas. Dit word gekenmerk deur gelerige of bruinerige skilfers wat ʼn kors vorm op die baba se kopvel. Die oorsaak daarvan is onbekend, maar dit kan vererger word deur die gebruik van ʼn onvanpaste sjampoe wat die olie- produserende kliere op die baba se kopvel kan irriteer. Dit kan voorkom as ʼn ekseem. Wat om te doen: *Smeer babaolie of akwaroom of vaseline aan die kopvelletjie voordat jy die hare was. Moenie dit probeer afkrap met jou naels nie, dit kan die toestand vererger. Was jou baba se hare gereeld met ʼn baba sjampoe en borsel liggies met ʼn sagte borsel. * Die rowe of skilfers moet eers sag en los gemaak word dan sal dit maklik afwas. Dit kan voorkom word deur jou baba se hare gereeld te was en te borsel al het jou baba nie baie hare nie!! *As jy jou baba se hare was moet nooit te hard vryf nie net liggies, sjampoe verwyder vullis binne sekondes dit hoef net te skuim dan spoel jy dit af, anders stimuleer die olie kliere net meer 0m olie af te skei. * Dit kan tot tien dae vat om die kors los te kry!!

Kopluise: Kopluise is klein plat insekte- sonder- vlerke wat hulle tuis maak in mense se hare, hulle leef van bloed wat hulle op die gasheer se kopvel bekom. Luis besmetting is maklik oordraagbaar. Alhoewel dit nie gevaarlik is nie, dit kan die gasheer se kop erg laat jeuk. Ander simptome sluit klein rooi vlekke op die kopvel asook klein wit eiertjies (nete) in. Wat om te doen: *Gaan jou kind se kopvel gereeld na, indien daar wel kopluise voorkom wend ʼn effektiewe en ʼn veilige sjampoe aan (Koop aan by ʼn Apteek), kam dit deur met ʼn nikkelkam en los aan volgens aanwysings. *Was af en gebruik haaropknapper indien nodig.* Herhaal behandeling binne 7 dae. *Behandel ook die res van die gesin.* Was die kam en haarborsel deeglik met kookwater.

Luieruitslag: Die baba se velletjie raak geïrriteerd wanneer ʼn nat of vuil doek te lank aan die vel blootgestel word. Daar is min babas wat dit vryspring. Siektes en diarree kan die toestand laat opflikker of vererger. Rooi rou kolle op die baba se boudjies en geslagsdele. Dit kan soms veroorsaak word deur bakterieë of deur gisserige swam Candida albicans wat sproei veroorsaak. Daar kan soms blasies vorm. Wat om te doen: *Ruil jou kind se doek so gou as moontlik nadat hy stoelgang passeer het of geürineer het. *Was die boudjies goed met elke doekruiling, en wend voorkomende ʼn boudjie salf aan om die boudjies te beskerm self vaseline na elke doekruiling sal help want dit vorm ʼn olie basis op die boudjies wat beskerm. Antipeol boudjie salf is ideaal as die boudjies reeds gebrand het veral met diarree dit het Lanoline in wat goed is vir die beskerm en herstel proses. Indien dit moontlik is laat jou kind vir rukke sonder ʼn doek lê sodat die boudjies lug kry. * As die uitslag nie beter word na ʼn paar dae nie moet jy die dokter raadpleeg hy kan ʼn middel voorskryf om die swam te behandel, dit kan net behandel word deur ʼn antibiotiese room.

Maagpyn: Maagpyn is algemeen by kinders, soms is die oorsaak eenvoudig, jou kind het te veel of te vinnig geëet. Ander kere kan dit ʼn teken wees ʼn meer ernstige siekte bv. blindedermontsteking. Hou jou kind dus mooi dop as dit ernstiger is kan dit gepaard gaan met braking, bleekheid, en selfs hoofpyn. Wat om te doen: *Kontak jou dokter as die maagpyn langer as 6 ure aanhou en dit met braking en hoofpyn gepaard gaan. * Kyk ook wanneer laas jou kind opelyf gehad het te veel verfynde stysel bv. witbrood kan hardlywigheid veroorsaak wat jou kind koliek pyn kan gee. Gee jou kind genoeg vrugte en vrugtesap. * As jou kind onder 2 jaar is en hy kan nie verduidelik waar die pyn is nie maar hy sal dalk huil en sy beentjies optrek dan kan jy glo dis maagpyn en hom parasetamol gee daarvoor. * Gee jou kind voorlopig net vloeistowwe om te drink en niks te ete nie totdat die maagpyn opklaar.

Malaria: Dit is ʼn ernstige bloed siekte wat oor gedra word deur ʼn besmette wyfie Anofeles muskiet. Die parasiet dring dan die mens se bloed binne en gaan dan tot by die lewer waar dit dan vermeerder hierdie bloedparasiet dan bekend as Plasmodium. Die muskiet kom in bepaalde areas in SA voor. Simptome verskyn gewoonlik 3 tot 60 dae na infeksie (selfs later) en sluit hoe Koors afgewissel met kouekoors, hoofpyn, naarheid, braking, maagpyn / diarree en rug of gewrigspyn, rusteloosheid of lomerigheid kan ook in ʼn erge fase konvulsies kry!! Wat om te doen: *Vind altyd eers uit voor jy reis of ʼn gebied geklassifiseer word as ʼn malaria gebied en neem en kry ʼn drs. voorskrif en neem medikasie vir Malaria ʼn week of twee voor die tyd en hou daarmee vol tot vier weke na jou terugkeer- bespreek dit met jou apteker. * gebruik muskietafweer middels en muskietnette en dra waar moontlik klere met wat jou arms en bene bedek . * Neem jou kind se Koors en hoe dit wissel!! Raadpleeg die dokter om te help met die diagnose en behandeling. * *Bloed monsters sal geneem moet word om malaria te diagnoseer.* Dr mag jou kind se buik ondersoek omdat die infeksie deur die malaria muskiet die milt vergroot.* as jou kind gedehidreer raak en moontlik konvulsies kry sal dit nodig wees om hom in die hospitaal op te neem vir behandeling. Masels: Masels is ʼn hoogs aansteeklike virussiekte wat in druppel vorm versprei deur asemhaling of wanneer iemand hoes of nies. Dit neem sowat agt tot veertien dae voor die simptome verskyn, Masels is op sy aansteeklikste voordat jou kind begin uitslaan (veral tydens die koors pieke ) en die koors pieke begin en dan is jou kind vir vier dae aansteeklik nadat die uitslag verskyn het. Masels tas gewoonlik ʼn babas aan wat nog te jonk is om daarteen ingeënt te word . Simptome :** begin met koors pieke wat konstant hoog piek(39-40+) ongeag van koors medisyne dit breek wel die koors, maar die volgende koors piek skiet weer net so hoog somtyds voel dit buite beheer, ** masels kan geïdentifiseer word deur witkolletjies in die mond en aan die wande van die wange dit word Koplik se kolle genoem!! **Jou kind se kan ook rooi en seer word en ook ligsensitief dan** +- 3dae later kan rooibruin kolletjies agter jou kind se ore uitslaan wat later saamsmelt met ʼn uitslag wat sprei oor die gesig en bolyf. Wat om te doen: *Meet jou kind se koors ten minste 2 tot 4 uurliks Behandel die koors aktief spons jou kind met lou water af tydens koors pieke en gee koorswerende medisyne!! *Verpleeg in ʼn skemer of half donker kamer vir die ligsensitiewe . *Raadpleeg jou dokter om die siekte te diagnoseer en voldoende koors medikasie voor te skryf en ook na die ore en longe te kyk asook jou kind se vir sekondêre komplikasie ingeval van infeksies mag nodig wees vir antibiotika. * moenie jou kind terug stuur skool toe nie voordat die uitslag verdwyn het nie. Belangrik laat ander kinders ent. Babas bo 13 maande word immunisasie aanbeveel.

Mangel -ontsteking: Die Mangels is voortdurend besig om teenliggaampies te vervaardig om skadelike virusse of bakterieë te beveg wat die liggaam binnekom maar kan in die proses self geïnfekteer word deur ʼn streptokokkus- bakterie of soms deur ʼn virus. As dit die mangels so oorweldig dat hulle rooi raak, swel en ontsteek, is dit mangel-ontsteking. Simptome: Keelseer en koors en kliere wat swel, prikkelbaarheid, swak eetlus en somtyds haal jou kind moeilik asem as gevolg van die vergrote mangels en snork as hy slaap. *Asook slegruikende asem. Mangels dien net ʼn doel tot op 2 jaar daarna afhangende van die hoeveelheid infeksies (vier of meer keer per jaar) word dit so gou as moontlik uitgehaal anders kan die herhaalde gebruik van antibiotika jou kind se gestel meer afbreek, en ook is die baie antibiotika nie goed vir jou kind se tande nie. Wat om te doen: Gee parasetamol vir koors per mond of setpille werk dalk in die geval meer effektief!! * Gee genoeg vloeistof om te drink. * As Mangelontsteking ʼn chroniese infeksie word, word dit verwyder. Tonsillektomie + post/ (nasorg) operatiewe versorging: 1) Pyn beheer baie belangrik solank as wat hulle seer het is dit moeilik om enige vloeistowwe per mond vir hulle in te kry!! In hierdie geval werk setpille ook die beste. 2)Soveel as moontlik Coke yskoue Coke met gas probeer botteltjies Coke te koop dat die gas bewaar bly. 3)Die yskoue Coke met gas breek al die bloederige slym agter in die keel op en so ook breek die gas die slym wat in die maag gaan lê ook op dit voorkom dat jou kind naar word en braak as gevolg van die slym. 4)So het Coke dan voldoende elektroliete in om te voorkom dat jou kind ontwater in die eerste 24 uur. 5)Gee genoeg soutigheid om te eet bv. fyn biltong of chips dit steriliseer in ʼn mate met die sout en dit maak jou kind ook dors om meer Coke en vloeistof te drink. 6) Vermy warm vloeistowwe of kos dit mag net bloeipunte weer oopmaak. 7)Gee soggens eerste ʼn setpil +- 30 min voor ontbyt sodra die pyn onder beheer is dit makliker om vir hul ontbyt in te kry en as hulle vroeg begin eet gaan dit heeldag beter. 8)Probeer soggens sag geroosterde brood vir jou kind in te kry dit skraap al die ekstra slym en bloed agter in die keel af en voorkom dat die rowe wat gevorm word nie te groot en te dik word nie, hierdie rowe is geneig om +- 10 dae na die operasie af te gaan en dit mag dalk net weer ʼn bloei punt oopmaak!! 9)Let op dat as dit gebeur en jou kind braak helder bloed dat jy so gou as moontlik die dokter wat die tonsillektomie gedoen het kontak of gaan na jou naaste ongevalle want die bloed verlies mag akuut wees en dit mag nodig wees om jou kind terug te vat na teater om die bloei punt weer te stop!!!

Meningitis: Dit is die ontsteking van die membrane (meninges) om die brein en die rugmurg en is dikwels die gevolg van ʼn infeksie wat deur ʼn bakterie veroorsaak word. Dit is ernstig, maar kan doeltreffend met antibiotika behandel word as dit vroegtydig gediagnoseer word. Simptome:* Koors wat styg tot by 39+ , stywe nek laat jou kind sy kop vorentoe buig tot op sy bors indien nie moontlik nie verseker nekstyfheid. * Pynlike hoofpyn, *Fontanel wat bult, *aanhoudende braking, *verwarring, *by babas ʼn gil skree en of aanhoudende huil as gevolg van brein irritasie. * Kan ook in uiterste gevalle konvulsies kry!! *Hou jou kind baie goed dop in die vroeë fase mag dit soos ʼn alledaagse keel of lugweg infeksie lyk. En dit veroorsaak somtyds dat meningitis laat gediagnoseer word. Wat om te doen: Neem jou kind se koors, let op na nekstyfheid reageer so gou as moontlik. Let op na hoofpyne en ook braking kontak jou dokter!! Hy sal ʼn lumbaalpunksie doen so gou as moontlik om ʼn diagnose te maak. As jou kind bakteriële meningitis het kan dit met groot dosisse antibiotika behandel word oor ʼn tyd!! *Virale meningitis ( nl. Enkefalitis) klaar vanself op dit word net simptomaties behandel vir koors, hoofpyn en of braking.

Middeloor ontsteking ( otitis media) Dis infeksie in die middeloor en die infeksie laat gewoonlik vog in die middeloor opbou. Dit kom algemeen by jong kinders of babas voor omdat die buisie wat die keel met die oor verbind (nl. die buis van Eustachius) taamlik kort is en maklik toe swel! Omdat kleuters en babas vir lang tye lê. * Dit beteken dat Bakterieë of virusse wat deur die neus of keel inkom net ʼn kort afstand het om die middeloor te bereik. *Selfs vergrote adenoïdes kan ook die buisie blokkeer en sodoende slym ophoop wat infeksie veroorsaak. Simptome: Middeloor ontsteking is ernstig en baie pynlik!!! Akute oorpyn baba kan sy oor trek of vryf en huil, koors, braking, en daar mag ʼn Etter afskeiding uit die oor wees. As dit nie behandel word nie kan jou kind permanente gehoorverlies tot gevolg hê. Wat om te doen: *Neem jou kind se koors, gee pyn stiller ( bv. Ponstan) om akute pyn te verlig. * kyk of daar ʼn afskeiding is? *Raadpleeg jou dokter dadelik as jy vermoed dit is middeloor ontsteking. *Dit mag nodig wees om jou kind na ʼn Oor-Neus en Keelarts te verwys vir ʼn myringotomie om buisies in te sit om die vog en ? etter te dreineer!! * Doen dan daarna gereeld oor sorg om nodige afskeiding te verwyder en as daar ? antibioties oordruppels voorgeskryf is dit gereeld te in te sit. *Sommige dokters glo nie daaraan om druppels voor te skryf nie na ʼn myringotomie nie omdat hulle voel jy spoel dan weer kieme van buite na binne maar dit verskil van dr tot dr!! ( Dit is darem ʼn antibiotiese druppel) * In geval van net oorsteek in die ore by ʼn baba wat dalk koue weer en wind gekry het en so oorsteek op gedoen het kry jy wel ʼn oordruppel by die apteek te koop wat lokale verdowing bevat nl. Covacaine oordruppels dit kan jy wel effens verhit tot liggaams temperatuur en dan in sit en stut met ʼn watte pluisie dit kan dan die pyn verlig!!

Migraine (by Kinders): Migraine is ʼn akute, herhalende hoofpyn (gewoonlik net aan die eenkant van die kop) wat met braking gepaard gaan en in die geval van kinders met maagpyn gepaard gaan. Migraine is geneig om in families voor te kom. Dit is nie bekend wat migraine veroorsaak nie maar spanning en sekere kos soorte veral kaas en sjokolade, is moontlik die oorsake. Simptome: *Migraine word dikwels deur ʼn “aura” voorafgegaan d.w.s ʼn reeks vreemde sensasies soos flitsende ligte, vreemde reuke en dat die kop aan die aangetaste kant dood voel.* Die meeste kinders kan die verskynsel duidelik uitken. *Bleekheid, *naarheid en *braking, *somtyds teruggetrokke en stil gedrag. Wat om te doen: * Laat jou kind in ʼn koel donker kamer rus as hy kla van hoofpyn en naar voel. Gee medikasie vir hoofpyn maar hou in elk geval ʼn bak naby indien hy sou wil braak. Maak seker dat die maagpyn nie dalk ʼn blindederm ontsteking is nie. *Raadpleeg jou dokter eerstens om seker te maak dit is nie sy blindederm nie, en tweedens dat jou kind moontlik gereeld migraine kry.* Observeer wat het jou kind geëet voordat die migraine begin om verdagte kossoorte kan uitskakel.

Nefritis: infeksie wat jou niere aantas, kan ook veroorsaak word deur ʼn streptokokke infeksie, die Mees algemene vorm van nierontsteking is piëlonefritis wat ontstaan as gevolg van urienweg infeksie. Simptome: *Koors,* donker urine, *pyn wanneer geürineer word,* lusteloosheid, *verlies aan eetlus, *braking buikpyn,* of pyn aan die kante van die lyf. *Jou kind kan dalk ook weer begin bed nat maak. As gevolg van die ontsteking kan* swelling plaas vind van die enkels en ook sakkies onder die oë. Wat om te doen: *Raadpleeg jou dokter nierontsteking (Nefritis) moet behandel word. *Neem ʼn urien monster saam, *Waarskynlik sal dit nodig wees om jou kind in die Hospitaal op te neem vir behandeling t.o.v. sout vry dieet en proteïne beperk,* herstel proses gaan +- twee weke neem, sy bloeddruk en urien moet eers wees normaal wees.

Neusbloeding: Dit ontstaan wanneer die fyn aartjies in die voering van die neus bars. Dit kan veroorsaak word deur die neus te blaas, of te nies, wanneer jou kind verkoue of hooikoors het, ʼn hou op die neus, krap in die neus of ʼn vreemde voorwerp in die neus op druk. Dit lyk ernstig omdat dit lyk of jy baie bloed verloor maar dit is gewoonlik min. Let wel as ʼn neus langer as 30 minute bloei het jy mediese hulp nodig. Wat om te doen: Laat jou kind sit, laat hy deur sy mond asemhaal, en sit drukking op die brug van die neus. *Plaas ʼn klam waslap met fyn gekapte ys op die brug van die neus. * laat jou kind sy mond spoel as daar bloed in sy mond gekom het. Kyk na 10 minute of die bloeding gestop het.* sodra die bloeding verby is laat hy nog ʼn rukkie sit en maak seker hy blaas of snuif nie sy neus nie.

Ontwatering: (Dehidrasie) as jou baba nie genoeg vloeistowwe inneem nie of as dit as gevolg van vog verlies is bv. diarree of braking. Kan jou baba ontwater. Ontwatering by babas of kleuters is ernstig en het dringend aandag nodig. Gevaartekens is wanneer jou kind diarree het en of braak en wil nie drink nie.** Na ʼn paar uur steeds ʼn droë doek het en ʼn droë tong of mond, **of slegs klein hoeveelhede urine wat baie donker is wat ʼn skerp reuk het, **en jou baba is onrustig en angstig. Simptome: Erge ontwatering sluit ingeduikte fontanelle, ingesonke sonder trane en ʼn droë mond en lippe. As jy jou baba se vel vasknyp tussen jou vingers en dit neem ʼn paar minute om terug te keer na die oorspronklike vorm, jou kind is dors, rusteloos en prikkelbaar, en raak dan stil. Wat om te doen: Kontak jou dokter so gou as moontlik of neem jou baba na die naaste ongevalle. Jou baba moet so gou as moontlik gerehidreer word. jou baba sal waarskynlik moet opgeneem word in die hospitaal om binne aarse vloeistof te kry. Voorlopig in geval van braking en diarree geen melk voeding nie tensy die moeder nog borsvoed andersins mondelinge rehidrasie vloeistof wat ryk is aan elektroliete kort- kort klein hoeveelhede. Melk ( Proteïne daarin) mag net die dermslymvlies van voor af vernietig die derm flora moet ten minste 24 uur kry om te herstel voordat half sterkte voedings versigtig aangebied word.

Pampoentjies: Dit is ʼn virussiekte en word regstreeks deur aanraking aangesteek. Die inkubasietyd is tussen 17 tot 21 dae vandat jou kind in aanraking was totdat jou kind simptome wys!! Simptome:* Koors en hoofpyn gevolg deur swelling van die kliere voor en onder die ore. Dikwels swel dit eers aan die een kant, gevolg deur die ander kant ʼn paar dae later. *Sluk moeilik en sy mond word droog as gevolg van die speekselklier wat ontsteek is. Soms gaan dit ook met erge maagpyn gepaard. As daar geen komplikasie is nie is dit gewoonlik binne ʼn week verby. Komplikasies *kan insluit testikelontsteking by seuntjies en dit kan lei tot steriliteit. *Na 10 dae kan jou kind begin met akute hoofpyne en ʼn stywe nek ontwikkel, dan kan dit enkefalitis of meningitis ( breinvlies ontsteking) wees wat ʼn ernstige komplikasie is. Wat om te doen: Neem jou kind se koors en gee koorswerende middel soos parasetamol. Hou jou kind rustig tuis in die bed. En behandel tekens en simptome soos koors en pyn. As jou kind moeilik eet of drink versap sy kos en laat hom dit net suig met ʼn strooitjie of dat jou kind dit net kan sluk. Gee baie vloeistowwe vir die droë mond maar vermy suur kosse of vrugtesappe mag die kliere laat saamtrek en pyn veroorsaak. Raadpleeg jou dokter so gou as moontlik om te bevestig dat jou kind wel pampoentjies het en hom observeer vir komplikasies.

Pilorusstenose: Is ʼn vernouing waar die ringspier (Pilorus) wat die maag en die duodenum verbind verdik en vernou sodat die inhoud van die maag nie na die derm kan deurgaan nie. Die oorsaak van die afwyking is nie bekend nie. Die Simptome ontwikkel ongeveer as die baba ongeveer een maand oud is. *voedsel hoop in die magie op en die maag trek saam om die kos deur die verdikte Ringspier ( Pilorus) te dwing 0mdat dit onmoontlik is sal die baba dit met geweld opgooi. Dit word projektiel braking genoem wat die melk met ʼn vors tot amper ʼn meter ver laat trek!! Projektiele braking moet nie met gewone braking verwar word nie. *Projektiel na elke voeding wat ongeveer na 4 weke begin. *Baba tel nie gewig op nie. Swakheid en lusteloosheid. *Afwesigheid van stoelgange. Wat om te doen: Pilorusstenose is ernstig, braking kan lei tot dehidrasie. *Raadpleeg jou dokter dadelik as jou baba na elke voeding die hele voeding uitbraak. *Jou baba sal na ʼn Pediatriese chirurg verwys word wat jou baba in die hospitaal sal opneem en deur middel van ʼn eenvoudige operasie sal uitvoer om die verdikte ringspier (Pilorus) wyer te maak en daarna sal jou baba heeltemal genees.

RSV – Virus in babas. Dit is ʼn hoogs aansteeklike respiratoriese nood sindroom wat deur ʼn virus veroorsaak word, tas die boonste lugweg aan kom meer algemeen voor by babas en kleuters voor 2 jaar. By die meeste babas en kinders kom dit voor in ʼn verkoue. RSV virus kan lei tot brongiolitis wat inflammasie is van die lugweg en die longe wat lewens bedreigend kan wees. Die risiko’s is soveel groter in prematuur babas, babas en kleuters wat sukkel met hul immuniteit, en soveel meer vir babas en kleuter met aangebore hart abnormaliteite. Simptome: moeilike asemhaling, hoe koors, dik afskeiding van die neusie, erge hoesbuie, hoes produktief geel groen of grys slym op, ongewoon rusteloos, weier voeding en borsvoeding, tekens van dehidrasie toon, geen nat doeke vir 6 ure, en ʼn droë velletjie. Tydens hoesbuie vertoon jou baba blou om die lippies asook die vingernaels, kry mediese hulp so gou as moontlik. Probeer dit te voorkom deur jou hande te was as jy in kontak was met enige persoon met verkoue, ontsmet alle harde oppervlaktes, laat besoekers hul hande was voor hul jou baba hanteer. Voorkom dat persone met verkoues jou kind soen, wees veral versigtig met dagsorg waar jou kind gelaat word ten opsigte van hantering van kinders met verkoue!! Wat om te doen: Maak seker jou kind word geïmmuniseer teen RSV virus maar onthou dit is net voorkomend maar dit is nie behandeling nie!! Behandeling gewoonlik vir babas gehospitaliseer, kry *Suurstof, * binneaarse voeding, en inhalasie en medisyne om die lugweg oop te hou.

Rotavirus sien by Diarree.

Roseola infantum (Baba masels): Baba masels word veroorsaak deur die menslik herpes virus en kom gewoonlik voor by babas tussen 6 maande en 2 jaar. Simptome is normaal weg ʼn hoe koors, loopneus en prikkelbaarheid, gewoonlik 5 tot 10 dae na blootstelling aan die virus. Die koors hou gewoonlik tussen 3 tot 5 dae aan en jou kind kry dan ʼn opgehewe pienk opgehewe uitslag op die gesig en bolyf wat een tot twee dae duur. die belangrikste kenmerk van baba masels is dat die uitslag verskyn nadat die Koors verdwyn het. Wat om te doen: Daar is geen behandeling vir baba masels nie, teen die tyd dat jy ʼn diagnose het is jou baba reeds op die pad na herstel.

Rumatiekkoors: Dis ʼn ernstige siekte wat hoofsaaklik kinders en jong volwassenes aantas, dit is soos ʼn vertraagde infeksie van die boonste lugweg met ʼn Streptokokkus – bakterie. Dit volg gewoonlik ʼn week of twee na ʼn seer keel en- Simptome: *kan insluit koors,* gewrigspyn , *swelling in gewrigte soos die elmboog, *rooierige ronde vlekke op die vel, *verlies aan eetlus en moegheid. *Meer ernstige neweeffek is inflammasie van die hart wat kan lei tot chroniese rumatiese hartsiekte met hartgeruise as gevolg van letsels en inflammasie van die hartkleppe. Wat om te doen: Die behandeling hang af van die simptome, maar antibiotika, bed-rus en ʼn reeks anti-inflammatoriese medisyne kan nodig wees. Herstel tyd kan baie lank duur.

Seliaksiekte: Dit is ʼn sensitiwiteit vir gluten, dit ontstaan wanneer die dunderm wand allergies is vir gluten wat in die dunderm kom. Gluten is die proteïen wat in graankosse voorkom. Dit kom gewoonlik voor sodra jou kind begin graan kosse eet dit veroorsaak dat jou kind ongelukkig en lastig is. dit kan jou kind se groei belemmer, dit begin met ʼn geswolle buik dun ledemate, sakkerige plat boude. Stoelgange is dik en bleek wat sleg ruik en wat moeilik is om af te spoel omdat dit te vetterig is. Wat om te doen: moenie jou kind op ʼn glutenvrye dieet sit voordat jou dokter dit gediagnoseer het nie. Nadat dit gediagnoseer is sal jou kind vir die res van sy lewe ʼn glutenvrye dieet moet volg. ʼn Dieetkundige is die aangewese persoon om te sien in verband met die dieet en sodra die dieet aangepas is sal jou kind se toestand drasties verander sal binne ʼn paar dae beter lyk en sy stoelgang sal normaal wees.

Stomatitis sien Herpes Simpleks.

Sproei: Is ʼn algemene infeksie by babas kan veroorsaak word deur die swam Candida Albicans wat normaalweg op die vel in die mond of selfs in die vagina voorkom. Wanneer die natuurlik balans van organismes in en op die lyf versteur word, kan sproei ontstaan, wat ʼn intense ontsteking en irritasie veroorsaak. Sproei is selde skadelik en reageer vinnig op behandeling , maar dit kan erg ongemaklik wees. Dit kan ook voorkom as ʼn baie rooi luier uitslag wat nie op normale skerm rome reageer nie. As die baba dit in die mond kry sal daar wit kolle aan die binnekant van die mond wees. Ouer kinders en volwassenes kan dikwels sproei in die vagina en selfs seuntjies kan die onder die voorvelletjies van die penis kry. Dit gaan gepaard met ʼn intense gejeuk, pyn en ontsteking. Wat om te doen: Kyk eerste in die mondjie vir die wit kolle en raadpleeg jou dokter. As jy nog borsvoed, sal jy sowel as jou baba moet behandeling kry, gewoonlik in die vorm van ʼn salf. Vir sproei op die boudjies is daar ʼn spesiale swamdodende skerm room, vra jou apteker!? Daar is spesiale rome vir die vagina sproei beskikbaar ( Mycostatin ). Indien dit nie binne 2 dae opgeklaar is nie, is daar moontlik ʼn sekondêre bakteriese infeksie. Gaan dan terug dokter toe! Probiotika: is ʼn goeie bakterieë wat sterk immuun- en spysverteringstelsel bevorder. Die probiotiese stam Reuteri ( Lacto- bacillus reuterie) help om orale sproei en luieruitslag te behandel deur die produksie van die natuurlike antibiotikum reuterin, wat effektief is in die uitroei van candida. Vir die sproei in die mond maak ʼn enkele Reuteri suurlemoengeur koubare tablet fyn, en laat dit in die mond oplos. Vir luier uitslag kan kinders die probiotika deur ʼn Reuteri strooitjie drink saam met enige koel vloeistof of ʼn hele strooitjie kan in ʼn bottel gesit word vir ʼn jonger baba. gebruik een dosis ʼn dag vir ʼn week lank na die simptome verdwyn het. Reuteri is ook doeltreffend vir die herstel van ʼn gesonde, gebalanseerde spysverteringsflora, aansteeklike diarree, (gebruik saam rehidrasie oplossing in vloeistowwe) verminder die gebruik van antibiotika deur die immuunstelsel te versterk, verlig simptome geassosieer met laktose intoleransie en volwasse gis infeksies. ( Krampe, winde en diarree).

Tande Kry: Babas en klein kindertjies se tande begin reeds ontwikkel lank voordat hulle in die mond sigbaar is, selfs voor geboorte. *Die eerste tande wat verskyn is die voorste sny tande. Die 20 primêre tande verskyn gewoonlik die kind twee en ʼn half jaar oud is. *Tande kry kan die tandvliese gevoelig en seer maak – en babas is dikwels moeilik en prikkelbaar in die tyd. Soos wat die tandjies deurkom, raak die tandvliese rooi en dikwels effens ontsteek. *Baba kan ook losstoelgange hê wat verwant is aan tandekry wat verlig word met probiotika. *Let wel as jou baba koors het kan dit moontlik ʼn ander infeksie wees, sien dan jou dokter, wees versigtig om alle probleme te koppel aan tande kry Wat om te doen: Sommige babas hou daarvan om iets te kou as hulle tande sny, soos ʼn tande/bytring wat in die yskas gehou word die koue bring ook gou verligting, of selfs ʼn stukkie beskuit of ʼn stukkie biltong, ( hou egter net toesig om verstikking te voorkom.) Belê verder in ʼn goeie plaaslike pynverdower wat spesiaal geformuleer is vir tande kry wat nie aspirien bevat nie!!! *Teejel is ʼn antiseptiese, pynstillende jel wat vinnige verligting vir seer en ontsteekte tandvliese bied. Dit smaak lekker en is suikervry. Jy kan dit liggies met ʼn skoon vinger oor die tandvleis masseer wat inteendeel baie effektief is en bring gou verligting. Deesdae kry jy tandekrale wat veilig om die nek vasmaak en jou baba/kleuter kan met gemak daaraan kou. Anders doen navraag by jou plaaslike apteek.

Tetanus ( Klem in die Kaak): dit is gevaarlik wanneer jou kind ʼn oop wond het. Tetanus bakterieë skei ʼn gifstof af wat die senustelsel aantas en spierkrampe veroorsaak. Dit tas ook die asemhalingspiere aan en kan dodelik wees. Sedert babas van 3 maande af teen die siekte gespuit word kom dit nie meer so algemeen voor nie. Omdat hierdie beskerming afneem, word kinders weer teen 5 en 7 jaar ingeënt. Wat om te doen: belangrikste is sorg dat jou kind ingeënt is. Raadpleeg jou dokter as die wond diep is en grond daarin beland het, as dit ʼn steekwond is ( Soos wanneer jou kind in ʼn spyker getrap het) of as jou kind deur ʼn dier of deur ʼn ander kind gebyt is, of as jou kind ʼn brandwonde aan sy voete of aan sy sitvlak opgedoen het.

Urieninfeksie: Urienweginfeksie is algemeen by kinders en kom selfs by pasgebore babas voorkom. Die infeksie kan in die nierbekken ontstaan wat gevaar vir nierskade kan inhou, of net in die blaas of urienbuis. Urienweginfeksies word gewoonlik deur bakterieë van die dermkanaal veroorsaak. Meisies kry makliker infeksies as seuns, moontlik omdat hulle urienbuisies korter en wyer en nader aan die rektum is. Selfs bad olies kan ʼn opstygende urienweginfeksie vir dogtertjies veroorsaak!! Simptome van urieninfeksie is gereelde en pynlike urinering, ʼn bednatmaak, urine wat sleg ruik, bloed in die urine, rugpyn, en effense maagpyn en erge koors pieke wat met naarheid en braking gepaard kan gaan. Wat om te doen: Kontak jou dokter as jy infeksie vermoed. Moet met ʼn antibiotika behandel word. Gee jou kind baie vloeistowwe om te drink.

Voedsel vergiftiging: is ʼn vorm van gastro-enteritis ( maagdermontsteking) veroorsaak deur besmette kos of water. Bakterieë soos Campylobacter ( in pluimvee) , E. coli (veral in vleisprodukte, maar ook in ongewaste groente) en Shigella is die algemeenste oorsake asook Salmonella van voedselvergiftiging. Simptome is braking, koors / kouekoors en erge maagkrampe en diarree is hewig met aanvang binne 3 tot 24 uur. As dit besmettekos is stel dit sy eie gifstowwe, bekend as toksiene, vry. Dis gevaarlik vir babas en klein kinders weens die risiko van ontwatering. Herhaalde los stoelgange wat moontlik bloed, etter, of slym kan bevat. Meestal bloed in die stoelgange kan dui op Shigella of Salmonella. Wat om te doen: *Voorkomende maatreëls dat jy altyd jou hande was!! en veral nadat jy aan troeteldiere geraak het, voordat jy kos voorberei. Maak seker dat kosprodukte veilig bewaar word nadat dit voorberei is en totdat dit bedien word, om voedselvergiftiging te verhoed moet dit in ʼn yskas bewaar word en as dit opgewarm word moet dit deeglik gedoen word. Hou jou kind se koors dop, kyk of daar enige bloed in die stoelgange is, moenie dat jou kind enige kos verder eet nie, gee kort- kort klein hoeveelhede vloeistowwe, en probeer vasstel wat jou kind geëet het!! En verkry as dit moontlik is so gou as moontlik ʼn stoelgang monster vir ontleding. Raadpleeg jou dokter dadelik of neem jou kind na die naaste ongevalle as die braking en diarree langer as 6 ure aanhou. Voedselvergiftiging kan oor gedra word daarom moet jou kind leer om deeglik hande te was. Jy moet self ook deeglik hande was as jy jou baba se doek geruil het.

Verkoue en griep: ʼn Verkoue is ʼn virus infeksie van die membrane van die neus en keel. ʼn Verkoue begin dikwels met ʼn jeukerige keel loopneus of ʼn geblokte neus, nies hoes of seer keel, waterige oë en koors. Griep is ʼn virus infeksie van die boonste lugweg. Dit word versprei deur hoes, nies, en deur direkte kontak. Simptome van griep is ʼn koors van meer as 39 C , droë hoes, spierpyne, toe neus, moegheid en swakheid, hoofpyn en soms ʼn seer keel. Wat om te doen: Daar is geen genees middel vir verkoue of griep nie, dus behandel jy dit net simptomaties. Gee baie (Liefde), en parasetamol vir koors en pyn, genoeg vloeistowwe en bed rus. Hou jou kind fyn dop vir moontlike komplikasies soos oor infeksie of sinus of ʼn sekondêre infeksie in die bors of longe en neem hom dokter toe as dit gebeur!! In sulke gevalle sal ʼn kind soms gehospitaliseer moet word. Jy kan ʼn baba aromaterapie produk met bloekom of mentol essensiële olies gebruik, om die kongestie te verlig. Smeer ʼn mentol salf aan die bors om ʼn toe neus te verlig.

Waterpokkies: Waterpokkies is ʼn aansteeklike kindersiekte wat deur ʼn virus veroorsaak word, dieselfde virus wat gordelroos by volwassenes veroorsaak. Dit word oorgedra deur direkte kontak sowel as druppelbesmetting in die lug as iemand hoes of nies. Dis aansteeklik ʼn dag voor die uitslag verskyn tot die blasies vyf tot sewe dae later opdroog. Die inkubasie tyd wissel van twee tot drie weke van jy in aanraking was totdat jy self tekens begin toon. Waterpokkies begin gewoonlik met koors en ʼn uitslag oor die lyf wat versprei na die gesig, tot agter die ore, tussen die kophare in en na die arm en bene. Dis eers net klein rooi knoppies wat binne ʼn paar uur kan verander in blasies wat soos waterdruppeltjies lyk en jeuk. As die blasies stukkend raak, vorm hulle donker rofies wat na tien tot veertien dae losraak. Wat om te doen: Hou net jou kind tuis en weg van ander kinders. Gee parasetamol as daar koors is en kry iets by jou apteker vir die gejeuk. Hou jou kind se naels kort en skoon ingeval sy die rofies afkrap!!

Winde: Jong babas sluk lug wanneer hulle drink of huil. Dit word dan vasgevang in hul magies. Soos wat hulle ouer word, is babas makliker in staat om die wind vry te laat. Wat om te doen: Sorg dat jou baba so min lug as moontlik sluk. As jy borsvoed, maak seker dat jou baba suig reg aan jou tepel dat die hele tepel in jou baba se mond is. As jy bottelvoed, maak seker die speen en gaatjie is die regte grootte. Hou die bottel so vas dat daar altyd melk in die speen is. Vryf die winde uit na elke voeding en in die middel van ʼn voeding as sy rusteloos en ongemaklik raak. Laat haar met haar magie oor jou knie lê, en of hou haar oor jou skouer vas, of laat sy op jou knie sit met haar ken tussen jou duim en voorvinger. Vryf haar ruggie met ʼn ferm opwaartse beweging. Daar is ook medikasie beskikbaar om jou kind te help om windjies uit te kry. Bv. Telement druppels kan sommer in die voedings gegooi word wat help dat winde maklik breek!!!

Wurms: Daar is ʼn aantal wurms wat in die menslike liggaam kan leef. Die algemeenste tipes wat in Suid -Afrika voorkom is die rondewurm, die draadwurm, die sweep wurm en die lintwurm. Wurm besmetting is baie ontstellend, maar nie so ernstig nie. Simptome: *Gejeuk om anus, gewoonlik snags, (draadwurm)! Is tussen 2 en 13 cm lank lyk soos ʼn rafel van ʼn kledingstuk. *Braking en stoelgange met lang dun, wit wurm (rondewurm)! blink wit wurm kan tot 15 cm lank word, hulle kom in die dunderm voor kan koors en diarree veroorsaak. *Los stoelgange wat bloed bevat ( sweep wurm ) is tussen 2 en 3 cm lank hulle bly in die dikderm en veroorsaak bloeding. *Kort, plat stukke in die stoelgang (lintwurm) is plat en kan ʼn paar meter lank wees. *Hewige hoofpyn, braking. Haakwurm leef in die binneste wand van die dunderm waar dit leef deur bloed te suig. Akute besmetting kan ernstige anemie veroorsaak. Wat moet ek eerste doen: kyk as jou kind braak en een of twee wurms uitpasseer of hy koors het en of tekens van infeksie. Wurm in stoelgange dui gewoonlik op toevallige besmetting. As jou kind aan sy anus krap, moet sy kamer en beddegoed ontsmet word. As daar bloed in die stoelgange is, kry ʼn monster in ʼn botteltjie met ʼn skroef prop en laat dit ontleed. Raadpleeg jou dokter so gou as moontlik as jy vermoed jou kind het wurmbesmetting die behandeling is gewoonlik maklik en baie doeltreffend. Sodra die wurms geïdentifiseer is sal die toepaslike middel voorgeskryf word. Die middel kan vir 3 tot 6 dae gevat word. Voorkoming is beter as behandeling: Probeer verhoed dat jou kind in grond of water speel wat met ontlasting of riool besmet kan wees. Sorg dat die hele gesin behandeling kry as jou kind met draadwurm besmet is. Sorg dat bees en varkvleis van ʼn erkende slagpale/ slaghuis kom wat jy koop vir jou gesin.

[/et_pb_text][/et_pb_column][/et_pb_row][/et_pb_section]

error: Content is protected !!